‘n Reis op ‘n agterpad(5)…

neem ons na ‘n wildevy-sprokieswoud!IMG_0182a_edited-1

Hierdie stukkie paradys is weggesteek van die hoofpad af en mens kan net met spesiale toestemming daar kom.Die plaas behoort aan ‘n gemeenskap en is ons gasheer se bure.Hy help hulle baie met projekte en hulle laat hom toe om sy gaste na die woud te neem.IMG_0183_edited-1

Ten spyte van die droogte,borrel daar oral kristalhelder water uit die grond uit en die area heet Sewe Fonteine..IMG_0203_edited-1

‘n Hout loopgang beskerm die sensitiewe woud teen menslike vertrapping.Op een plek moet jy laag buk om onderdeur ‘n omgevalle woudreus te kom…IMG_0191_edited-1

Sommige van hierdie bome is eeue oud en elke keer wanneer een omval,spruit nuwe takke uit en groei hemelwaarts.Die gevolg is ‘n skouspel van ineengestrengelde wortels en takke wat kruis en dwars oormekaar lê.Orals hang trossies wildevye…IMG_0194_edited-1

Tussendeur loop die water…IMG_0199_edited-1

Hierdie klein area is in skrille kontras met die bar landskap in die omgewing.Die wit lig wat agter die bome deurskyn,is die fel sonlig wat buite die woud,die aarde verskroei!IMG_0185_edited-1

Hierdie wonderlike dag word afgesluit met ‘n aandete onder ‘n oorhangende krans. Boesmantekeninge teen die rotswande,dui aan dat oermense duisende jare terug ook hier vuurgemaak en gelag en gesels het..IMG_0207_edited-1

Advertisements

27 thoughts on “‘n Reis op ‘n agterpad(5)…”

    1. Hierdie mense is baie bang vir die “fracking”wat moontlik gaan plaasvind.Hierdie ongelooflike waterbron sal vir ewig verlore wees,as dit toegelaat word!Die woud sal ook daarmee heen wees.Kom ons hoop dit word nooit toegelaat nie!!

      Liked by 2 people

  1. Dis so mooi en rustig. Ek het lanklaas soveel plantlewe bymekaar gesien. Die Kaap is tans in ń ontsettende droogte gebuk. Baie bekommerd dat ons krane binnekort gaan droogloop as ons Hemelse Vader nie die hemel se sluise binnekort gaan oopmaak nie. Dit bring sommer ń rustigheid oor my dat ek weet Hy het Sy hand oor ons, anders sal die plekkie nie kon bestaan het nie…. Dankie xxx

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s