Spektakel op ‘n Maandagoggend

Hier is drie honde aan huis…skatlike Schnauzers.Die optelbrak van die DBV,(Diere Beskermings Vereniging)kuier al van Donderdag af by hulle.Hy is ‘n kruis tussen ‘n hiëna en ‘n ysbeer….spierwit lang hare,breë gesig,gehapte oor en ‘n regteroog wat hang.Sy bek hang heeltyd oop en hy glimlag regtig.Sy naam is Chuckles.

Nou siende die Schnauzers al drie jaar lank ‘n trop op hul eie is (honde is mos maar eintlik afstammelinge van wolwe),was hierdie troppie nie te geneë met die vreemde wit gedierte nie!Dus was dit heeltyd knor,beenlig,skrop en ‘n geskarrel vir dominansie en posisies,al was die hiëna hoe vriendelik en net lus vir speel.

Soos die naweek aangaan word dinge al hoe beter en die atmosfeer verbeter ook heelwat.Natuurlik was dit yskoud en nat buite en die spulletjie was maar effentjies as dit kom by uitgaan vir plassies en sponsdorings in die tuin.Die gevolg was heelwat glipse in die huis…tot my yslike ergenis!

Vanoggend neem die Perdeby ‘n welverdiende stortbad (na ‘n woeste naweek…dit was mos MoedersWERKSdag)en die volgende oomblik breek alle hel los.Al vier honde gryp mekaar en jy sien net baarde,sterte,tande en spierwit hare waai.

Perdeby storm papnat uit die stort uit,die gang af,met die enigste wapen…’n goedkoop Pep Stores kombers,met Luiperdpatrone op.Sy slaat in die bondel in met die kombers,terwyl haar naakte lyf skud en dril.Gelukkig skrik hulle so,dat elkeen druipstert onder ‘n stoel inkruip!’n Aanval deur ‘n luiperd én ‘n seekoei op ‘n Maandagoggend,is darem een te veel vir ‘n brak!

Jimmel dit moes ‘n gesig gewees het en ek neem hulle nie kwalik dat daar op die oomblik doodse vrede heers nie…

64 Replies to “Spektakel op ‘n Maandagoggend”

  1. Dit is algemeen bekend en word inderdaad op loopnotas verduidellik (of wat die erkennings en ontkenninigs aan die einde van ‘n televisieprogram ookal genoem word) dat in die geval van relaity show sommige tonele herkonstueer word (op voorwaarde dat dit nie ‘n verskil aan die uitkoms maak nie). Hierdie toneel noodsaak so ‘n rekonstruksie!
    Ja-ne, hierdie inskrywing laat met depressie oor my korttermyngeheue. Die Perdeby(tjie ) wat ek in Jena gesien het lyk nie soos ‘n seekoei nie…

    Liked by 1 person

    1. That last remark on my next post,refers to this post.So if the next post didn’t make sense you had to read this one.Unfortunately this post is all written in Afrikaans and my friends enjoyed it very much.
      It was about me rushing out of the shower,dripping wet with my only weapon,a cheap blanket with leopard skin patterns on…hitting into my pack of dogs,that were fighting!See there was a visitor,the white dog,that was not welcomed by my three schnauzers.With the blanket and the naked furious woman coming for them,they all fled with drooping tails and hid under the chairs in the lounge.Being attacked by a leopard and a dripping wet hippo,on a Monday morning,was not fun for these naughty ones!The rest of the day there were peace and quiet..lol!

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +