Speel-speel

Die hele Leo-familie lê vanmiddag en slaap.Sondagmiddae is só vervelig as die groot vuilbaarde dik gevreet is en net wil skuinslê.Klein Liefie,besluit sy het genoeg gehad van die stilte en gaan karnuffel bietjie vir ouboet Stinkbaard.Aanvanklik is hy nie te ongeneë nie en lig darem ‘n lui poot so effe op.._MG_5471_edited-1

Ag nee,nou raak sy darem te geniepsig met daardie skerp naeltjies en ‘n groot poot druk haar parmantige koppie styf vas,sodat sy magteloos daar lê…_MG_5473_edited-1

Loffie sien haar penarie en kom nader om ook kragte met ouboet Stinkbaard te meet.Hy lyk maar effe versigtig,want daardie klou is soos ‘n bokshandskoen en kan ‘n allemintige snotklap uitdeel,as ‘n kleinding nie oppas nie!_MG_5474_edited-1

Dit woel en stoei,maar ouboet doen dit versigtig en met deernis,om nie sy drie maande oue broertjie en sustertjie seer te maak nie.Hy is self vier jaar oud en begin al tekens van ‘n lieflike rooi maanhaar toon.Een van die dae sal hy en sy ander groot boeties die trop moet verlaat en hul eie gesinne begin.Intussen geniet hy die liefde en samesyn…_MG_5477_edited-1

Na daardie stewige kopklem in ouboet Stinkbaard se pote,besluit Liefie om liewer die aftog te blaas…_MG_5597_edited-1

Sy en Loffie stoei dat die klippe spat en jy net naels sien…_MG_5540_edited-1

Terwyl die res van die trop snork soos hulle slaap,bedink hulle alweer ‘n volgende onnutsigheid.._MG_5625_edited-1

60 Replies to “Speel-speel”

    1. Dit was hulle boeties…vir my nogal ‘n interessante iets om te sien…almal van dieselfde ma en steeds verdraagsaam ten spyte van die ouderdomsverskil.Daar was drie groot broers en hulle was almal liefdevol teenoor die kleintjies.

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +