op sy ergste!
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
op sy ergste!
het haar eie ritme!
Voor jy verder gaan, lees eers hierdie skakel, om te verstaan waaroor my inskrywing gaan:
https://perdebytjie.wordpress.com/2015/05/11/liefste-struisie/
Intussen het daar eendag vanuit die niet, ‘n mannetjievolstruis opgedaag. Die diere van die Sabie-Sand, was reeds verward oor die vaal vreemde wyfie, dat sommige sommer voet in die wind geslaan het wanneer hulle haar sien. Die mannetjie in sy broeikleredrag, het almal se senuwees op hol gehad, maar ‘n paar maande later was daar ‘n stewige spannetjie van ses kuikens. Pappa en mamma volstruis het gekloek, gevoer, touwys gemaak en beskerm.
Soos die natuur maar is, het verskeie kuikens as smullige happies in die voedselketting geëindig!
Onlangs het ons die voorreg gehad om Struisie en haar oorblywende opgeskote veerbondels te ontmoet. Struisie is heel regs en die jongelinge is al mooi groot…
Kopskote van die jongelinge, Veltie..
en Valie. Sy het selfs ‘n dik laag “eye liner” aan en ‘n blommetjie in haar vere..
Vlooitjie wou nie stilstaan nie en ek moes maar ‘n skoot van mamma Struisie se elegante nek neem..
Sy kom kuier steeds by die voertuie, maar deesdae is sy dolgelukkig en kom net om te groet..
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
Myriad memories frozen in time
Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
British Wildlife & Photography
Lifestyle, Photography and Traditional Art
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
persoonlike blog - cam venter
Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS
Simone Foedrowitz - Naturfotografie +
looking through the lens
William Bowles - Online since 1979