het haar eie ritme!
Voor jy verder gaan, lees eers hierdie skakel, om te verstaan waaroor my inskrywing gaan:
Intussen het daar eendag vanuit die niet, ‘n mannetjievolstruis opgedaag. Die diere van die Sabie-Sand, was reeds verward oor die vaal vreemde wyfie, dat sommige sommer voet in die wind geslaan het wanneer hulle haar sien. Die mannetjie in sy broeikleredrag, het almal se senuwees op hol gehad, maar ‘n paar maande later was daar ‘n stewige spannetjie van ses kuikens. Pappa en mamma volstruis het gekloek, gevoer, touwys gemaak en beskerm.
Soos die natuur maar is, het verskeie kuikens as smullige happies in die voedselketting geëindig!
Onlangs het ons die voorreg gehad om Struisie en haar oorblywende opgeskote veerbondels te ontmoet. Struisie is heel regs en die jongelinge is al mooi groot…
Kopskote van die jongelinge, Veltie..
en Valie. Sy het selfs ‘n dik laag “eye liner” aan en ‘n blommetjie in haar vere..
Vlooitjie wou nie stilstaan nie en ek moes maar ‘n skoot van mamma Struisie se elegante nek neem..
Sy kom kuier steeds by die voertuie, maar deesdae is sy dolgelukkig en kom net om te groet..
Hou op om vir Hester te verlei met die skoonhede van die volstruise. Twee jaar terig wou sy die wimpers he nou gaan sy die eyeliner wil he! Ek is bly die wyfievriendin het haar ridder met die wit vere ontdek. Terloops ek gaan nog na jou ander blogs kyk bietjie agter
LikeLiked by 2 people
Neem jou tyd…ek weet dit gaan dol by jou.
LikeLiked by 1 person
Na al Hester se gesukkel met TELGAAN, het sy ietsie ekstra nodig om haar op te kikker!
LikeLiked by 1 person
Sjoe – dis nou mooi. Jou fotos is pragtig. Dankie dat ons dit mag geniet.
LikeLiked by 1 person
Dankie Spokie…altyd lekker as jy inloer!
LikeLike
Ek is seker in een of ander nagmerrie van my het volstruise my gejaag en ek was vrek bang! So bang ek het gehuil!
Die les van die storie is volstruise is lelike diere (myns insiens, verstaan tog) maar jou foto’s maak wat lelik is sommer mooi!
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam hulle is nie die skoonheid vanself nie en hulle is blerrie gevaarlik!😄
LikeLike
Dis seker hoekom hulle Jan Wilkens se wille stoei skoppe Volstruisskoppe genoem het… XD
LikeLiked by 1 person
Beslis!
LikeLike
Jou ongelooflike mooie foto’s maak altyd dat die diere wat jy afneem, vir my lewendig word; en jou skrywe daarby maak dat ek hulle stories kan hoor, amper of hulle dit self vertel!
Ek is van harte bly dat Struisie se eensame, hartseer verhaal in ‘n gelukkige gesinstorie verander het!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees…ek waardeer dit geweldig!
LikeLiked by 1 person
Dis nou romanties! Het jy toe nie ‘n foto van die ridderlike vryer geneem nie?
LikeLiked by 1 person
Die ou is nou saam met twee ander wyfies opgemerk…dis mos hoe die manne maak…oeps nou soek ek moeilikheid😜😄
LikeLiked by 1 person
Ek het niks teen veelwywery nie. Dit gee elke vrou darem ‘n bietjie blaaskans. Nou’s EK in die moeilikheid 😛
LikeLiked by 2 people
Hahaa, jy laat my altyd so lekker lag,Hester!
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Een struisvogelsteak kan echt smaken, zo af en toe.
Stout van me, excuseer. Prachtige dieren zijn het. Af en toe zie ik eentje in onze Vlaamse velden, geimporteerd door een boer die graag liever grotere eieren krijgt dan van zijn kippen.
LikeLiked by 1 person
So ‘n eiertjie is omtrent so groot soos 24 hoendereiers!
LikeLiked by 1 person
Het zijn grote mooie vogels. Maar zo ene zou ik toch niet in huis nemen.
LikeLiked by 1 person
Reusagtig en met ‘n dodelike skop…nee nie ‘n huisdier nie😄
LikeLiked by 1 person
Wat een lief kopje hé!
LikeLiked by 1 person
Mooi ogies né!
LikeLiked by 1 person
Dit vind ek ook. En die donshaartjes op sy kop is ook oulik.
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis mooi foto’s
LikeLiked by 1 person
Baie dankie ,Tina.
LikeLiked by 1 person
Prachtige foto’s van deze dieren waar ik zelf veel van hou.Ze hebben zo’n expressieve kop.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Marylou.
LikeLike
Een trap met zo.n dinosauruspoot is beter te vermijden ,het zijn machtige wapens. Dat dansen en wapperen met de veren is prachtig om te zien. Hier worden soms struisvogels op een farm gehouden. Heel mooi om te zien maar zo in de vrije natuur is het toch wel een heel andere beleving.
LikeLike
Ik kijk er graag naar maar ga niet té dichtbij, ze zijn zelf te nieuwsgierig en hun hals is langer dan je denkt!
LikeLiked by 1 person
Ja mens moet maar versigtig wees…’n wilde volstruis in nie jou speelmaat nie!
LikeLike
Ag hulle is te pragtig! Ek hou van hulle name en jou byskrifte 😉
Ek onthou eenkeer lank gelede in Oudsthoorn, het ek ‘n hangertjie, ringe en arm-bande gedra en ek moes mooi koets vir daardie bekkies.
LikeLiked by 1 person
Hahaa,daardie groot oë kon seker nie jou blink goedjies mis nie!Ek is vrek bang vir ‘n volstruis…veral daardie pote!
LikeLiked by 1 person
Heerlijke foto’s 🙂 .En wat hebben ze toch mooie ogen. groetjes, Hanneke
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het…ja hul oë is pragtig en hulle sien uitstekend daarmee.
LikeLike
EK is so bly dit gaan so geod met Struisie. Haar kinders is so mooi!!!! Dankie vir die opvolg storie
LikeLiked by 1 person
Ek was net so bly om dit te sien…ek weet nie hoe lank hulle gaan oorleef nie,want dis vrot van die leeus en luiperds in daardie omgewing.Daar is twee jagluiperds ook en hulle vang maklik ‘n vollie.🙁
LikeLiked by 1 person
Ai… ek hoop hulle oorleef. Was nog altyd mal oor hulle
LikeLiked by 1 person