Moeder natuur…

het haar eie ritme!

Voor jy verder gaan, lees eers hierdie skakel, om te verstaan waaroor my inskrywing gaan:

Liefste Struisie…

Intussen het daar eendag vanuit die niet, ‘n mannetjievolstruis opgedaag. Die diere van die Sabie-Sand, was reeds verward oor die vaal vreemde wyfie, dat sommige sommer voet in die wind geslaan het wanneer hulle haar sien. Die mannetjie in sy broeikleredrag, het almal se senuwees op hol gehad, maar ‘n paar maande later was daar ‘n stewige spannetjie van ses kuikens. Pappa en mamma volstruis het gekloek, gevoer, touwys gemaak en beskerm.

Soos die natuur maar is, het verskeie kuikens as smullige happies in die voedselketting geëindig!

Onlangs het ons die voorreg gehad om Struisie en haar oorblywende opgeskote veerbondels te ontmoet. Struisie is heel regs en die jongelinge is al mooi groot…_MG_5704_edited-1

Kopskote van die jongelinge, Veltie.._MG_5712_edited-1

en Valie. Sy het selfs ‘n dik laag “eye liner” aan en ‘n blommetjie in haar vere.._MG_5708_edited-1

Vlooitjie wou nie stilstaan nie en ek moes maar ‘n skoot van mamma Struisie se elegante nek neem.._MG_5733_edited-1

Sy kom kuier steeds by die voertuie, maar deesdae is sy dolgelukkig en kom net om te groet.._MG_5724_edited-1

37 Replies to “Moeder natuur…”

  1. Hou op om vir Hester te verlei met die skoonhede van die volstruise. Twee jaar terig wou sy die wimpers he nou gaan sy die eyeliner wil he! Ek is bly die wyfievriendin het haar ridder met die wit vere ontdek. Terloops ek gaan nog na jou ander blogs kyk bietjie agter

    Liked by 2 people

  2. Ek is seker in een of ander nagmerrie van my het volstruise my gejaag en ek was vrek bang! So bang ek het gehuil!
    Die les van die storie is volstruise is lelike diere (myns insiens, verstaan tog) maar jou foto’s maak wat lelik is sommer mooi!

    Liked by 1 person

  3. Jou ongelooflike mooie foto’s maak altyd dat die diere wat jy afneem, vir my lewendig word; en jou skrywe daarby maak dat ek hulle stories kan hoor, amper of hulle dit self vertel!
    Ek is van harte bly dat Struisie se eensame, hartseer verhaal in ‘n gelukkige gesinstorie verander het!

    Liked by 1 person

  4. Een struisvogelsteak kan echt smaken, zo af en toe.

    Stout van me, excuseer. Prachtige dieren zijn het. Af en toe zie ik eentje in onze Vlaamse velden, geimporteerd door een boer die graag liever grotere eieren krijgt dan van zijn kippen.

    Liked by 1 person

  5. Een trap met zo.n dinosauruspoot is beter te vermijden ,het zijn machtige wapens. Dat dansen en wapperen met de veren is prachtig om te zien. Hier worden soms struisvogels op een farm gehouden. Heel mooi om te zien maar zo in de vrije natuur is het toch wel een heel andere beleving.

    Like

  6. Ag hulle is te pragtig! Ek hou van hulle name en jou byskrifte 😉
    Ek onthou eenkeer lank gelede in Oudsthoorn, het ek ‘n hangertjie, ringe en arm-bande gedra en ek moes mooi koets vir daardie bekkies.

    Liked by 1 person

    1. Ek was net so bly om dit te sien…ek weet nie hoe lank hulle gaan oorleef nie,want dis vrot van die leeus en luiperds in daardie omgewing.Daar is twee jagluiperds ook en hulle vang maklik ‘n vollie.🙁

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +