Testosteroon…

op sy ergste!

_MG_5956_edited-1 _MG_5955_edited-1 _MG_5941_edited-1 _MG_5938_edited-1 _MG_5924_edited-1 _MG_5792a_edited-1 _MG_5791a_edited-1 _MG_5790_edited-1 _MG_5908_edited-1 _MG_5828_edited-1 _MG_5826_edited-2 _MG_5814_edited-1 _MG_5812_edited-1 _MG_5803_edited-1 _MG_5798_edited-1 _MG_5891_edited-1 _MG_5813_edited-1

Advertisements

55 thoughts on “Testosteroon…”

      1. Nee. Ek dink mentally is ek al sewentig. Was so rukkie terug in ‘n buurt waar die beursies dik en die bikinis amper nie bestaan het nie.
        Ek het meer opgewonde geraak oor die roomys wat die een girl ge-eet het as die landskappe wat sy vertoon het…

        Liked by 2 people

    1. Seekoeibulle veg sodat die sterkste een die dam oorheers. Die een wat verloor moet vir hom ander blyplek gaan soek.Soms is die gevegte so woes,dat een sterf of hulle erg beseerd is.Die sterkste bul paar dan met die koeie en so kry ons weereens die sterkste gene in die oorlewingspoel van die natuur.

      Liked by 1 person

    1. Ons het nie lank genoeg gebly om die uiteinde te sien nie,maar wees verseker,een van hulle moes ander blyplek gaan soek! Dit gaan alles om beheer en voortplanting van die sterkste gene…ons as mense doen dieselfde. Ons besef dit nie altyd nie.

      Liked by 1 person

    1. Van sterte gepraat, seekoeie het klein kort stertjies. As hulle hul gebied in die dam afbaken,mis hulle en laat daai stertjie blitsig heen en weer klits,om die poefies te versprei.Dit lyk soos ‘n motorboot se propeller…absoluut lagwekkend!
      Dankie vir jou mooi woorde, Hester.

      Liked by 1 person

      1. Jare gelede by die Bloemfonteinse dieretuin was daar ‘n lapa met ‘n paar ronde portholes waardeur jy na die seekoeie kon kyk. Hulle het in so ‘n kanaal verby die lapa geswem en een van die dikke dames het ook haar ekskremente so uitgewaai. My dierbare ma, immer nuuskierig, het haar hele kop by die gat uitgeleun en dit volskoot in haar gesig gekry. Ons het gehuil soos ons gelag het.

        Liked by 1 person

      2. Nee, sy het haar kantsakdoekie uitgehaal, gesig afgevee en toe met smaak vir elkeen wat verbykom vertel hoekom daar sulke spatsels op haar bloes was. My ma het ‘n unieke sin vir humor gehad.

        Liked by 1 person

    1. Liewer Bang Jan as Dooie Jan…ek stem saam Paul.In hierdie geval het ek plat op die grond gesit,sowat veertig meter weg,met my lang lens en die voertuig byderhand.Dit sou nie veel help nie,want dié diere is verstommend vinnig.Soms tart ons die noodlot,maar weet jy,die natuur is die plek waar ek graag wil sterf.

      Liked by 1 person

  1. Lyk my of mansmense nooit sal leer nie! 😉 Dink net… die twee kan saam gaan soek na ‘n lekker stukkie wyding en stil stil die dames in die trop verdeel… en almal is wenners! 😀

    Liked by 1 person

  2. I read and replied on your old post,Brian.Thanks for always visiting and your kind remarks. I am a bit quiet lately,because I am busy sorting photo’s and making albums to print.It takes a lot of time but is very satisfactory. 😄

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s