Transkgalagadi-stories 1

Die Transkgalagadi het ‘n lewe van sy eie.Ter verduideliking:Dis die hoofpad wat vanaf Johannesburg,asook Pretoria,dwarsdeur Botswana tot in Windhoek loop.As jy op ‘n kaart kyk,sal jy sien die pad loop amper reguit van oos na wes en is meer as duisend kilometer lank.Die afgelope nege jaar al,ry ek en manlief tweekeer ‘n jaar hierdie roete na Swakopmund.Die afstand vanaf ons huis tot daar, is sowat 1800 kilometer.

Ons het al baie ervarings op hierdie pad beleef en die drie Schnauzers reis saam soos gesoute toeriste.Tussen die voorste en agterste sitplek gespe ons ‘n spesiale hondehangmat vas,met hul kombersies op en vir twee dae lank, broei die drietjies heerlik lyf-teen-lyf, al skuddend, skommelend en slapend tydens die elle lange reis.

Voor mens egter met die honde mag reis, moet hulle ‘n week (let wel, nié agt dae nie, maar sewe dae) voor die tyd deur jou eie veearts gesien word.’n Swetterjoel vorms,ingevulde inentingsboekies en ‘n besoek aan die staatsveearts, (alleenlik per afspraak,iewers in ‘n tipiese staatsdienskantoor in die gopse) besorg aan jou die nodige permit, getjap en geteken.

Nou is jy reg vir die reis. Honde gelaai, paspoorte, voertuigpermitte, padkos gemaak, want eenmaal in Botswana, is dit die wye wêreld wat wink…geen “One Stops” en toilette nie!

Wanneer ons in die pad val, is dit nog donker, want ons ry vroeg om die verkeer op die snelweë te mis. Die SA prys vir padvarke, gaan loshande aan die bestuurders op die pad tussen Pretoria en Rustenburg! Dis ‘n doodspad…soms is dit ‘n dubbelweg met vier bane en dan verander dit weer in tweerigtingverkeer met padskouers wat veronderstel is om noodbane te wees.Jy word kort-kort van agteraf geflits om oor te skuif na die noodbaan, sodat Haastige Hansie in sy reuse vier-by-vier, met blink chroom “bull bar”, verby kan seil teen die spoed van wit lig. Dis platinamynwêreld daardie en voor sonop is dit vragmotors, bakkies, taxi’s en duisende voetgangers wat in die donkerte oor die pad hardloop…loutere hel!

Van Rustenburg af gaan dit effens beter en hartseer verwaarloosde dorpies,soos Swartruggens, Groot Marico, Zeerust en kilometers landelike gebiede vanaf Zeerust na die Skilpadhekgrenspos, skuif verby.

Die laaste twee jaar,is die Skilpadhekgrenspos ‘n fees! Voorheen was daar ‘n enkele baksteengeboutjie, en mobiele kantore, agter ‘n afgeremde ogiesdraad en skewe hekkie. Groot vragmotors het oral gestaan en gewone voertuie verdwerg. Die ryvlak was vol gate en het gelyk soos kraters in ‘n maanlandskap. As jy uiteindelik iewers ‘n parkeergaatjie kon kry en letterlik tot stilstand geskommel het, moes jy nog verby skroppende hoenders en maer brakke beur om jou paspoort te laat stempel. Ou karavane wat beter dae geken het, het gedien as kantore vir forex en invoer van diere en produkte wat verklaar moet word…onder andere die Schnauzers.

Genadiglik is daardie dae verby en kan ons spog met ‘n pragtige grenspos,met efféktiewe personeel en…..silwerskoon kleedkamers!

(Word vervolg)

 

Advertisements

43 thoughts on “Transkgalagadi-stories 1”

  1. 1800 kilometer? As ek dit moet ry blaas ek ‘n gasket lank voor my kar!
    Mind you… Ek is baie lus om ‘n trip van die Vaal tot in die Kaap te maak en by al die plekkies te stop wat ek in my kinderjare besoek het.
    Dit sal Senekal en Bloemfontein wees.

    Liked by 1 person

      1. Kuier-kuier? Miskien in Bloemfontein. Maar Senekal? Nee wat. Daar is al die Evil mense wat my familie is/was nou al lankal nie meer daar nie.

        Liked by 1 person

  2. Blikasem! Dit was nou ‘n lekker woorde reis en boonop het ek nog altyd gedink die ding met die troeteldiere van agt dae.

    Ai en ek verlang nou na Swartruggens. Ek was mos verlede jaar daar as jy onthou 🙂

    Liked by 1 person

  3. Moedige reizigers, jullie. Hebben jullie zo veel vrije tijd dat je zo vaak kunt reizen? Het is jullie gegund hoor, ik vroeg het me alleen af…
    Ondertussen kriebelt het bij ons om onze reis Zuid Afrika te boeken. Nu moeder er niet meer is, zullen we deze kans niet meer laten voorbij gaan…

    Liked by 1 person

    1. Ek het so lanklaas hier gelees en geblog,dat ek die nuus van jou moeder se afsterwe gemis het…baie jammer om te hoor en baie sterkte,Paul.
      Ons is pensioenarisse en het dus “baie tyd”😳😄
      Jy is welkom om enige tyd raad te vra oor reismoontlikhede hier in SA.

      Liked by 1 person

      1. Niet erg, Dina, neem ik zeker niet kwalijk. Inderdaad, na zeer lastige laatste weken is moeder (ondertussen vier weken geleden) plots gestorven. Dank voor je medeleven.

        We zullen een georganiseerde reis boeken naar SA, en zullen zeker eens zwaaien als we in de buurt komen.

        Liked by 1 person

  4. What a challenging road trip, Dina! I have been on roads in Botswana with pot holes bigger than a car. As I read your post, I wondered if this was the road I was on. My best wishes to you for a great adventure.

    Liked by 1 person

    1. Jet,this road has been built around 25 years ago and is tarred all the way.Lots of construction and maintenance are done regularly,because it is a main transport road from SA to Namibia and the Walvisbay harbour there.There are other roads though,that fell into disrepair,especially the one going north through Francistown towards Kasane.However,lately a lot of repair was done to main roads and it isn’t bad travelling those routes nowadays.

      Like

  5. Gelukkige honde wat so saam julle deur Suider-Afrika kan reis! Die pad lyk lekker wild 😉

    Ons het self noudie dag Namibië toe gery om die Visrivier te gaan stap. Ons het van Johannesburg die N14 tot op Kuruman gery – my pa het nog gesê vermy Coligny, (gelukkig gaan die pad ver genoeg verby die dorp) en iemand op Askham het in hoofletters gesê moet onder geen omstandighede in Kuruman stop nie, groot skelms daar! – en toe noord via Hotazel tot op Askham waar ons geslaap het die aand. Het met ‘n Jeep gery, kan jy dink die hoeveelheid brandstof wat ons ingegooi het! Vandaar was ons by Rietfontein oor die grens, ook ‘n baie netjiese grenspos (wel met ‘n ma kat en haar drie wilde kleintjies :/ ).

    Liked by 1 person

  6. Ag verby Zeerust… is ons treinrypad. Ons Is as kinders elke jaar na my oupa hulle se plaas in destydse Betsjoeanaland toe gestuur vir die lang vakansies.Ook heerlik lê en wieg in die nag op die boonste slaapbank. . Kosbare herinneringe.

    Liked by 1 person

      1. Dis ‘n pragtige reisprogram,Paul.Ek was by al daardie plekke en dis die moeite werd.Dis wys van julle om met ‘n toergids te gaan,want SA het maar baie onveilige plekke waar die toeris in moeilikheid kan beland.Dis net hartseer dat ‘n groot gedeelte van Knysna en omgewing in ‘n verskriklike brand verwoes is,maar soos ek Suid-Afrikaners ken,sal dinge alweer reg wees teen die tyd van jul besoek.

        Liked by 1 person

      2. Het stond in de uitleg dat Knysna erg geleden heeft. Tot eind december is het programma aangepast. Wij komen nog twee maand nadien… Mag ik jou vragen om er al wat spruitjes te gaan zaaien, zodat we toch iets te zien krijgen?

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s