Transkgalagadi-stories 2

Skilpadgrenspos se pragtige tuine, beplant met aalwyne en koorsbome, is in skrille kontras met die Pioneer grenspos van Botswana…slegs twee kilometer verder.Die ingangspad by die hek, is vol gate en die lang geboutjie het al beter dae geken. Behoede jou as jy vakansietyd of op ‘n besige dag hier beland!

Binnekant word ‘n vormpie uitgedeel…daar lê nie stapeltjies op die toonbank nie…een per persoon…kostebesparing en regso ook! Die invulproses geskied gewoonlik met jou vingernael, as jy nie jou eie pen het nie, maar soms is daar ‘n droewige, vuilgevatte pen aan ‘n toutjie, wat miskien nog ink in het…dus sorg vir jou eie griffel! Intussen moet die voertuigbestuurder ook ‘n boek invul, wat daar iewers op ‘n toonbank lê. Dit gaan gewoonlik gou en as jy vriendelik groet met ‘n “dumela Mma”( vir die vrouens) en “dumela Rra” (vir die mans), word jou paspoort vinnig getjap en daar gaan jy.

Nou volg die proses om jou voertuigpermit te koop…deesdae teen ‘n stewige 250Pula per motor en 1650P per vragmotor! Die transaksies neem soms so lank, dat jy ewig in ‘n tou staan in ‘n smal gangetjie. Vreemde mense skerts en maak grappies met mekaar en stap uit as ou vriende. Dis veral die vragmotorbestuurders wat gereeld hierdeur moet gaan, wat maar ‘n soort gelate aanvaarding toon.

Intussen hardloop Perdeby orals rond met die drie Schnauzers op sleeptou op soek na iemand om hul permitte deur te gaan. Soms is ek gelukkig, dan doen iemand agter ‘n toonbank dit sommer. ‘n Ander keer moes ek op die tweede vloer van die gebou, gaan soek vir iemand wat gemagtig is om dit te doen. Onlangs het iemand sommerso daar in die gangetjie my papiere vir ‘n goeie twintig minute intens bestudeer en toe die gewenste tjap op alles gepons…sjoe verligting!

Manlief staan gewoonlik steeds in die tou by die permitte en dan jaag ek en die Schnauzers die reuse werfhoenders wat daarbuite rondskrop. Soms lyk ek soos ‘n skiër agter ‘n boot aan, soos wat die spulletjie hardloop, beenlig en elke boerbok en donkie agterna sit! Welkom in Botswana…verstaan my goed, ek is mal daaroor en verlustig my aan die eenvoud van alles.

Partymaal gaan dit vinnig, partymaal gaan dit stadig…die geheim is geduld, respek, geduld, respek…moenie jou lyf daar probeer rondgooi nie…dis nie jou land nie en hier maak jy soos hulle!

Deur die hek, met jou voertuigpermit en ‘n vriendelike geselsie met die polisieman en daar gaat ons…nou begin die werklike laaaang pad.

Die omgewing hier is pragtig…dis bergagtig, met ongerepte natuur en reuse aalwyne wat oral groei.Ongelukkig hou dit nie lank nie en is mens skielik in ‘n landelike area met allerhande gehuggies, huise, donkies, bokke en beeste. As die spoedgrens 80 of 60 sê, ry jy 80 of 60…..ons is al gevang en dis onmiddellike kontantbetaling of jy is reguit tjoekie toe! Diere word gereeld raakgery en ons het al op lelike tonele afgekom, dus kyk skerp, bly wakker en ry stadiger as jy diere langs die pad sien.

Orals langs die pad is piekniekplekke, maar ongelukkig so vuil. Ons het ‘n spesiale boom, waar ons altyd ontbyt eet, sommer so agter uit die voertuig se kattebak.Na al die stres van stadsverkeer, in die donkerte ry en twee grensposte, is dit ons eerste uitspanplekkie…500kilometers van ons huis af!

Met die groot pad langs ons en enkele vragmotors wat soms toetende en waaiende verbyjaag, is ‘n lekker koppie koffie, toebroodjie en stukkie wors, net die regte medisyne. Vir my is die klingelende klokke van ‘n beestroppie,wat gewoonlik naby ons boom wei, asook die gekwetter van koringvoëls, in “ons” boom, die mooiste musiek. Dan eers begin ons ontspan en moed bymekaar skraap vir die res van die lang tog.

(Word vervolg)

Advertisements

49 thoughts on “Transkgalagadi-stories 2”

      1. Dit was. Ek onthou een keer naby Keetmanshoop het ons die pad letterlik byster geraak, want daar was ‘n windstorm die vorige week en alles was toe onder sand – ons kon nie sien waar die pad nou eintlik is nie.

        Liked by 1 person

      2. Dinge het baie verander…vandag word jag nie meer so redelik aanvaar nie.As kind het jy ook nie juis ‘n keuse gehad nie.My oupa het vinke geklits met sy .22 omdat hulle raas 🙁en elke gogga wat beweeg,is vergruis!

        Liked by 1 person

      3. Jou oupa het seker met vrugte geboer 😀 My pa was destyds in die Kommandos en hy het almal van ons leer skiet by hulle skietbane. Ook met .22s. Hy het ‘n hele paar gewere gehad. Ek onthou daar was onder meer ook ‘n 303 en ‘n Baby Mauser. Hy het so eenkeer ‘n jaar ‘n paar bokke gaan plattrek, net vir die plesier. Maar dit was lank gelede. Ek dink ons laaste besoek aan Namibië was in 1969.

        Liked by 1 person

      4. Ek sal so glo. Ek hou nie baie daarvan om so terug te loop op my voetspore nie, want ek soek mense en dinge daar wat vir my dierbaar was en dan is daar niks. Ek was altyd geneig om met elke vakansie iewers anders te gaan. Nou, met my man se gesondheidsprobleme, hou ek maar vakansie hier al om die huis, want ek wil hom nie alleen los nie.

        Liked by 1 person

      5. Alles lyk ook anders…ek onthou die skok toe ek,my broer en suster my ma se as op die ou familieplaas in haar pa se graf gaan neerlê het.Die plaashuis was ‘n ruïne en al ons kinderdae pret en herinneringe is net daar uitgewis!Dis vreeslik…ek ly nou nog aan skok!

        Liked by 1 person

  1. Heb het verhaal gelezen met een glimlach om de lippen wat is het toch een leuke taal, soms iets door de vertaler maar het is gelukt.
    ik kijk uit naar het vervolg.

    Groeten Frans

    Liked by 1 person

    1. Dis vir my so lekker om te hoor dat jy my taal so geniet…ek geniet weer die Nederlands en verstom my dat ek dit so maklik verstaan.Dankie vir inloer,Frans.Dis lekker as jy kom lees!

      Like

  2. Dis die geheim van so ver reis, en nie altyd maklik nie: aanvaarding en gelatenheid, anders is dit net plein sleg. Ek ken Botswana net van The Nr. 1 Ladies Detective Agency, en het een keer laaaaank terug op Selebi Phikwe grondmonsters geneem vir werk. Sal graag die res ook wil sien. Dankie vir die deel!

    Liked by 1 person

    1. Daardie Nr. 1Ladies Detective Agency-reeks,is die wonderlikste boeke.Ek het die hele reeks op my rak!Ons het min of meer die meeste van Botswana getoer en ek is mal oor veral die Okavangomoeras en Chobe.Dis ‘n wonderlike land.

      Liked by 1 person

    1. Ja beslis,maar deesdae seil ons met gemak daardeur,veral as jy weet hoe dit werk…moet net nie oor naweke of skoolvakansies daar deurgaan nie.Beste tye is Dinsdag,Woensdag en Donderdag…as jy ooit beplan om te gaan.

      Liked by 1 person

  3. Ons boom is ‘n ou kameeldoring,soms darem vol blommetjies…meestal vol voëls en hope beesmis onder die boom.Die brakke word nié hier uitgelaat nie,anders brekfis hulle van die heerlike vars Botswanabeesmis!

    Like

  4. Ek het nou weer #1 en #2 gelees. Ek voel of ek daar samm met julle 5 rond dwaal! En… ek sien uit na die res van die storie! Ek hoop die kamera het nie gebreek nie… daai boom klink to verwelkomend! 😉
    (By gesê… ek lees beter met prentjies saam… soos die ou Ruiter in Swart boekies… ) 😉

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s