Skilpadgrenspos se pragtige tuine, beplant met aalwyne en koorsbome, is in skrille kontras met die Pioneer grenspos van Botswana…slegs twee kilometer verder.Die ingangspad by die hek, is vol gate en die lang geboutjie het al beter dae geken. Behoede jou as jy vakansietyd of op ‘n besige dag hier beland!
Binnekant word ‘n vormpie uitgedeel…daar lê nie stapeltjies op die toonbank nie…een per persoon…kostebesparing en regso ook! Die invulproses geskied gewoonlik met jou vingernael, as jy nie jou eie pen het nie, maar soms is daar ‘n droewige, vuilgevatte pen aan ‘n toutjie, wat miskien nog ink in het…dus sorg vir jou eie griffel! Intussen moet die voertuigbestuurder ook ‘n boek invul, wat daar iewers op ‘n toonbank lê. Dit gaan gewoonlik gou en as jy vriendelik groet met ‘n “dumela Mma”( vir die vrouens) en “dumela Rra” (vir die mans), word jou paspoort vinnig getjap en daar gaan jy.
Nou volg die proses om jou voertuigpermit te koop…deesdae teen ‘n stewige 250Pula per motor en 1650P per vragmotor! Die transaksies neem soms so lank, dat jy ewig in ‘n tou staan in ‘n smal gangetjie. Vreemde mense skerts en maak grappies met mekaar en stap uit as ou vriende. Dis veral die vragmotorbestuurders wat gereeld hierdeur moet gaan, wat maar ‘n soort gelate aanvaarding toon.
Intussen hardloop Perdeby orals rond met die drie Schnauzers op sleeptou op soek na iemand om hul permitte deur te gaan. Soms is ek gelukkig, dan doen iemand agter ‘n toonbank dit sommer. ‘n Ander keer moes ek op die tweede vloer van die gebou, gaan soek vir iemand wat gemagtig is om dit te doen. Onlangs het iemand sommerso daar in die gangetjie my papiere vir ‘n goeie twintig minute intens bestudeer en toe die gewenste tjap op alles gepons…sjoe verligting!
Manlief staan gewoonlik steeds in die tou by die permitte en dan jaag ek en die Schnauzers die reuse werfhoenders wat daarbuite rondskrop. Soms lyk ek soos ‘n skiër agter ‘n boot aan, soos wat die spulletjie hardloop, beenlig en elke boerbok en donkie agterna sit! Welkom in Botswana…verstaan my goed, ek is mal daaroor en verlustig my aan die eenvoud van alles.
Partymaal gaan dit vinnig, partymaal gaan dit stadig…die geheim is geduld, respek, geduld, respek…moenie jou lyf daar probeer rondgooi nie…dis nie jou land nie en hier maak jy soos hulle!
Deur die hek, met jou voertuigpermit en ‘n vriendelike geselsie met die polisieman en daar gaat ons…nou begin die werklike laaaang pad.
Die omgewing hier is pragtig…dis bergagtig, met ongerepte natuur en reuse aalwyne wat oral groei.Ongelukkig hou dit nie lank nie en is mens skielik in ‘n landelike area met allerhande gehuggies, huise, donkies, bokke en beeste. As die spoedgrens 80 of 60 sê, ry jy 80 of 60…..ons is al gevang en dis onmiddellike kontantbetaling of jy is reguit tjoekie toe! Diere word gereeld raakgery en ons het al op lelike tonele afgekom, dus kyk skerp, bly wakker en ry stadiger as jy diere langs die pad sien.
Orals langs die pad is piekniekplekke, maar ongelukkig so vuil. Ons het ‘n spesiale boom, waar ons altyd ontbyt eet, sommer so agter uit die voertuig se kattebak.Na al die stres van stadsverkeer, in die donkerte ry en twee grensposte, is dit ons eerste uitspanplekkie…500kilometers van ons huis af!
Met die groot pad langs ons en enkele vragmotors wat soms toetende en waaiende verbyjaag, is ‘n lekker koppie koffie, toebroodjie en stukkie wors, net die regte medisyne. Vir my is die klingelende klokke van ‘n beestroppie,wat gewoonlik naby ons boom wei, asook die gekwetter van koringvoëls, in “ons” boom, die mooiste musiek. Dan eers begin ons ontspan en moed bymekaar skraap vir die res van die lang tog.
(Word vervolg)
Amper kry ek nou lus vir jou ontbytkoffie. Jy is reg, jy kan nie lyf rondgooi daar waar jy geen sê het nie en vriendelikheid kos niks.
LikeLiked by 1 person
Ek is nou self lus vir daai ontbyt…miskien is dit tyd om aandete te maak 😂
Dankie dat jy kom lees…deesdae is my muse stokstyf gevries en voel dit of ek sommer ‘n spul twak blog😒😒
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit werklik om te lees van jou reise, so moenie nou daar by die ontbytboom bly staan nie. Vorentoe!
LikeLiked by 1 person
Hahaaa van daaraf raak dit lank en vaal,maar ek sal aanhou!
LikeLiked by 1 person
Dit klink soos ons jagreise saam met my pa van Namakwaland af na die Etoshapanne toe in die jare voordat die teerpaaie aangelê is.
LikeLiked by 1 person
Toenterjare was dit seker ‘n yslike tog sonder teerpaaie..lol!
LikeLiked by 1 person
Dit was. Ek onthou een keer naby Keetmanshoop het ons die pad letterlik byster geraak, want daar was ‘n windstorm die vorige week en alles was toe onder sand – ons kon nie sien waar die pad nou eintlik is nie.
LikeLiked by 1 person
Haha,so jy ken hierdie tipe woeste avonture!
LikeLiked by 1 person
My pa was ‘n jagter. Wat kan ek sê? Ek het maar die biltong geëet en stilgebly.
LikeLiked by 1 person
Dinge het baie verander…vandag word jag nie meer so redelik aanvaar nie.As kind het jy ook nie juis ‘n keuse gehad nie.My oupa het vinke geklits met sy .22 omdat hulle raas 🙁en elke gogga wat beweeg,is vergruis!
LikeLiked by 1 person
Jou oupa het seker met vrugte geboer 😀 My pa was destyds in die Kommandos en hy het almal van ons leer skiet by hulle skietbane. Ook met .22s. Hy het ‘n hele paar gewere gehad. Ek onthou daar was onder meer ook ‘n 303 en ‘n Baby Mauser. Hy het so eenkeer ‘n jaar ‘n paar bokke gaan plattrek, net vir die plesier. Maar dit was lank gelede. Ek dink ons laaste besoek aan Namibië was in 1969.
LikeLiked by 1 person
Nee my oupa was sommer kwaad omdat die vinke raas in die boom😠Lekker om al hierdie stories te hoor!
Namibië gaan nou totaal anders lyk vir jou,as jy in 1969 laas daar was.
LikeLiked by 1 person
Ek sal so glo. Ek hou nie baie daarvan om so terug te loop op my voetspore nie, want ek soek mense en dinge daar wat vir my dierbaar was en dan is daar niks. Ek was altyd geneig om met elke vakansie iewers anders te gaan. Nou, met my man se gesondheidsprobleme, hou ek maar vakansie hier al om die huis, want ek wil hom nie alleen los nie.
LikeLiked by 1 person
Alles lyk ook anders…ek onthou die skok toe ek,my broer en suster my ma se as op die ou familieplaas in haar pa se graf gaan neerlê het.Die plaashuis was ‘n ruïne en al ons kinderdae pret en herinneringe is net daar uitgewis!Dis vreeslik…ek ly nou nog aan skok!
LikeLiked by 1 person
Dis wat gebeur. Mens moet liewer vorentoe kyk.
LikeLike
Dankie vir hierdie heerlike blogstories – ons het al so baie deur Botswana gereis en ek weet nie of daar nog ‘n keer sal wees nie, maar dis heerlik om dit deur jou pen te beleef.
LikeLiked by 1 person
Danki dat jy kom lees het…ek is bly jy geniet my stories.
LikeLike
Ek en jongste was nou in April daardeur oppad na Henties en terug. Jy roep dit so duidelik op vir my. Wil sommer dadelik weer ry.
LikeLiked by 1 person
Dis maar ‘n lang pad,maar ons geniet dit altyd.Ek is bly jy kan dit saam met my waardeer!
LikeLiked by 1 person
Ai ek ry te lekker saam Ek is nog net een keer daardeur maar sonder honde Dankie vir die deel Kan nie wag vir die volgend episode . Jy kan die deel maak van jou koffietafelboek
LikeLiked by 1 person
Goeie idee…kan jy glo ek het na al die kere se ry,nie ‘n enkele foto van enige iets langs die pad of grensposte afgeneem nie!!
LikeLiked by 1 person
Ons is gewaarsku om glad nie ons kameras uit te haal nie Hulle hou glo niks daarvan nie en kan jou selfs toesluit!
LikeLiked by 1 person
Op die grensposte moet jy maar versigtig wees en mag dit nie.Ek het egter geen foto van enige iets langs die pad nie…nie eers “ons” boom nie!
LikeLiked by 1 person
Jy sal tog een vir jou eie oudag moet neem Veral met die honde by!
LikeLiked by 1 person
Al hardlopende agter hoenders aan,met hulle aan hul leibande…hoort nogal ‘n gesig te wees!
LikeLiked by 1 person
Geduld en respect zijn gaven waar je in Afrika zeer ver mee raakt.
Bij ons in Europa is alles zo gehaast. Waarom? Zal morgen de hemel op onze kop neervallen??
LikeLiked by 1 person
Op die end kom mens tog waar jy wil wees…dis net vreemd vir ‘n westerling wat gewoond is aan die ge-oliede ratte 😂
LikeLiked by 1 person
Heb het verhaal gelezen met een glimlach om de lippen wat is het toch een leuke taal, soms iets door de vertaler maar het is gelukt.
ik kijk uit naar het vervolg.
Groeten Frans
LikeLiked by 1 person
Dis vir my so lekker om te hoor dat jy my taal so geniet…ek geniet weer die Nederlands en verstom my dat ek dit so maklik verstaan.Dankie vir inloer,Frans.Dis lekker as jy kom lees!
LikeLike
Dis die geheim van so ver reis, en nie altyd maklik nie: aanvaarding en gelatenheid, anders is dit net plein sleg. Ek ken Botswana net van The Nr. 1 Ladies Detective Agency, en het een keer laaaaank terug op Selebi Phikwe grondmonsters geneem vir werk. Sal graag die res ook wil sien. Dankie vir die deel!
LikeLiked by 1 person
Daardie Nr. 1Ladies Detective Agency-reeks,is die wonderlikste boeke.Ek het die hele reeks op my rak!Ons het min of meer die meeste van Botswana getoer en ek is mal oor veral die Okavangomoeras en Chobe.Dis ‘n wonderlike land.
LikeLiked by 1 person
Hehe, ek ook. Gaan kyk gereeld vir die nuutste boek. My reis-lysie is lank, maar die Okavango is definitief op dit.
LikeLiked by 1 person
Ek lees tans Teatime for the Traditionally Built….ai so lekker,so dierbaar,so kinderlik!
LikeLike
Heel mooi geschreven hoor. Zo’n rit moet een echt avontuur zijn.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n groot avontuur…dankie vir kom lees!
LikeLiked by 1 person
Spannend verslag van de reis
LikeLiked by 1 person
Sien uit na die volgende aflewering!
LikeLiked by 1 person
Dankie ek het dit klaar geplaas…lekker lees.
LikeLike
Klink of mens n stewige humorsin nodig het vir die grenspos afferes!
LikeLiked by 1 person
Ja beslis,maar deesdae seil ons met gemak daardeur,veral as jy weet hoe dit werk…moet net nie oor naweke of skoolvakansies daar deurgaan nie.Beste tye is Dinsdag,Woensdag en Donderdag…as jy ooit beplan om te gaan.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die “tip” Dina – nog net so 10 jaar dan is ons nie meer gebonde aan vakansies en langnaweke nie 😛
LikeLiked by 1 person
Jy kan steeds vakansietyd gaan,maar dan moet jy net geduldig wees…wintertyd is ook die beste.
LikeLiked by 1 person
Dit is so lekker om die storie-reis te beleef met jou vertellings, beter as om Voetspore op tv te kyk. Wanneer jou pelskinders weer hoenders jaar, neem fotos hoor, ek sal dit geniet!!!!
LikeLiked by 1 person
Gewoonlik is ek op sleeptou agterna, dus sal dit ‘n rowwe selfie wees wat heelwaarskynlik in ‘n stofwolk met my op my blaker gaan eindig 😝
LikeLiked by 1 person
hehehe
LikeLiked by 1 person
Ons boom het seker lekker nektar vir die by in perdeby. Eendag blog ek ook oor Botswana
LikeLike
Ons boom is ‘n ou kameeldoring,soms darem vol blommetjies…meestal vol voëls en hope beesmis onder die boom.Die brakke word nié hier uitgelaat nie,anders brekfis hulle van die heerlike vars Botswanabeesmis!
LikeLike
Ek het nou weer #1 en #2 gelees. Ek voel of ek daar samm met julle 5 rond dwaal! En… ek sien uit na die res van die storie! Ek hoop die kamera het nie gebreek nie… daai boom klink to verwelkomend! 😉
(By gesê… ek lees beter met prentjies saam… soos die ou Ruiter in Swart boekies… ) 😉
LikeLiked by 1 person
Hehe,ek onthou daardie boekies.
LikeLike