Transkgalagadi-stories 5

Douvoordag geniet ons ‘n vinnige koppie koffie met beskuit en groet ons vriendin.Die laaste skof het aangebreek.Dis so negentig kilometer na Mamunogrenspos, aan Botswana se kant. Dit maak eers sewe-uur soggens (agtuur in die winter) oop en as jy te vroeg daar is,staan daar reeds ‘n lang ry voertuie,veral vragmotors, wat sommer die nag daar oorgestaan het. So in die halfskemer moet mens weereens versigtig wees vir diere op en langs die pad.

Die pad gaan verby plekkies met name soos Karakobis, Xanagas en Charles Hills. Die grenspos is nie te sleg nie en dit gaan redelik vinnig, nadat jy weer papiertjies in duplikaat ingevul het.Die honde hoef nie hier verklaar te word nie, net met die terugkomslag,wanneer hulle Botswana inkom.Dis gewoonlik dán ‘n gesukkel om die staatsveearts op te spoor. Dié se kantoortjie is ‘n lendelam houtgeboutjie en die ou sit soms in sy kar onder ‘n doringboom om die hitte te ontsnap, of al kletsende iewers tussen die ander amptenare in die hoofgebou, waar daar darem bietjie lugverkoeling is.

Nou is dit deur die Namibiese grenspos, Buitepos. Ook nie te sleg nie, maar weereens vorms invul voor jy ‘n tjap in jou paspoort kan kry. Deur die jare het ek reeds ‘n dik stapel vorms versamel en vul dit voor die tyd in. Terwyl ander mense spook om alles neer te pen, seil ons vinnig deur met ons klaar papiere!

Weereens moet ‘n motorpermit gekoop word en die Schnauzers moet verklaar word. Manlief doen die voertuig en ek die honde in ‘n aparte mobiele geboutjie.Die papiere en boekies word intens bestudeer, veral die inspuitings teen hondsdolheid.Gewoonlik is dit ‘n baie vriendelike amptenaar en ons gesels heerlik oor die weer en die voorkoms van die honde. Baie keer wil van die omstanders weet hoeveel so ‘n hond kos en hoekom het die wyfiehond ‘n baard en hoekom lyk die swart ene soos ‘n bobbejaan! Ek lag maar net en kan uit die onverstaanbare gebabbel hoor, dat ek en my brakke goed bespreek en beskinder word, veral as hulle teen alles wil beenlig en ek my morsdood skaam.

Nou is ons in Namibië en die landskap is steeds plat, bosryk en uitgestrek.Op Gobabis word brandstof ingegooi en ek verkyk my aan die Hererovrouens met hul pragtige gekleurde uitrustings. Veral die ouer geslag dra nog hierdie tradisionele klere wat dateer uit die ou Duitse koloniale tydperk.

Nou is dit aanstryk na ons volgende brekfisboom. Namibië se piekniekplekke is silwerskoon. Dis gewoonlik ‘n netjiese betonblad met ‘n tafeltjie en twee bankies en ‘n behoorlike asdrom digby. Daar lê selde papiere rond, behalwe wanneer ‘n troppie bobbejane daardeur is. Dis altyd netjies gehark en dit lyk of iemand daagliks kom opruim…wat ‘n plesier!

Uitgestrektheid is die enigste woord om hierdie landskap te beskryf. Na die piepklein dorpie, Kalkvlei, raak die landskap meer bergagtig en soos Windhoek naderkom, begin die pad op en af kronkel. Windhoek is geleë tussen en op verskeie rante. Ons saag maar vinnig daardeur en nou is dit dorpies met mooi name soos, Okahandja, Karibib, Usakos en uiteindelik Swakopmund, die eindpunt van ons reis!

‘n Volle 3600 km heen en terug…TWEE keer ‘n jaar, die laaste nege jaar. As ek so rofweg ‘n sommetjie maak kom dit neer op ongeveer 34,200 km….ons is eintlik nie lekker in die kop nie!!

Advertisements

45 thoughts on “Transkgalagadi-stories 5”

      1. Bietjie moeilik om hier fiets te ry,want ons paaie is nie gemaak daarvoor nie…maar ek bied aan om jou fiets aan ‘n tou agter my my voertuig aan te trek.Jy sal net stweig moet vasklou en sorg vir goeie dik rubberbande,want soms slaan ‘n gat in die pad,jou wiele stukkend…😂

        Liked by 2 people

  1. Nou het ek lekker saamgery en as dit 50 jaar terug was, sou ons paaie gekruis het by Okahandja, maar daarvandaan sou ek aangehou het deur Otjiwarongo tot in Tsumeb, waar een van my susters destyds gewoon het. Ons het die Oranjerivier oorgesteek by Vioolsdrift – Keetmanshoop – Mariental – Rehoboth – Windhoek.

    Liked by 1 person

  2. Zo reis je een paar keer de wereld rond terwijl je eigenlijk naar de ‘buren’ gaat. Sterk. Ik vind het al ver als ik eens naar Rijsel (Frankrijk) ga … zo’n 100 km van thuis. In een klein landje leven zorgt blijkbaar voor dat een mens alles wat kleiner ervaart. Tja, voor mij is Nederland slechts 20 km ver. 😉
    Mooi verhaal.

    Liked by 1 person

  3. Pet af voor jullie. Wat een lange reizen . Wat grappig dat de schnauzers zo bekeken worden. Veel fotografen gaat naar Namibië om verlaten dorpen te fotograferen. Dat lijkt me een heel mooi avontuur maar de bewoners portretteren zou ik het liefste doen.
    Op naar een volgende reis Dina ?

    Liked by 1 person

    1. Jy sal Namibië se bewoners heerlik kan fotografeer.Daar is soveel verskillende bevolkingsgroepe,met hul eie gelaatstrekke en natuurlik twee groepe wat steeds tradisionele drag dra…die Himbas en Hereros…waarvan ek al foto’s geplaas het.

      Liked by 1 person

  4. Ons is eintlik nie lekker in die kop nie…. glimlag ek nou vir jou. Na die tour de france waar hulle in drie weke 3540 km op fietse gery het…. dink ek julle koppe is mooi aangeskroef.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s