Perdeby is…

nou moedeloos verby! Hierdie is nie bedoel om ‘n treurmare van selfbejammering te wees nie, maar…

na die vierde verkoue in vier maande,tien ton snotdoekies, x-strale van my longe, is die diagnose bronchitis…sommer bromkaaitjies in goeie Afrikaans.😄

So tussen die kuggery en internet wat al die hele week af was, was ek maar skaars.Ek is darem nog hier…geseënd met ‘n paar toegeplakte oë elke oggend…so pienk soos pienk toffies en aan die brand soos kole vuur….beslis nie geskik vir leeswerk op liguitstralende instrumente soos rekenaars, lêptoppies en I-pads nie.

Hulle noem dit ‘n grênd naam soos “conjunctivitis” of so-iets.Ek kan julle verseker die toestand is alles behalwe elegant soos wat die naam klink! Een kyk in die spieël en dit lyk of ek reeds een van die eerste slagoffers van Armageddon was. Na so ‘n bietjie lou water en wegveeg van ongewenste uitskeidings, kan ek darem weer vir so ‘n wyle sien wat om my aangaan. Al wat tans rosig pienk aan my is, is my kokende ooglede.

Die goeie nuus is,dat ek uitstekende druppels gekry het en ek kan langer as tien minute hier rondkuier!

Ek dink my tien minute is haas verby…tot wedersiens…kug,kug,kug..hegge,hegge,kug…

Eish, dié winter het my hard geslaan!

 

79 Replies to “Perdeby is…”

    1. Arme Perdebytjie! Ek hoop jy voel gou beter. Daar is niks wat so aaklig is soos ‘n verkoue en bronchitis en conjuntivitis sonder iemand wat met groot gewilligheid vir jou koppies warm swart tee met ‘n dubbelle tot brandewyn in aandra nie. Bly in die bed, dis al raad wat ek het. En maak maar jou eie tee met brandewyn in as daar nie gewillige hande is wat dit aandra nie. Dan sweet jy dit gou-gou uit.

      Liked by 1 person

  1. Shame dame! Ek het een jaar so sleg verkoue gehad, daar was nie een brand hoes medisyne wat ek NIE gebruik het nie!
    Maar laat dit nou vir ons albei ‘n les wees van wat gebeur met kaal boudjies op die nat gras! 🙂

    Liked by 1 person

  2. Conjunctivitis ken ons hier sommer as “pink-eye”. Hoogs aansteeklik ook. Ek hou ‘n klein buisie chloramex ophtalmic ointment in my laai en smeer dit in die aand binne-in my oog en sommer rondom die ooglede ook. Twee dae en die kleur, brand en jeuk is weg. Bronchitis? Nee, ek het darem nie daar uitgekom nie, net by die harige tong en die onophoudelike hoesie vasgesteek, maar ek moes ook longplate kry. Ek is juis besig met my blog daaroor. Ek is nog steeds huisgebonde. Byt vas – this too shall pass. Sterkte.

    Liked by 1 person

  3. Nou níe vir die oë nie, maar vir die bromkaatjies, ‘n stywe dop, sommer so 2 vingers, met regte egte pomelosap. As jy voel, daar is skop, herhaal dit en spring dan vinnig in die kooi. Ek wil jou amper waarborg, die volgende oggend, sal daar ‘n baie groot verbetering wees. Sterkte.

    Liked by 1 person

  4. Beterschap en hou je aan het advies van de artsen.
    Helaas liep ik altijd maar door werk was belangrijker voelde mij onmisbaar.
    Maar toen ik niet meer kon was het te laat en nu 24/7 aan de zuurstof.
    Gelukkig heb ik er mee leren omgaan en kan er met de scootmobiel op uit.
    Dus verwaarloos het a.u.b. niet!!!

    Liked by 1 person

  5. Dit is nou al ‘n week of wat later, en vertrou jy is oppad na volkome herstel. Hierdie vrieskoue weer is bietjie ontydig… of het julle dit vrygespring?

    Liked by 1 person

      1. I’m very sorry to hear that. But also very glad that you are fully recovered. 🙂 Three months is a long time. Just to make sure: does “fully recovered” mean you can now go back to – what you seem to enjoy very much – nature and the bush? I hope so.

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +