Anderkant van die wêreld (5)

Na ‘n baie steil rit berg-op, bereik ons twee spanne opgewonde blaffende brakke. Die lawaai is oorverdowend en hulle rem en trek aan hul leisels in pure afwagting…

_MG_6988

In die somer word die honde op ‘n hoë hoogte aangehou, omdat hulle maklik oorverhit. Om hulle fiks te hou, word toeriste op karretjies rondgesleep en duidelik is dit vir hierdie werksesels pure genot. Hier is ons halfpad en die langtonge neem net gou ‘n blaaskansie…

_MG_7018

Daar is gewoonlik 16 honde in ‘n span en dit word heel wetenskaplik uitgewerk watter een waar moet trek. Die tewe is ligter en blykbaar vinniger, terwyl die reuns meer in kragposisies ingespan word. Die hondehanteerder, genoem ‘n Musher, staan agter op die karretjie en skreeu bevele uit wanneer die honde van rigting moet verander. Uiteindelik is ons terug by die beginpunt…

_MG_7035

Nou is dit tyd vir waterdrink…

_MG_7037

_MG_7036

en sommerso in die waterbak slaap…

_MG_7064

Besoekers word aangemoedig om interaksie met die diere te hê, want hulle is saggeaarde, baie sosiale wesens. Hier het ek my kans waargeneem en ‘n hele paar foto’s van enkelinge geneem…

_MG_7063

Soos julle kan sien, lyk hierdie honde nie soos die pragtige Siberiese Huskies, wat mens in die flieks sien nie! Hulle is allerhande kleure en groottes en hulle is nie ‘n suiwer erkende ras nie. Die diere is geteel uit verskeie noordelike rasse bestaande uit  werkshonde, herdershonde, pointers en Salukis, om die beste, vinnigste sleehond te kry…

_MG_7047

Tewe weeg 17 tot 19 kg en die reuns 21 tot 25 kg. Dus is hulle slank en lig, gebou vir spoed…

_MG_7043

Hulle is allerhande kleure…

_MG_7046

die pels is kort tot medium lank, want die dier moet maklik hitte kan vrystel, tydens lang hardloopsessies..

_MG_7040

Soms het hulle verskillende kleure oë en blou is nogal algemeen. Die leier van die trop met sy pragtige onpaar oë…

_MG_7056

Terug by die basis, gaan ons na die Musher kamp en daar vertel ‘n vrou wat al jare met die honde werk, vir ons allerhande interessanthede van wedrenne, hondeteling en die hele kultuur rondom die sleehonde…

_MG_7077

Die slee is piepklein en lig. Die Musher sit en slaap sommer op die slee tydens ‘n wedren. Die honde is so slim, dat hulle self kan aanvoel waar die ys te dun is en waar gevaar dreig.Sy vertel dat sy al menigmaal die dood ontduik het, deurdat die honde se instink die gevaar uitwys…

_MG_7080

Die bekendste sleereisies ter wêreld, is die Iditarod Trail Sled Dog Race. Dit geskied vanaf vroeg Maart vanaf Settler’s Bay na Nome. Dit duur van agt tot vyftien dae of langer, in uiterste omstandighede. Die kwik daal soms tot -73 grade C! Al om die ander jaar word ‘n suidelike en dan weer noordelike roete gevolg, om die impak op die gemeenskappe langs die roete te beperk.Die noordelike roete is 1,569 km  en die suidelike roete 1,606 km lank.

Lees verder hier:https://en.wikipedia.org/wiki/Iditarod_Trail_Sled_Dog_Race

By die Musherkamp is daar ook ‘n telery en die musher vertel breedvoerig watter eienskappe sy in hondjies soek…

_MG_7087

Nadat ek bietjie opgelees het oor die sleewedren en die stres waardeur die honde gaan, is ek nie meer seker of dit nie ‘n uiters wrede kultuur is, waar diere uitgebuit word vir menslike ego en geld nie. Maak jou eie gevolgtrekking..

IMG_0292

Word vervolg…

35 Replies to “Anderkant van die wêreld (5)”

    1. Daar is aktiviste wat heeltemal gekant is daarteen en dan is daar natuurlik die mense wat seker maak dat die honde net die beste behandeling kry. ‘n Saak het altyd twee kante,maar ek dink tog die honde word gemoor.

      Liked by 1 person

    1. Dis ook weer ‘n anderkant van die saak as mens so daarna kyk. Hierdie honde was glad nie getraumatiseer of enige iets nie en was so gelukkig en vrolik.Ek dink net met die sleewedren is daar wel gevalle waar honde so gedruk word,dat dit grens aan marteling.Ek het gaan lees,dat van hulle sterf tydens die ren en dat van hulle, agterna allerhande kwale ontwikkel.Dan is daar natuurlik hulle pote wat rou word van die hardloop,alhoewel hulle skoentjies aanhet. Die mens se wenmotief is soms ‘n euwel.

      Liked by 1 person

      1. Dis waar maar ek probeer dit vermy want ek kan nie daaraan verander nie daarom is dit vir my makliker om in ontkenning te leef. Ek het ‘n vriendin wat sulke mishandelde honde op FB plaas Ek het haar eers gevra om dit nie te doen en nou het haar gewoon afgehaal … Ek wil die laaste deel van my lewe so positief moontlik leef.

        Liked by 1 person

        1. Ek stem saam,mens hoef nie van al die dinge te weet nie en jy kan in elkgeval niks daaraan doen nie. Ek kan jou egter verseker dat die honde wat ons gesien het,uitstekend versorg word.

          Liked by 1 person

  1. Hierdie moes ‘n absolute merkwaardige ondervinding gewees as mens en as fotograaf (as die twee geskei kan word). Or die honde debat gaan ek nie nou op ingaan nie maar die reels wat omskryf dat minstens 5 op die iende ingespan moet wees is nogal bekommerniswaardig (wat die wedrenne aanbetref).
    Maar ek sou hierdie wat julle beleef het ook bepaald geniet het

    Liked by 1 person

    1. Abrie,dit was vir my ‘n hoogtepunt.Ek het eers agterna bietjie gaan oplees en dink oor wat mense met die honde doen.Die aanvanklike gebruik van honde om die mens te help,maak vir my baie sin.Wanneer dit egter oor geld,eer en ego gaan,ten koste van die diere,kry ek ‘n bitter smakie in my mond.

      Like

  2. Baie mooi fotos, so uit die hond se bek! Ek het self ook maar my bedenkinge oor die wedrenne. Dis egter met alle kometisies die geval waar daar geld by betrokke is. Ek het Alaskan Malamute geteel. Die skoue het ek testaan gekom teen “Huskies” wat n tipe van sleehond is. Huskies is uitgesoekte honde vir slee werk soos jy verduidelik. Die “huskies” kon deelneem aan skou omdat hul die bou, kleur en aftekeninge van Malamute gehad het. Buitelandse beoordelaars was mal oor my reun omdat hy suiwer en tipies Malamut was.

    Liked by 1 person

  3. Voor of tegen?Vroeger werden honden ook in België als trekdier gebruikt.De honden zien er niet ongelukkig uit en ze lopen flink rond.Wat dan te zeggen van China die honden gebruikt voor consumtie ..dat is heel wat anders en veel erger.Voor mij hoeft het allemaal niet maar denk dat dit het minst ongevaarlijke is voor honden.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +