Die volgende dag vaar ons Glacier Bay binne. Slegs twee passasiersskepe word per dag hier toegelaat. ‘n Boot met Parkeraad amptenare ontmoet ons by die ingang van die baai. ‘n Groepie van hulle klim op die passasiersboot en bly heeldag hier, om te vertel van die omgewing en vrae te beantwoord..
Die Glacier Bay National Park and Preserve bestaan uit 12,950 vierkante kilometer van woude, water, en berge wat meer as 4,572 meter hoog verrys…
Groot riviere van ys wat van die hoogtes af skuif tot in die melkerige groen baai, sorg vir die naam van hierdie skouspelagtige plek…
Soos wat ons dieper die baai invaar, word drywende ysstukke orals opgemerk..
Daar is sewe gletsers, insluitende die Margerie Glacier, een van die mees gefotografeerde gletsers. Dis ook een van Alaska se aktiefste gletsers…daar is gedurig ‘n oorverdowende harde geknetter, soos wat die ys kraak en skuif en dan met ‘n donderslag in die water stort…
Hierdie gletser is veertig verdiepings hoog (76,2 meter) en meer as 3 kilometers wyd…
Onder die water ‘n verdere dertig meter!
Die baai is uitgekalwe deur ‘n gletser en omtrent 308 meter diep…
Nog gletsers…
Die Grand Pacific Glacier is baie vuil as gevolg van sneeu- en rotsstortings en grond wat uit die valleibodem geskuur is…
My gunsteling…
Nog ‘n verklaring vir die blou ys: Wanneer lig die hoogs gekompakteerde ys raak, word langgolflengte kleure (rooies) geabsorbeer en die kortgolflengte kleure (bloues), weerkaats…
Nog tonele in die baai…
Na ‘n fantastiese dag, vertrek die Parkeraad amptenare weer op hul bootjie…
Word vervolg..
Dina, ek “drool” behoorlik terwyl ek hier lees. Wat is dit tog met my en hierdie toer-lus!!!
LikeLiked by 1 person
Dalk toer jy ook eendag hierheen.Dis net verskriklik ver!
LikeLike
Wat een fantastische post.Je zal je ogen nogal uitgekeken hebben
LikeLiked by 1 person
Ek het nie geweet waar om te kyk nie.Dankie vir inloer.
LikeLike
Mooie foto’s maar ik krijg er wel koud van. 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit was baie koud!
LikeLiked by 1 person
Ek het net begin wonder oor die blou ys en toe verduidelik jy. Aai jou fotos is mooi
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy kom kyk het.
LikeLiked by 1 person
Sjoe… wat ‘n belewenis.
Wat van lewe op die gletsers? Vis in die water?
LikeLiked by 1 person
Die wildlewe bestaan uit Bald Eagles,Puffins,Otters,seeleeus en boggelrug walvisse en op land is daar sekerlik nog ander diere.Ons was net seelangs.
LikeLiked by 1 person
Daar moet baie kos wees … dis interessant Dit voel of niks in koue kan oorleef nie
LikeLiked by 1 person
Adembenemend mooie foto’s !
LikeLiked by 1 person
Dankie Paul.
LikeLike
Dina het hy geweet, binne daardie blou ys bly daar groen monsters. Hulle wetenskaplike naam is Jaloersius Abrieanus… Baie mooi
LikeLiked by 2 people
Vreeslike naam…moet ‘n erge monster wees!
LikeLike
Dit is! Het jou lense nie met tye opgewasem nie
LikeLiked by 1 person
Van vrees vir die monster,of van die mistigheid?
Vreemd genoeg,nie Abrie.Ek het heeltyd die lense skoongehou met lens whipes.Ek dink dit help ook dat dit nie toewasem nie.
LikeLike
Wat mooi, bijna onwerkelijk. Dank je voor het delen. groetjes, Hanneke
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom kyk het, Hanneke.
LikeLike
Gletsers is nog iets wat geheel en al vreemd is in ons verwysingsraamwerk!
LikeLiked by 1 person
Ek kon dit ook nooit verstaan nie,totdat ek nou self gesien het,dis net ‘n verysde rivier wat bergaf skuif teen ‘n stadige spoed en dan in die see stort.
LikeLiked by 1 person
Sjoe maar dis ongelooflik mooi en ook BAIE interessant om die beskrywings en fotos van jou te sien. Baie dankie dat jy dit met ons deel dis beslis besonders. Ook goed om te hoor dat jou lens nie rerig gewasem het nie.
LikeLike
Dankie dat jy kom lees het,Ineke.
LikeLike
Ek is half jaloers maar ek gaan beslis nog die Aurora bekyk hier in Suid Eiland(eendag)
LikeLiked by 1 person
Ons kon ongelukkig nie die Aurora Borealis sien nie…was heeltyd bewolk!
LikeLike
Dis ook meer sigbaar in wintertyd dan somer.
LikeLiked by 1 person
Mooie foto’s!
Duurzame groet,
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Rob
LikeLike
Wow! Dis vreeslik mooi. Hulle neem hulle natuurbewaring baie ernstig op as ek so luister na jou vertelling van die beperking op bote en die beamptes wat tyd afstaan vir vrae antwoord.
LikeLiked by 1 person
Hulle is baie streng.Dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
Dat soort uitzichten had ik ook ooit in het echt willen zien. Komt er vast niet meer van en dat geeft ook niet, want jouw foto’s maken al veel goed!
Dus er komt nog méér?
Kan niet wachten… 🙂
LikeLiked by 1 person
Daar kom nog…dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
Zeker kom ik lezen, zo interessant en mooi! Voor jullie helemaal een andere wereld hè…
LikeLiked by 1 person
Vir ons wat nie sneeu en ys ken nie, was dit ongelooflik om te sien😄
LikeLiked by 1 person
Fantastisch die gletsjer!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het.
LikeLike
Wat een indrukwekkende ijsmuren
LikeLiked by 1 person
Dit het my asem ook weggeslaan!
LikeLike
Looks like you made it to Alaska. We are hoping to perhaps do so next year. Great pictures!
LikeLiked by 1 person
Yes, I made it! What a wonderful experience! Thanks for visiting my blog, Gunta.
LikeLiked by 1 person
I’m so glad you had such a good time! I’m hoping we can make it up that way, but we’ll likely drive and camp along the way (hopping ferries, too) if we do put this trip together. It should be fun!
My pleasure (visiting your blog). I need to do it more often now that my life seems to be settling down just a wee bit!) 😉
LikeLiked by 1 person