wondersoete ding…waarom ontwyk jy my deesdae so? Hier sit ek nou, in die middel van die nag, regop. Eers diékant toe en daaikant toe gerol, my hele verlede in my gedagtes deurgedink, maar jy bly weggg! Is dit ‘n kwessie van aanstap in jare, of bloot sommer net?
Die voordeel is die wonderlike stilte van al die slapendes oral om my. Dis net ek, my koppie tee en die getjirp van kriekies en die Dikkop se spookagtige geskree, in die tuin.
Die vorige nag was dit net ek, my koppie tee en flitsende blitse wat deur die hemelruim skeur en sekondes later rammelend die huis laat bewe en skud.
Laat ek maar weer probeer my ooglede opmekaar sit…sugggg!