Terug op die lug…

na tien dae! Ek hou nie my asem op dat dit lank gaan hou nie, maar hier is ek darem weer. Die regstellende inkopies van koperkabels, neem skrikwekkende afmetings aan, veral hier in ons buurt.

Die Telkom mangat is langs die pad, by ‘n woeste boskasie, waar leeglêers woon. Sodra die kabels herstel is, hou dit net ‘n rukkie dan is dit weer sulke tyd. Een plus een is twee en my gesonde verstand sê vir my presies waar die bron van alle kwaad in hierdie geval lê!

Koperkabelgroete aan al my blogvriende, tot en met die volgende leemte!

27 Replies to “Terug op die lug…”

  1. Bly jy ook op Standerton, want ons wifi is ook nou al vir amper 10 dae af. Blykbaar sal dit weer môre of Maandag aan wees… Ook die kabeldiewe. Oeg dit is ‘n frustrasie, want mens kan ook net soveel van jou foon af doen. Hoop dit hou vir jou!

    Liked by 1 person

  2. Bly om jou weer te sien, Dina! Ons het maar ons landlyn opgegee omdat dit so onbetroubaar was. En wee jou as jy nie jou rekening betaal nie, of jy nou vir weke sonder die diens gesit het of nie. En om dan te probeer terugbetalings kry of n klagte in te dien was soos tande trek.

    Liked by 1 person

    1. Hopelik bly die diewe ‘n ruk lank weg. Ek het gesien Telkom het die gat toegemessel…geen mangat nie! So die diewe sal dit moet oopkap.Dis natuurlik ‘n pyn vir Telkom as hulle onderhoud moet doen, want dan moet hulle ook sukkel om in die gat in te kom. Ai, die flippen skelms maak vir almal die lewe moeilik!!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s