Wat is die mens?.

“Net vel en pens”, het ons as kinders gespot, min wetende hoe na aan die waarheid dit was.

Wat is die mens?

‘n  Bakkievrag verflenterde meubels en kartondose vol gebruikte goed, oppad township toe.

‘n Sitkamerstelletjie, koffietafeltjies, skilderye en ornamente wat iewers in ‘n geliefde se huis ‘n staanplekkie kry en ‘n herinnering aan iemand besonders is.

‘n Sak vol plastiekbakkies, polistireenhouertjies, koerante, tydskrifte, stukkies seep, gebreekte mandjies, glasbotteltjies van alle grotes, ou lappe…oppad asblik toe.

‘n Laaitjie met ou lipstiffies, poeierdosies, naelvyltjies en ‘n kopdoekie, wat snags die kapsel in toom moes hou.

‘n Kas vol klere wat lankal uit die mode is, waaraan die geur van reukwater nog liggies kleef.

‘n Handsakkie met ‘n opgevrommelde papiersakdoekie en ‘n kammetjie in.

‘n Vrolike strooihoed, wat eens teen giftige sonstrale moes beskerm.

‘n AVBOB sakkie met ‘n kissie vol as, wat by ‘n geliefde in die vleiland tussen die biesies en riete, gestrooi gaan word…

(Ons is  die afgelope week besig om Ma se huisie op te ruim)

50 Replies to “Wat is die mens?.”

  1. I had to resort to translation to Spanish. Not too sure about the result…
    Am I to understand you lost mother? If that is the case, I am very sorry. And yes, “emptying” their house is always hard. And sweet at the same time. When one finds old stuff that had been lost…

    Liked by 1 person

      1. I’m very sorry my friend. There is no solace. Regardless of the age they leave us. I’m sure she knew how loved she was. I hope her older years were peaceful and painless. Sometimes age takes such a toll…
        And then emptying the house is another hard task. I’ve already done too often.
        Me condoléances.

        Liked by 1 person

  2. Ai dis emosievolle tyd waarmee julle besig is. Sterkte nog mar verder. Bewaar maar n paar papiere of keinigheidjies. Dit is belangrik om tog te kan terugkyk op n lewe wat verby is. Ek het n brief wat my pa in 1969/70 geskryf het aan my tante, sy suster, waarin hul oor my oupa se huis en goed onderhandel het. Daardie handgeskryde brief, bladsye vol. Ek sien hom nog sit aan die tafel, want mens sit aan tafel as jy skryf, sigaret rokende tussen sy vingers, dinkende oor wat om te skryf.

    Liked by 1 person

  3. Wat vir my die snaakste was, was my pa se broer wat kans gesien het om die sinkplaat wat oor sy broer se kis moes kom om te beskerm treen die vallende klippe te steel. Hy het ongelukkig die poging laat vaar nadat ek ek aangebied het om die plaat met hom te vervang

    Liked by 1 person

    1. Eintlik wil ek lag oor wat jy nou sê van jou oom. Dit beskryf nogal wat gebeur as mense soos aasvoëls toesak na iemand se dood. Ek moet eerlik sê ons het niks daarvan beleef nie en dit wat ons uitgedeel het is met dankbaarheid ontvang.

      Like

    1. Ek was gister alleen daar besig om haar goedjies uit te sorteer.Toe die lorrietjie met meubels township toe vertrek, het ek amper omgekap van emosie. Ek het wakker gelê in die nag en hierdie geskryf om dit uit my sisteem te kry.

      Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s