Die bitter en soet

van die lewe,was hierdie feesseisoen met ons. Dis of ek half in ‘n dwaal deur die afgelope maand gesweef het. Soveel tragedies het aan ons deur geklop, maar die liefde en samesyn van familie, wat mekaar ondersteun, was van onskatbare waarde. Dis die soet van die lewe en onvervangbaar deur enige iets anders.

Ek sien uit daarna om weer vastrapplek in die nuwe jaar te kry en 2018 se uitdagings in die oë te kyk.

Alles wat mooi is vir al my liewe blogvriende.