Die byeboerwa is oppad

(To all my overseas readers: This is just a fun blog among a few Afrikaans speaking bloggers. You will not have a clue what it’s all about, so please don’t worry. My next blog will be something proper again.)

Ek is sat gery, maar is net om die draai naby die Towerhuis. Ek het ‘n helse BYsige tyd agter die rug. Eerstens moes ek ‘n paneelwa steel en ure by die tjopsjop wag om die enjinnommer te laat afvyl en die wa te laat oorsprei. Aangesien dit woes gereën het, wou die verf ook nie droog word nie en moes ek in die lorrietjie slaap, onder ‘n helse geroesemoes van saag en kap, soos die gesteelde voertuie by die honderde verwerk word.

Hierdie was ‘n goeie oefenlopie vir die verstaan van die werkinge van die onderwêreld. Ek het verskeie bondels geld van hande sien verwissel, self soms in ‘n beswyming verval vanweë die daggadampe en pappegaaislaaiwalms van die werkers. Soms het die skote geklap, maar dit was meestal tussen die tjopsjopeienaars, wat nie hou van kompetisie nie. Die paar poliesvêns wat hier gestop het, se boepens uniformdraers is elke keer tevrede met stapeltjies bloues in die hand, hier weg.

Die gewag was die moeite werd, want dis die eindproduk:

1

Ek het die ontwerp so onopsigtelik as moontlik gehou, sodat ek maklik met die omgewing kan saamsmelt en nie onnodig aandag trek nie.

Nou wil ek net vir die spul paartiegangsters waarsku. Ek kom in die nag en julle moet asseblief nie  skrik as julle my in hierdie soeitjie sien nie:

2

Vanaand as julle almal slaap, sal ek saggies die BYTJIES uitrook en hulle wegvat in my byeboerwa.

Ek nomineer vir  http://lekkervurigeaffere.blog/ om die sakie van hieraf verder te neem.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

 

112 Replies to “Die byeboerwa is oppad”

  1. Zoem, zoem, Perdybytjie, lyk soos ‘n lekker wegkomwa! 😉 Mede-towerinne, ek is 14 h33min van Toweropstal, so ek gaan so in die ry goete bymekaar trek en dan sal ek wat ookal na Perdebytjie se byverdrywing moet volg hanteer.
    Onthou nou ons plan vernader om suspisie van ons aktiwiteite weg te kry. Ons begin “restoureer” aan die bouval om ‘n Bali winkel oop te maak. Dit laat ons vry om bedags ook te “werk” Una- is ons winkel al aan die gang uit daai container?
    Wees veilig en kyk uit, ek hoor gerugte van sameswerings en meelopery… laat weet my enigeiets enige tyd.
    Scrapy en Woestynkind en Sonell sal julle vanaand goed patrolleer en terugvoer gee?Kameel – wie behalwe WordPress het jou aanhegou en hoekom kon hy kos kom haal? Is jy reg vir die dominee se besoek. Julle moet nou nie oorboordgaan en al die basaarkomitees oorneem nie, ons het genoeg om te doen. Skenk ‘n paar hoenders vir die vleistafel. Dis al.
    Het iemand die hoenders gevoer, ek dink ons moet hulle laat slag en verkoel kry tot Toorts en Coetzee vir die polieste en bure kom kom braai. Ek moet pak, praat later weer.

    Liked by 1 person

    1. Nou is jy klaar op pad en ek wou jou gevra het vir ‘n lift. Newwermaaind, ek sal maar langs die pad staan en been wys. Una gaan ‘n winkel oopmaak sê jy? Dalk moet ek sommer permanent aanbly op Toweropstal wanneer die misdaad verby is. Ek het nou my smaak vir rondreis verloor. Ek behoort so oor ‘n dag of twee daar op te daag – hang af wat die ouens langs pad van my bene dink – dan sal ek op datum kom met julle planne en moontlike wysigings.

      Liked by 1 person

      1. Hester ek sal glo wanneer ek jou sien!!! Ek begin ook ‘n groot liefde vir hierdie ou opstal kry. Die uitsig is net te mooi, en jy moet die voëlgesang vanuit die bome hier agter die huis hoor!!!

        Liked by 1 person

        1. Woestynkind het Una se kat ook hier aangebring. Nou moet ek hoenders oppas en kort-kort die kat ook verjaag. Nog ‘n kat in hierdie deurmekaar spul sal nie saak maak nie. Ons sien jou môre sê jy??????

          Liked by 2 people

  2. Ek gaan seker nou direk weer spamboks toe…. maar ek laaik daardie wa!!!! Hoop nie ek maak jou kwaad nie; die laaste ding wat ek wil hê is om daarin geboender te word tussen die bye in.

    Liked by 1 person

      1. En dan nog in sulke gevaarlike omstandighede moes wag dat hy ‘n “make over” ondergaan!!! Ons spul lyk seker maar vir jou mak nadat jy soveel drama aanskou het. Jy lyk na die spook wat hier rondgeloop het in daardie “outfit” van jou.

        Liked by 1 person

    1. Miskien nou nie so onopsigtelik nie, maar ek het gedink die kleur sal by die droë omgewing inskakel. Die by moet help dat ek die wa maklik kan raaksien in die nag.Spinasietert het niks gehelp om my oë se nagblindheid te verbeter nie.

      Liked by 1 person

  3. Ha, nou het ek die kommentaar oop gevang. Met my vreemde tye is ek telkens te laat om n eiertjie te lê. Ek is bly jy is daar om bye te hanteer. Daardie pak van jou kan sommer ongewenste loerders ook weghou. Jy lyk soos n spook met jou donker broek en wit bokant. Regte swewende spook. Hoop nie van die partytjiegangers skrik ook en hol weg nie. Ons het nou die spanwerk nodig om daardie sement te lig. Water uit te pomp of te scuba-dive ondertoe. Onthou ek het ook n hyskraan gebring as die buit vinnig gelaai moet word sal dit werk.

    Liked by 2 people

      1. KOm so agter. Mens noem sekere dinge maar hul ignoreer dit net en konsentereer soos jy sê op die eet en raas. Selfs die arme hoender is onrustig. Die katte kom nie eers naby die parkhome nie. Ek’s bly ek het nie vir Trompie saam gebring nie. Hy sou hoenders en katte goed laat les opsê. Geniet jou spuitery.

        Liked by 2 people

    1. Scrapy hier staan nou twee hyskrane…. Sonell het ook hier met een aangekom om die semebtblad te verwyder. Jou drone doen sy ding…. dink Woestynkind maak meer op hom staat as op die span wat veronderstel is om te patrolleer. Dinge lyk heel rustig…. dink die bye was ‘n groter gevaar as mense van buite af. Hester…. wel Hester…. ons sal maar moet sien of sy ooit te vertroue was. Wou ander planne beraam…. maar toe beland ek in die moeilikheid. So ons is maar op mekaar aangewese. Trek nou lekker daar in NZ en kom terug so gou jy kan.

      Liked by 1 person

      1. A aa dis goeie nuus! My gees dwaal daar rond terwyl ek hier inpak. Kinders maak my knieë lam met hul besluite. Nou wil hul eers die nuwe huis uitverf! So, ek hang maar hier rond en wonder. Besig om my skip skoon te maak vir al die goud wat ek gaan kry daar van julle af. Sal dit nie lekker wees nie!

        Liked by 2 people

  4. Ek het heerlik geslaap, die Opstal is by loos vanoggend, Bytjie se familie het goed saamgewerk en sy het haar goed van haar taak gekwyt.
    Ek het al vroeg n lekker stort in die ope gevat en gaan nou bietjie stap, ek hoop die res is wakker en die onbyt reg as ek terug kom.

    Liked by 2 people

    1. En ek sit hier en wonder wat wegkruipertjie se taak gaan wees Una. Sy kom en dan verdwyn sy weer. Een nag vir Woestynkind help patrolleer… en toe is sy weer weg George toe. Ek verstaan sy duik goed…. maar lekkervurig moet eers hier aankom dat ons sien wat sy gaan aanvang. Sy dring daarop aan dat jy ‘n Baliwinkel begin…. ons moet die opstal solank restoureer. Waar gaan die verf en borsels ens vandaan kom wil ek weet!!!

      Liked by 2 people

        1. Ons kan die sagte kleur doen, Kameel. Maar Toortsie wil saamverf, so daar is die moontlikheid dat hierdie in ñ verf-paartie kan verander, en dan gaan dit een bont kleurspul afgee. Niks is gewaarborg eens ons klomp bloggers ñ opdrag uitvoer nie!

          Liked by 2 people

        2. Toorts hou ook van bont!!!! Ek dink sterk daaraan om die opstal by die Engelse Lord se nageslag te koop wanneer ek skatryk is…. en dan sit ek nou met ‘n bont huis. Dis ok… bring daardie borsels en verf, ek is ook lus vir ‘n bietjie aksie.

          Liked by 2 people

      1. Kameel, julle klomp wat al geruime tyd daar is moet maak asof julle restoureer dis mos nou ‘n ideale dekmantel. Begin solank die hyskrane regkry om die metaal deksel te kan verwyder. Ons leen steel en bedel, maak soos ons goewerment ons leer. Wie het nou geld nodig? Ek skryf so in die ry, trek so net voor Bloemfontein. Het eers my Rots met sy stywenekkie moes verpleeg, hy kry swaar. Una, maak seker jy en Wegkruiper kry julle duikpakke reg, julle het mos julle eie? Sonell jy weet wat jy moet doen. Perdebytjie, ek stel voor jy kontak ‘n plaaslike byeboer om die bye by jou oor te neem, Christastories gaan vir ons met jou zoem-zoem kan ‘n jaagtog oorleef, indien nodig. Lees terug en maak al ons planne “waterdig” Dit sal heel moontlik vir Hester en Abrie baie bly maak. Hulle reken ons kan net paartie en eet en rondhang. Kom ons wys hulle. Gaan lees terug en maak gate in ons plan dig toe. Ek hoop om terugvoer van julle almal te kry.

        Liked by 2 people

        1. Die bye is klaar in ‘n korf naby ‘n bloekomplantasie. Die boer daar het gesê ek kan ‘n potjie heuning vir elke deelnemer aan ons misdaadprogram geee, sodra ons klaar is. Oeps! Ek het die aap uit die mou,of is dit die by uit die skoorsteen,gelaat…vir die ou alles vertel! Dof van my né! Nou sal ons moet wikkel voor die polieste kom. Dalkies sal genoeg geld van verkope van die Baliprodukte, kan dien as omkoopgeld.

          Liked by 1 person

  5. Vanaand is dan weer n groot fancy-dress, die tema is sport en stokperdjies, sodat niemand die duikers van iets kan verdink nie, indien hulle dalk verby die sekeriteitspan sou kom. Ek gaan nou help verf, dit klink na groot pret, almla is vol planne met kleur, daar staan heerlike banting koekkies en tuisgemaakte lemonade vir almal wat help verf. Ek sal bietjie later die platter uitpak en die musieksentrum opstel.

    Liked by 2 people

        1. Ja man en ek is vies vir Abrie, en my geduld raak nou min met Hester ook… hulle moenie kom kla en kerm as hulle hier kom oor hoe dinge gedoen is nie. Dink jy sal ook voor en broos voel as jy moet partie van die oggend tot die aand. Spinasietert is ook nie meer lekker nie.

          Liked by 1 person

  6. Ekmyself soebat al hoe lank vir Vitamine B inspuitings… of iets… maar tot dusvêr het niemand dit nog vir haar gebring nie. Ek kannie my gesig in George wys nie, anders het ek dit vir haar gaan kry.

    Liked by 2 people

    1. Ek het n vlug gekry, ek gaan my Boer verras vir Valentynsaand, ek sal sommer daar gaan vir n inspuiting en Vrydag terugkom met n voorraad. Miskien voel ek minder bevoetterd na twee aande op die plaas.
      Julle moet maar party vanaand. Die hele playlist is klaar opgestel op die Appel foon. En soos ek reeds gese het die fancy-dress se tema is sport en stokperdjies.
      Ek gaan gou die verf af was en skoon klere aantrek, my vlug is reeds 18:00.

      Liked by 2 people

        1. Dankie kameel, nee ek gaan beslis nie dans nie en ook nie musiek of TV aansit nie, ek gaan na die voels en die padda’s luister en bene in die lig le, glad NIE banting eet nie en geen spinasietert of blare nie…

          Liked by 2 people

  7. So ons verf vir ñ wyle, dan gaan ek en Wegkruipertjie duik? Ek trek sommer nou-al my duikpak aan, dis ok as daar verf op land. Die ding is, as ek eers weer aan die eet raak, kry ek later nie my lyf ingewikkel nie. Selfs die banting koekies gaan spasie vat!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s