Dis nie so maklik nie.

Jakkie Jakkals, bobaas duifvanger van die Kgalagadi, lê al douvoordag gereed by die watergat. Hy wag vir die dorstige duiwe en ander geveerdes om bekkies te kom natmaak. Hy is so ‘n glibberige vent en weet net hoe om met die omgewing saam te smelt. Die goue oggendlig verkleur sy pragtige pels en bevestig waarom hy bekend staan as ‘n rooijakkals…

_MG_0473

Nie lank nie, of daar is ‘n geruis in die hemele en honderde duiwe sak van heinde en verre, toe op die watergat…

_MG_0924

Jakkie gee hulle eers bietjie kans om rustig en op hul gemak te raak. Die spulletjie fladder en drink en skrop vir die vale, rondom die dammetjie…

_MG_0923

Die hongerpyne op sy maag, dryf hom tot raserny en hy besluit om saggies nader te sluip…

_MG_0929

Verwoed spring hy onder hulle in, hap links en regs, maar hulle is te vinnig vir hom…

_MG_0932

Hy probeer weer en weer en weer, sonder sukses. Later kom Jonas Jakkals ook daar aan en dis eens te veel vir die hongerige Jakkie, om sy vangplek met iemand anders te deel.

Hy is van nature ‘n glibberige kêrel en wys vinnig wie is baas…

_MG_0953

(Geïnspireer deur Toortsie en Kameel)

 

72 Replies to “Dis nie so maklik nie.”

        1. We are very worried, but it is elections next year and we have this populist fool who always plays on this theme when it gets to election time. He is very dangerous and spreads the lie that all ground was stolen from the blacks.Farmers bought their land and have put lots of effort and hard work into it. This guy just looks at the colonial past. He doesn’t seem to remember that the indigenous people also stole land from each other and chased each other all over SA in those times.

          Liked by 1 person

        2. Actually Jan van Riebeeck came in 1652,on behalf of the Dutch East India Company to establish a halfway house to the east. The Huguenots came a bit later and also British Settlers. Meanwhile other African tribes like the Zulus, Matabeles, Xhosas chased other groups all over the country, stealing cattle from each other and killing them.

          Liked by 1 person

  1. Baie dankie. Mooi soos altyd. As ‘n oud-skaapboer, het ek natuurlik, geen liefde vir ‘n rooijakkals nie. ‘n Vraag. Dink jy dit is die moeite werd om Bonito te besoek? Julle het immers duisende kilometers gekom en vir ons is dit maar so sewehonderd weg. Enige aanbevelings. Baie dankie.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir jou mooi woorde. Dit verg baie geduld, maar omdat ek so lief is vir die natuur, kan ek ure stilsit en wag vir die regte oomblik. Natuurlik neem mens baie floppies voordat die regte foto “gebeur”.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s