My vriendjies van die Kgalagadi

Kwassie die Witkwasmuishond is vroegdag al besig om smullekker kewers, termiete, springkane, grondvoëls en reptiele op hol te jaag. Hy staan ook bekend as Geelmuishond en Rooimeerkat. Hy is ‘n parmantige knapie en bly in ‘n kolonie saam met familielede in gate in die grond.

_MG_0592

_MG_0410

Stokkies die  Stokstertmeerkat, is immer op en wakker en ‘n voorbeeld van paraatheid..

_MG_1772

Bruintjie die Bruinhiëna, is ‘n sku skaam dier en hou nie van baie aandag nie…

_MG_0901

Blekie die Bleeksingvalk, sorg heeltyd vir grusame tonele by die watergat. Hier het hy die arme duif se vere kaalgepluk toe die stomme dingetjie nog geleef het…

_MG_0621

Koningin Katrien die leeu is letterlik keelvol vir al die peste en plae om haar kop. Junior en Meisie se oë rek oor die swetswoorde wat uit mammie se adelike mondjie glip!

_MG_1179

Die koning van alle konings, laat hom deur niks afsit nie en gluur vies na die kamera…

_MG_1206

Hy is eintlik heel verveeld met die lastige besoekers en begin daaraan dink om netnou om te kap vir ‘n lang slapie…

_MG_1204

52 Replies to “My vriendjies van die Kgalagadi”

  1. Ek is gaande oor meerkatte…. daar is iets komies aan hulle wat my altyd laat glimlag. Die foto van die leeu is beautiful!!!

    Like

    1. Hester ek was in trane tydens daardie voorval. Op die foto is hy al dood, maar ek het nog ‘n foto, waar jy net hierdie verskrikte dingetjie se angs kan sien, terwyl hy kaalgepluk word.Die natuur is uiters wreed!

      Liked by 1 person

  2. Ai Dina, as als volgens plan verloop gaan ons in Junie weer die Kalahari sien (dis 14 jaar sedert my vorige besoek!), en jou pragtige fotos maak nou al my mond water!

    As ek mag vra, in watter kampe het julle gebly, en hoe was die paaie toe julle nou daar was? En watter kruideniersware was in die winkels beskikbaar?

    Liked by 1 person

    1. Ons bly altyd in die boskampe, maar dis bitter moeilik om daar in te kom. Jy moet ‘n jaar voor die tyd bespreek.Gewoonlik Urikaruus, Kieliekrankie, Grootkolk en Garagab. Ons was nou ook ‘n nag by Bitterpan…pragtig, maar ek dink een nag is genoeg. Dan bly ons ook in Nossob om weer batterye te laai en vir brandstof.’n Baie goeie plek om oor te bly net voor jy in die park ingaan, is Kalahari Lodge, amper by die park. Dis goedkoper as Tweerivieren.Die paaie is redelik goed, maar kan nogal uitgery raak daar by Nossob, want daar is meer verkeer.Die winkels is redelik basies en het alles wat jy nodig het. Ons vat gewoonlik ons eie vleis en groente saam.

      Liked by 1 person

        1. Dis almal lekker kampe…miskien net meer mense. Nossob het nou 10 splinternuwe chalets bygekry. Julle verblyf gee vir julle die geleentheid om langs beide riviere te ry.Ek hou baie van die aria tussen Mata Mata en Urikaruus. Mooi watergate daar.

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +