Môre vat ons weer…

die langpad huis toe! Die padkos is gemaak, die honde se komberse is gewas, hulle leibande gepak, saam met ekstra koekies. Die bedjies is uitgeskud. Twee weke se duinsand, moet maar liewer agterbly.

Die tienliter waterkan staan gereed om gelaai te word. Ons ry nooit daarsonder nie, want uit ervaring het ons al sleg tweede gekom, toe ons voertuigprobleme gehad het.

Paspoorte, vormpies vir die vier grensposte en die hondepermitte saam met ‘n beursie vol Botswana Pulas, is die heel belangrikste items en lê al vroegdag gereed.

As afskeidsgeskenk, het ons vandag die mooiste sonskyndag belewe en heerlik saam met vriende langs die strand geëet. Wat ‘n lekkerte. Hier waar ek nou vir oulaas oor ‘n smaraggroen see uitstaar en met ‘n glasie wyn in die hand, die lieflike sonsondergang geniet, voel ek baie hartseer, maar uiters dankbaar oor die voorreg om hier te kon gewees het.

IMG_0276

IMG_0274

IMG_0275Ons sal twee dae lank van die lug af wees, liewe blogvriende. Sien julle weer anderkant in ons hartseerlandjie aan die Suidpunt van Afrika.

58 Replies to “Môre vat ons weer…”

        1. The Okavango swamps have been on my list for a long time. 😊 many more reasons to visit your neck of the woods. Did you just pass by or was that on another previous trip? (I’m in Colombia right with no so much internet, did you post about the Okavango?

          Liked by 1 person

        2. I’d seen both I think, since they were already liked. 😊 the elephant scene(s) are grand. Particularly where the elephant is raised and drinking with its trunk. Great shots (thanks for the links)

          Liked by 1 person

  1. Dit lyk so rustig daar….. toe gaan los jy ‘n bom in ons hartseerlandjie aan die Suidpunt van Afrika, dat ek nounog rooibosteesakkies deur die lug sien trek. Veilig ry!!!

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +