Klein Olla is ‘n kordate knapie en storm nader met wapperende ore…
Hy pluk ‘n tak van ‘n bos daar naby…
En slinger dit verwoed in die lug in…
Moenie met my sukkel nie, al is ek nog klein!
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
Klein Olla is ‘n kordate knapie en storm nader met wapperende ore…
Hy pluk ‘n tak van ‘n bos daar naby…
En slinger dit verwoed in die lug in…
Moenie met my sukkel nie, al is ek nog klein!
Hoe ouer mens word, hoe meer besef mens dat tyd niks is nie. Ek was nou die dag nog in die skool en onthou dinge asof dit gister gebeur het.
Skielik is my kinders so oud soos wat ek nou die dag was en ek sien hulle kry ook al plooie en grys hare. Dis skrikwekkend!
Hierdie ou foto’tjie is maar net ses-en-vyftig jaar gelede geneem…ag nee, ek kan dit nie glo nie!
Raai maar self watter een is die uwe…
Ek het hierdie blogger raakgelees. Sy skryf besonders en ek voel dat ek haar graag aan my medebloggers wil bekendstel. Met haar toestemming herblog ek hierdie inskrywing.
Ek was nog nooit lief vir paasbolletjies nie. Vreemd eintlik, want ek hou van kaneel – maar die kombinasie van die skerp kaneelsmaak en die onverwagse rosyntjies in die brood het my nog nooit aangestaan nie. ‘n Predikant-vriend het eendag vir my die simboliek van dié geurige bolletjies verduidelik, en nou is ek amper spyt dat ek dit nie graag eet nie, want die storie daaragter is eintlik so mooi!
Baie ander plante, speserye en kruie het ook simboliek en stories wat regtig fassinerend is. ‘n Mens kan nie anders as om te weet dat rose liefde simboliseer nie (daarvoor word ons alteveel daarmee gebombardeer teen 14 Februarie!) maar dit simboliseer ook oorwinning – die ou Romeine het graag roosblare in die pad van hulle terugkerende oorlogshelde gestrooi. Nou wonder ek oor die roosblaartjies wat ons so graag in die paadjie strooi wanneer ‘n bruid haar bruidegom tegemoet stap –…
View original post 394 more words
Siende my bestuurslisensie verval en ek ook ‘n nuwe ID kaart benodig, het ek besluit om hierdie week die onsmaaklike takie by die horings te pak.
Ek moes nou strategies dink…wanneer is die beste tyd? Middel van die maand het mense nie meer geld nie. Laatmiddag net voor sluitingstyd is die rye al goed weggewerk…jip! Dus, Maandagmiddag net na twee, sak ek en manlief daar by die verkeersdepartement in die ry in. Die gebou is vuil en verwaarloos. Jy moet jou loop mooi loop, want jy moet koershou oor los bakstene en mooitrap om ‘n groot gat in die teerpad te vermy. Dan is dit nog ligvoets spring om oorvloei water uit ‘n verstopte drein vry te spring. Die tuin, bestaan lankal nie meer nie en gras groei wild deur gebreekte sementblokke. In die verwaarloosde parkeerterrein sit lui verkeersmense in hul voertuie en klets op selfone. Suggg…ek wil sommer klaar my polse sny!
Binne sit rye mense in ‘n lang donker gang, maar jy val maar in by die punt. Nou is dit skuif-skuif van een grillerige warmgesitte stoel na die volgende een. Ek sit so op die punt, maar besef my rug sal nie dié posisie te lank verduur nie en sak maar gelate voluit neer in die bekiemde plastiekgerief. Hou maar net my hande weg van my gesig en haal vlakkerig asem en hoop ‘n slegte kiem sweef nie by een van my ooptes in nie!
Die proses verloop maar stadig, dog heel efféktief en na twee en ‘n half ure is ons by die eindpunt. Manlief het sy oogtoets tweekeer gedruip, maar gelukkig ‘n sertifikaat van die oogkundige gehad. Dit was ‘n slim skuif om laat te gaan, want as die deure agter jou sluit, is daar ‘n haastigheid by die personeel om vinniger te werk. Sug van verligting…nou net die gesogte lisensie oor ses weke gaan haal, dan weer asemhaal tot oor vyf jaar vir die volgende burokratiese martelsessie!
Dag twee…Dinsdagmiddag takel ek Binnelandse Sake. Ook massas mense so by die intrapslag, maar die deure sluit agter my en vinnig word die plek al hoe leër en leër. Hier vorder dit werlik fluks…geen vorms, geen vuil ink en vingerafdrukke nie, geen vooraf ID-foto’s nie. Alles word elektronies gedoen en toe ek wil betaal, kry ek die goeie nuus, pensioenarisse kry dit gratis! Een uur in en uit!!
Buite kry ek die opbeurende notatjie onder my motor se ruitveër:
My dag is gemaak!
Op 30 Maart 2018 om presies twaalf minute oor ses, het die maan pragtig vertoon op my gunsteling plek…
Drie dae later op 2 April om agtien minute oor ses, het die son só opgekom. Bokant die horison was ‘n dik wolkbank en die lug was potblou…
Oomblikke later het alles verkleur en heeltemal anders gelyk…
Die natuur is altyd vol verrassings!
Edelvalk (Lanner Falcon) besig om ‘n duif te ontveer…
Bruinslangarend (Brown Snake-Eagle)
Rooiruglaksman (Red-backed Shrike)
Maraboe (Marabou Stork)
Europese Troupant (European Roller)
Gewone Troupant (Lilac-breasted Roller)
Bruinarend (Wahlberg’s Eagle)
Jong Roofarend (Juvenile Tawny Eagle)
Geelkeelkalkoentjie (Yellow-throated Longclaw)…
Jong Berghaan (Juvenile Bateleur)
in die natuur, word duidelik, wanneer mens fyn waarneem en op sulke tonele afkom…
Hierdie arme zebra kon skaars loop na ‘n duidelike konfrontasie met leeus. Kyk hoe is sy agterbeen oopgeskeur. Sy voorpoot was ook gebreek en hy het verwese rond gehinkepink en probeer grassies vreet.
So lyk sy anderkant…
Soms na sulke ellendes, herstel diere tog goed, soos in hierdie geval…
Met ‘n af stert en effense skewe lappieswerk deur Moeder Natuur, is hierdie ou heel op en wakker en gaan aan met sy lewe…
Die ivoordraer wat ons in die Sabi-Sandreservaat gesien het…
Sy tande was nie so lank nie, maar baie dik…
Die ou het baie naby gekom en ons moes maar vetgee uit sy pad uit…
Op die laaste foto het ek met verwerking, ‘n filter gebruik, vandaar die verskil in lig en kleur.
Olifante bly een van my gunsteling diere.
Aprilmaand is die mooiste mooiste maand, maak nie saak wat die digter van Oktobermaand geskryf het nie.
Die invalshoek van die son is sodanig, dat die lig sag en helder is. Veerwolkies dryf in die hederblou lugpoel. Die plante is grasgroen en tot hul uiterste gegroei, voordat die koue van die winter hulle terugsnoei tot dorvaal takkies. Die bome begin net verkleur en hier en daar fladder ‘n blaar grond toe. Dis nog heerlik warm en ons agtertuin is ‘n lushof….
Die Koivisse kom vir oulaas mondevol kos soek, voordat die son sak…
OU Gelie is al twintig jaar oud en klim sommer amper uit die dammetjie uit…
Sy is die vraatsugtigste enetjie en eet uit my hand uit…suig amper my vingers af…
Die geruis van die watervalletjie sus my amper aan die slaap…
Sondagmiddag in my tuin…my eie klein paradys!
Ek was die langnaweek op ‘n luiperdmissie en dis wat gebeur het….
Dit is vier verskillende luiperds.
My stories
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
It's Religion, stupid!
Gedachten over Levensstijl Gezondheid en Fotografie
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
Myriad memories frozen in time
Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
British Wildlife & Photography
Writing - Photography - Lifestyle
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
persoonlike blog - cam venter
Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS
Simone Foedrowitz - Naturfotografie +