Sondagmiddag op ‘n helder herfsdag.

Aprilmaand is die mooiste mooiste maand, maak nie saak wat die digter van Oktobermaand geskryf het nie.

Die invalshoek van die son is sodanig, dat die lig sag en helder is. Veerwolkies dryf in die hederblou lugpoel. Die plante is grasgroen en tot hul uiterste gegroei, voordat die koue van die winter hulle terugsnoei tot dorvaal takkies. Die bome begin net verkleur en hier en daar fladder ‘n blaar grond toe. Dis nog heerlik warm en ons agtertuin is ‘n lushof….

IMG_0284

Die Koivisse kom vir oulaas mondevol kos soek, voordat die son sak…

IMG_0297

OU Gelie is al twintig jaar oud en klim sommer amper uit die dammetjie uit…

IMG_0303

Sy is die vraatsugtigste enetjie en eet uit my hand uit…suig amper my vingers af…

IMG_0298

Die geruis van die watervalletjie sus my amper aan die slaap…

IMG_0319

Sondagmiddag in my tuin…my eie klein paradys!

50 Replies to “Sondagmiddag op ‘n helder herfsdag.”

  1. Kom vergelyk Oktober en April in die Kaap… dan sal jy verstaan waarom Louis Leipoldt eerder Oktober die mooi maand gemaak het :). ek het vandag weer gaan stap maar my stapmaat het naar geword en ons het omgedraai. Maar ek het net besef hoe dor dit in die Kaap is. My kinders was nog net een maal in Johannesburg in Junie en die dooie gras danksy die ryp was vir hulle glad nie mooi nie. Maar ek het nie ver van die lughawe groot geword so die Witwatersrand is vir my spesiaal.

    Liked by 1 person

    1. Dis waar,Abrie. Ek haat die winter hier…dis so vuil en stowwerig. Oktober en November is steeds lelik en vaal totdat dit reën. Lous Leipoldt het natuurlik ‘n Kaapse Oktober beskryf..pragtig na die winterreënseisoen. Ek hoop julle kry goeie reën hierdie winter.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s