Die bitter en soet…

in die natuur, word duidelik, wanneer mens fyn waarneem en op sulke tonele afkom…

_MG_2640

Hierdie arme zebra kon skaars loop na ‘n duidelike konfrontasie met leeus. Kyk hoe is sy agterbeen oopgeskeur. Sy voorpoot was ook gebreek en hy het verwese rond gehinkepink en probeer grassies vreet.

So lyk sy anderkant…

_MG_2641

Soms na sulke ellendes, herstel diere tog goed, soos in hierdie geval…

_MG_2789

Met ‘n af stert en effense skewe lappieswerk deur Moeder Natuur, is hierdie ou heel op en wakker en gaan aan met sy lewe…

_MG_2783

 

67 Replies to “Die bitter en soet…”

  1. Ek staal myself maar as ek so iets sien, en fokus my gedagtes op die feite en beloop van die natuur. Geen manier wat ek die jammerkry kan toelaat nie, want genade, dan sal ek net heeltyd sit en tjank.

    Liked by 1 person

  2. Ons het onsself aan die een kant so afgeskerm van die natuur (en aan die anderkant die res verwoes en afgemaai), dat mens dink sulke dinge is wreed. Beter Leeu as Oom Vet-pens-met-sy-geweer.

    Liked by 1 person

    1. Ek voel ook altyd ontsteld daaroor. Gelukkig is die natuur soms genadig en word die dier vinnig uit sy ellende verlos deur hiënas of ander roofdiere. Die lyding is dan nie lank en uitgerek soos by mense nie.

      Liked by 1 person

    1. That is a natural recovery. No human intervention is allowed in these natural areas. Nature does it all by itself. The first zebra would have been put out of its misery by hyenas or other predators by now. If it lives, it could recover like the second one in my photo’s.

      Like

      1. That’s very interesting – I understand that animals get injuries, and that makes them easy prey. Also that sometimes they do heal on their own, depending on the injury, but that last photo, the wound looks like it was sewn up!

        Liked by 1 person

  3. Goeiste! Ek kan my nie indink hoe die sebra sou kon wegkom na sy been gebreek het nie? Nou is ek vrek nuuskierig oor wat plaasgevind het!
    Dit is vir my altyd wonderlik om te sien hoe wilde diere van beserings kan herstel wat mense binne n paar ure sou laat omkom het…

    Liked by 1 person

    1. Dit was beslis ‘n leeu wat hom beetgehad het. Ons het die volgende dag gaan kyk of hy nie intussen deur hiënas of leeus platgetrek is nie, maar hy was nêrens in sig nie, ook nie ‘n karkas nie.Lyk my hy het iewers gaan wegktuip om te herstel, soos die een op my volgende foto. Ons veldwagter het gesê hy sal ons laat weet as hy nuus het oor die zebra se lot.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s