In hierdie huishouding is drie diertjies wat hul mammie en pappie netjies toegeknoop het in ‘n sakkie.
Ons eerste honde moes altyd buite slaap en is nooit in die huis toegelaat nie. Na die huisvol kinders elkeen hul rigting gekry het, trek twee Schnauzers hier in en doen net wat hulle wil. ‘n Derde een voeg hom ‘n jaar later by die spannetjie, toe sy ma die pad vat om in Sjina te gaan skoolhou. Aanvanklik is die outjie bietjie soos ‘n vyfde wiel aan ‘n wa, maar vind mettertyd sy plekkie in die span.
Ons het nie ‘n wekker nodig nie, want soggens presies halfses, winter en somer is daar ‘n gekrap aan die deur en is dit beenligtyd, kosgee, nog ‘n draai loop vir sponsdorings en dan met koekies elkeen terug in sy mandjie vir nóg ‘n slapie. Dankie, nou sit die mammie en pappie regop vir mekaar en kyk, terwyl die stouterds weer heerlik slaap! Ons drink dan maar koffie met ‘n stukkie beskuit en het ‘n heerlike geselsie met mekaar.
Later is dit speeltyd, wat altyd ontaard in ‘n geveg. Elke reun het presies dieselfde speelding, maar hul gryp heeltyd mekaar s’n. Tienkie, die tefie, lê net en kyk vir die testosteroonbelaaide gedoente en lek liewer haar pote, ‘n gewoonte soos naelskou.
Na nog ure se slaap, kef vir hadidas op die grasperk, slaap, kef vir wie ookal die deurklokkie lui, weer slaap, ontwaak hulle laatmiddag en begin woes speel met mekaar. Soms gaan dit so rof, dat hulle oor die stoele en banke in die sitkamer hardloop, dat jy net kussings sien waai. Hulle trek mekaar plat, byt mekaar aan die agterbene, rol rond, grom. Dit klink verskriklik, maar hulle speel so saggies met mekaar en kry selde seer.
Saans na ete word hulle netjies toegemaak in die badkamer, elk in sy mandjie. Môre is nog ‘n dag. Dis nou ‘n hondelewe!
Neelsie, die jongste…
Tienkie en Frankie…
Hul dag bestaan omtrent uit 21uur se slaaptyd!
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Dis nou ‘n lekker hondelewe…. kan ek maar by jou kom bly?
LikeLiked by 2 people
Jy sal dit so geniet…eet, slaap,speel!
LikeLiked by 1 person
Veral nou in die winter!!!
LikeLiked by 1 person
Ze hebben een fijn leventje daar bij jou
LikeLiked by 1 person
Mens moet goed omsien na diere. Dankie vir inloer Merel.
LikeLike
Hulle is pragtig en hoe kry jy hulle in die mandjies in om daar te slaap? Genis slaap onder sy pa se bed met pa se ou baadjie as ‘n kombers. Wee jou as jy waag om hom daar te probeer uithaal. Net soos sy pa, loop hy rond in die nag en eet, drink en snork om die beurt. Ek probeer om hulle albei in hulle eie kamer te laat slaap, maar vergeefs.
LikeLiked by 1 person
Hulle is so geleer…saans elk in sy eie kooi, badkamerdeur toe en daar bly hulle tot vroegmôre. Wees verseker, bedags lê hulle op stoele, beddens en skote!😳
LikeLiked by 1 person
Genis is natuurlik tot in die afgrond bederf – deur sy pa en nou ly ons almal daaronder. Ek en hy baklei gereeld oor ‘n sitplek voor die TV.
LikeLiked by 1 person
Hahaa, klink bekend. Frankie grom as ek hom skuif om my sitplek terug te kry.
LikeLiked by 1 person
Wat een lieverds ….
LikeLiked by 1 person
Dankie Gerrit…hul maak ons lewe baie aangenaam…gee net liefde.
LikeLike
Wat zien ze er schattig uit Dina! 😍
LikeLiked by 1 person
Dankie Matroos. Hulle verskaf ons baie vreugde.
LikeLiked by 1 person
Dat kan ik goed geloven!
LikeLiked by 1 person
Als die hondjes het huis uit zijn, mag ik dan in zo’n mandje komen slapen?
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie of ‘n Pannenkoek in die mandjie sal pas nie!
LikeLiked by 1 person
Ik kan mezelf heel klein oprollen!
LikeLiked by 1 person
O ja, ek het vergeet…mens kan pannekoeke oprol!😉
LikeLiked by 1 person
Wat een mooi leven hebben jouw hondjes. Heerlijk zoveel dieren, ook in het wild, om je heen.
LikeLiked by 1 person
Hulle is net ‘n plesier.Dankie vir inloer,Harme.
LikeLiked by 1 person
Ek wil ok ‘n hondjie op jou skoot wees. 😁 🐶
LikeLiked by 1 person
Dis die beste plek om te wees…ek kan dit waarborg!
LikeLiked by 1 person
Ek glo dit beslis!
LikeLiked by 1 person
Jy herinner my aan my eie kind – vandat sy so 2 jaar oud was het sy Saterdagoggende by ons kamer ingeloop die gordyne oopgetrek en aangekondig: opstaan opstaan son skyn!
LikeLiked by 1 person
Oulik! Ja hierdie hondjies maak ons gedaan vroegoggend.
LikeLiked by 1 person
21 hours sleep in the day sounds barely enough. 😉
LikeLiked by 1 person
Far too little sleep!🤣
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLiked by 1 person
Kostelik en dierbaar. Pelskinders is kosbaar…altyd bly om jou te sien
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Hanneliese…lekker as jy inloer!
LikeLiked by 1 person
Heel plezierig om te lezen. Ik ga je met veel plezier verder volgen. Groetjes vanuit Antwerpen.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek waardeer dit en sal jou blog ook volg.
LikeLike
Dit klink bekend 😉
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer, Linda.
LikeLiked by 1 person