Wanneer emmerskop ‘n werklikheid raak!

Perdeby het ‘n helse twee dae agter die rug! Woensdagaand na ete, pak ‘n pyn soos min, my op die krop van my maag! Met ‘n geskiedenis van obstruksie, was dit weer sulke tyd.

Twee dae lank kreun en steun ek, besoek dokter, xstrale en ja, niks lekker in daai perdebylyf se ingewande nie. Volg dokter se instruksies, maar gisteraand tienuur, karwei manlief my ongevalle toe. Die pyn en naarheid was ondraaglik en ek voel ek gaan enige oomblik lepel in die dak steek.

Met ‘n drup vol medikasie in my arm ingepen, voel ek sommer gou beter. Later in ‘n saal opgeneem en vanoggend ‘n spesialis gesien. Gelukkig het die obstruksie, soos twee kere vantevore, self losgekom. Nou is ek weer tuis, pap, maar dankbaar dat ek nie die emmer geskop het nie!

Ek besef weereens hoe vinnig mens se lewe kan verander. Die son skyn en ek sit heerlik in my gunsteling stoel met ‘n koppie tee.

Heerlike naweek vir al my blogvriende.

86 Replies to “Wanneer emmerskop ‘n werklikheid raak!”

  1. Wat een verhaal ik hoop dat het nu heel lang goed blijf gaan met je.
    Weet uit ervaring hoe snel het kan veranderen dus doe kalm aan en laat je lekker verwennen dat is het beste medicijn.

    Groetjes Frans

    Liked by 2 people

    1. Ja, ek ook, Frannie. Twintig jaar gelede is ek van bo tot onder oopgesny en het by die dood omgedraai met ‘n obstruksie. Sedertdien gebeur dit steeds, maar kon darem elke keer self regkom.Ek vind dit geweldig traumaties.

      Like

  2. Dis daai perdebylyfie, die obstruksie vind plaas net daar waar die dun middeltjie die kos voorkeer! Nee, ek moenie grappe maak nie, jare se ondervinding met my ma se maagprobleme het my geleer hoe aaklig so ‘n toestand die lewe vir jou kan maak. Ek is bly jy voel weer beter.

    Liked by 2 people

    1. Dis juis hoekom ek so dun is…versigtig wat ek eet😂
      Dis ‘n ellendige toestand en slaan toe wanneer jy dit die minste verwag. Een oomblik ” minding my own business”.. volgende oomblik wil jy sterf vd pyn!

      Liked by 1 person

  3. Ach Dina toch. Hopelijk gaat het nu beter. Je doet mij aan mijn broer denken. Die heeft dat ook soms en hij is er ook al aan geopereerd. Zijn darm draait zich soms en sluit dan alles af. Dat is heel pijnlijk en heel lastig aan maag en in darmen. Sterkte Dina!

    Liked by 1 person

    1. Hahaaa, Dries! Ja ek wil ook nie. Is mens ooit reg daarvoor?Elke keer as dit gebeur, besef ek weereens hoe waardevol gesondheid en mens se lewe is. Baie dankie dat jy altyd so getrou hier inloer.

      Liked by 1 person

  4. Oei…. ik zag je naam staan en klik erop. een prachtig blog heb je, maar ziek zijn, néé dat wil een mens niet, gezond blijven vanaf nu dan maar hé en lekker genieten van het leven ❤

    Liked by 1 person

      1. Jy weet ek dink in prentjies….een vd comments praat van die dun gaatjie waar die kos moet af en blokkeer… tpe sien ek sommer hoe sukkel die kossies om af te gaan. Ek dink jy moes in die verlede baie swaarkry “afsluk” dat niks meer wil af … sterkte mensie

        Liked by 1 person

  5. Lewe lank… lewe lekker, lewe sonder pyn! Gn ge lepel in die dak steek nie, dankie! Ek hoop werklik dinge bly goed!
    Ek geniet jou kuiertjies by my en om hier ‘n draai te gooi… smuit weg daai emmer! 😉

    Liked by 1 person

  6. Agge nee perdebytjie lees dit nou eers raak. Dit gebeur as ‘n mens drie dae nuus in ‘n nuwe boek sit. Bly jy is beter en hoop jy is spoedig weer up and about.

    Liked by 1 person

      1. Ja dankie… moet 18de weer nuroloog toe. Het intussen ‘n nuwe blog begin…. langs Toorts ingetrek 😊 My muwe blogadres is in my laaste skrywe by Toorts. Vertrou jy sal by my kom kuier 😊

        Liked by 1 person

    1. Ek het orals bandvergroeisels in my ingewande, agv vorige operasies soos histerektomie en blindederm. Dit veroorsaak vernouings en eenkeer is my dunderm heeltemal toegeknyp…amper dood gewees.Dis ‘n aaklige situasie, want daar is nie veel wat gedoen kan word nie.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +