Voortvarendheid van die jeug

Ek lag altyd lekker in my mou as slim jeugdiges hulle vasloop. Nie omdat ek ‘n nare  geaardheid het nie, maar omdat vandag se jongmense meestal dink dat die ouer garde, op ons beste, totaal onkundig, onnosel, onervare, pottoe, tegnologies gestremd, agter die klip en wie weet wat nóg is!

Die ironie is, dat wanneer die “kundige”, alwetende jongmense hulself vasloop, is dit gewoonlik die ou ballies en tannies wat hulle uit die verknorsing moet red!

Hierdie is ‘n tipiese voorbeeld en ‘n geval van “fools rush in where angels fear to tread”…

IMG_9603

Hierdie twee jongmense het dit goed gedink om met ‘n piepklein gehuurde motortjie, die Kgalagadi se sandpaaie aan te durf. Terwyl die sand nog koud was, het dinge vlot verloop, maar hoe later en warmer…sand is nie jou maat nie, veral nie as jy met styfgepompde bande daar probeer ry nie!

Die ou ervare deel van die mensdom moes maar inklim en help…

IMG_9602

 

66 Replies to “Voortvarendheid van die jeug”

        1. Ag en het hulle dit geniet! Op die end moes hulle met ‘n tou uitgesleep word. Die grap is, mens mag nie uit jou motor klim nie en as parkeraad ons gevang het, was dit R500 boete vir elkeen! Die regte prosedure was om iemand van parkeraad in die naaste kamp te laat weet en hulle sou dan iemand uitstuur om te help. Dit kon etlike ure duur in die bloedige son.

          Liked by 2 people

  1. Perdebytjie het jy nie al jouself sit en verwonder oor die “cheek” wat jy as jongmens gehad het nie…. of was dit net ek. Ek skud partymaal my kop in ongeloof oor my voorbarigheid. Een goeie ding wat saam met ouderdom gekom het is meer common sense. 😕

    Liked by 2 people

    1. Ek het presies daardie houding gehad as jongmens. Eintlik is dit heel natuurlik, anders sal mens op ‘n hopie gaan sit en niks aanpak nie.Saam met ouderdom en common sense kom ook ‘n goeie skoot sinisme, wat nie altyd vir my mooi is van myself nie.😉

      Liked by 2 people

      1. Ek dink ek sou myself ook in so verknorsing kon kry. Gelukkig ry ek nou ‘n lekker groot Patrol. Dit maak avonture makliker. As ek net nie bande afskryf nie, want dit doen ek te veel.

        Liked by 1 person

        1. Haha. Ek weet, net omdat my man weet en in beheer is van daai goed as ons ver ry. Ek het bande op ander maniere afgeskryf.. soos om skeef oor ‘n cattlegrid te ry!! En deur doringbosse en sulke vreeslike goed. My man wil vir my ‘n fiets koop. Ek sien al hoe pak ek die grondpad dorp toe met ‘n fiets aan, met my dogtertjie in ‘n fietstoeltjie soos die mense in Nederland doen.

          Liked by 1 person

        1. Net een baie dik sandkol…andersins is dit nie te sleg nie. Hulle sleep darem gereeld die paaie met ‘n groot trekkerband. In seisoen kan dit nogal kwaai sinkplaat raak, veral daar rondom Nossob met baie verkeer.

          Liked by 1 person

  2. Reminds me of an old game. Stuck in the sand? Or was it in the mud?
    😉
    And reminds me of a 200 yard stretch inAmboseli, Kenya we took two hours to cross during the rainy season. Stuck in the mud!
    😉

    Liked by 1 person

      1. Die een is blond van haarkleur en die ander eed van geaardheid. Ek (wat geen hare het sodat ek nie van blondheid beskuldig kan word nie) moes vandag amper ‘n vriend bel om my te kom uitsleep, nadat ek ‘n boom gaan plant het langs ‘n rivier

        Liked by 1 person

  3. I guess you all finally got the car going again…the American West has many, many roads that are difficult to navigate in “normal” cars, so this looks familiar, even though the landscape isn’t the same. We have websites for hiking that will give you very precise advice about what kind of car can go how far on a given road….but that kind of data isn’t something one can expect to access world wide! 😉

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +