‘n Besondere plek…

is diep in die duine van die Kgalagadi weggesteek. ‘n Mens kan net met ‘n eenrigting tweespoorpad en 4×4 daar uitkom…

_MG_1608

Dis bult op en bult af…

_MG_1605

deur pragtige landskap…

_MG_1602

en soms tonele van verwaarlosing…

IMG_9586

en dinge uit vervloeë dae…

IMG_9588

Dan sien jy dit, half toegegroei deur gras…

IMG_9537

‘n Klein oase in die woestyn…gebou op stelte…daar is net vier eenhede…

IMG_9549

Die gemeenskaplike kombuis…

IMG_9541

Die middel van die klein kompleks het ‘n gemeenskaplike braaiplek ook…

IMG_9576

Elke eenheid het sy eie badkamer met stort, wasbak en toilet, plus gasverwarmer. In die winter word dit snerpend koud hier…

IMG_9551

Alles netjies gedoen met riete en tentseil…

Klein intieme tentkamer met skoon beddegoed en bloedrooi komberse…

IMG_9545

Miskien bietjie naby aan mekaar en nie klankdig nie, maar wie gee daaroor om?

IMG_9577

Elkeen het sy eie omheinde erfie en braaiplek…

IMG_9548

wat ‘n vals gevoel van veiligheid skep, aangesien koning leeu pas nadat ek dié foto geneem het, ewe rustig hier verby gestap het…

_MG_1557

en gaan lê het by die pan, Bitterpan…

IMG_9556

 

 

 

 

 

 

 

 

64 Replies to “‘n Besondere plek…”

      1. Jou foto’s is onweerstaanbaar en roep so baie gedagtetjies by my op, bv. “O, u majesteit – watter waardigheid!”; “Ag, mag ek nooit soos daardie arme ou windpomp voel – of lyk! – nie”; “Is Koning Leeu iewers op die foto van Bitterpan verskuil?”; “Hmm, ‘Bitterpan’ – waarskynlik letterlik en figuurlik bedoel…”

        Liked by 2 people

        1. Die pan is die meeste van die tyd dolleeg en die water is heelwaarskynlik vreeslik brak as daar wel water is. Koning leeu is iewers uit die prentjie, want ek het die foto die volgende dag geneem.. Toe was hy al iewers aan’t slape na ‘n dikvreetsessie.

          Liked by 1 person

    1. Die pragtige rooi duine van die Kalahari…wanneer daar baie yster in die sand is, het dit deur die eeue geoksideer en dit gee die rooi kleur. Daar is duine wat selfs baie rooier is as hierdie. Hoe rooier, hoe ouer.

      Liked by 2 people

    1. Mens kan egter nie te lank daar bly nie Dries…net een nag oorslaap, want die pad is eenrigting en moeilik om dan vir wildrit te gaan. Jy moet heeltemal terugry hoofpad toe en vandaar weer die eenrigting vat kamp toe

      Liked by 1 person

      1. Ek was altyd onder die indruk die kort verbinding met die duinepad tussen Kamqua en Dikbaardskolk laat twee-rigting verkeer toe as jy op Bitterpan tuisgaan. Dis goed jy het my reggehelp – dankie Dina!

        Liked by 1 person

        1. Mens kan darem ‘n wildrit doen as jy langer as een nag bly. Volgens hierdie inligting..Only a one-way 15 km game drive, however visitors staying longer than one night may use the escape route to Moravet to go onto the tourist routes and back.

          Liked by 1 person

  1. Ai… ek wil soentoe… voor daai emmer geskop moet word moet ek soentoe!!!

    Ek sal maar aleen met vroutjie moet gaan… ek snork gans te hard… volgens haar! Sal tog te lekker wees om daar vir die wolke to skreew… net so vir die grap! 😉

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +