Onbevange pret!

Na my ontsettende negatiewe skrywe van gister, gebeur daar gisteraand ‘n heerlikheid wat ek lank sal onthou.

Swakopmund se Duitse gemeenskap, hou al die laaste 33 jaar jaarliks karnaval. Hulle noem dit Küska (Kuskarnaval). Ander dorpe in Namibië het ook hul eie karnavals. So byvoorbeeld heet Windhoek s’n Wika.

Hierdie hele week is daar elke aand ‘n ander program vol pret en stoutighede, in aanloop tot die hoogtepunt van die vlotparade, Saterdag. Gisteraand was die Mixed Evening en daar is heelwat Afrikaans en Engels gepraat, sodat buitestaanders dit ook  kon geniet…

IMG_0366

Dit was ‘n aand vol sang, vrolikheid en lawwighede. Manne met snaakse harlekynhoede op het gesorg vir baie pret. Daar was selfs ‘n prins met ‘n harlekynhoed gedos met die langste fisantvere wat ek nog ooit gesien het. Dit het gedurig in almal naby hom se oë ingeswiep, soos wat hy sy kop draai. Aan sy sy was ‘n prinses ook. Hierdie twee se funksie was om elke deelnemer aan die program, ‘n dop te laat sluk uit ‘n gemeenskaplike beker, wat wonderbaarlik nooit leeg geraak het nie!

Die program het bestaan uit verskeie dansitems en dan was daar verskillende stouterds, wat twakstories in digvorm voorgedra het….sommige baie stout en met luide toejuiging van die gehoor en ‘n dawerende geboem-boem, van die uitstekende tweeman orkes. Dit was ‘n spottery met politiek en alledaagse gebeure in die dorp.Tussendeur het die dop gevloei en mens kon pouse heerlike kos koop.

Die jaar se tema is …

IMG_0363

En daar was verskeie stout popstories op daardie verhoog vertel! Daar was selfs ‘n lewensgrootte opblaaspop…ek sê niks verder nie, behalwe dat die gehoor histeries van die lag was. Soos die Engelse sê: ” We let our hair down”.

Vir ‘n wyle is alle sorge en bekommernis opsy gestoot en was almal net heerlik laf, verspot en simpel….getimmer op die tafels, voete gestamp, ingehaak, gesing en gewieg op vrolike Duitse musiek. “O brandewyn laat my staan” en “Die gezoem van die bye” van Des en Dawn Lindberg van toenterjare, was ook deel van die musiekrepertorium. Natuurlik met stout wysigings, soos “die springbokke spring en die kakkerlakke ..k!”

Temas van die afgelope jare…

IMG_0364IMG_0365

Die deurlopende boodskap van gisteraand was, dat niemand ‘n mens se pret kan steel nie.

Ek wil baie dankie sê aan hierdie vrolike klomp mense wat vir n wyle die donker wolk van my skouers afgelig het.

Nou wag ons vir Saterdag se vlotparade deur die strate en dan is die Perdeby, manlief en brakkies Maandag weer oppad terug na die land sonder elektrisiteit, water en dienste.

46 Replies to “Onbevange pret!”

  1. Wat mooi om te zien dat aan de andere kant van de wereld een Duits feest gevierd wordt. 😁😁😁Je verwacht het niet. Zelfs iets met buten. Klopt het dat dat een ton is waarin iemand plaats neemt en grappen verteld?

    Liked by 1 person

  2. Ek dink daar was meer as net hare neergelaat!!
    Sies… naakte afblaas poppe – sies!!
    Dis so goed om te hoor mense kan nog lekker lag en ‘n bietjie vuil pret op ‘n skoon manier hou!!
    Ai ja… ek lees en vertaal vir my vrou… terug na die land van melk en heuning…
    dit is hoekom ek in die goue tronk hier bly… ek mag maar terug gaan waneer ek wil… maar ek sal moet alleen gaan en dan lang afstand sorg vir die een met die mooi kuite! 😉

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +