Perdeby is met die maan gepla.

Daar is soveel foto’s geplaas van die geskiedkundige maansverduistering, dat my bydrae ook afgesaag sal wees. My beskeie poging, vryhand deur die kamervenster,want dit was ysig buite…

IMG_9915

IMG_9917

Wat ek egter gedoen het, was om die volgende oggend, douvoordag die sakkende maan (toe reeds weer helder) te vang terwyl dit agter die bome onder gaan. Dit was vrek koud en spookagtig en ek het enige oomblik verwag dat Liewe Heksie op haar besem ook daar verby sou vlieg…

IMG_9922

IMG_9920

IMG_9923

IMG_9924

Nog is dit nie die einde van my maangeplaagdheid nie. Sondagaand se verrysende volmaan het my in ekstase gehad…

_MG_3339

_MG_3335

 

54 Replies to “Perdeby is met die maan gepla.”

    1. Dankie Frannie…ek was omtrent besig met die maan…die hele naweek! Elke oggend ook vroeg op om dit te sien sak. Ons was in Dullstroom omgewing, dus was daar nie geboue in die pad nie, net lieflike natuur en oop horisonne.

      Liked by 1 person

      1. Wonder of enigiemand anders so ‘n volslae mislukking van maankyk gemaak het soos ek daardie nag! Het drieuur in die huis rondgedwaal (soetjies, soetjies, want almal slaap) en die maan probeer raaksien by die vensters uit en kon die ding net nie onder oog kry nie!

        Liked by 1 person

        1. Die verduistering het al halfnege begin. Hierdie foto’s het ek so halfelf geneem en toe gaan slaap. Dalk was dit nog stikdonker verduister toe jy begin soek het. Ek kry lekker lag vir jou poging, Frannie. Hierdie naggedoentes is ook nou nie vir almal bedoel nie!

          Liked by 1 person

  1. Dit is pragtig perdebytjie. Het die hele maanstorie gemis…. vroeg in die bed gaan klim want ek wou verkluim. Die maan behoort beter te geweet het as om op so ‘n koue aand in alle glorie te verskyn. Mooi dag vir jou!!!

    Liked by 1 person

  2. Jy’s gelukkig… jy kon fotos kry… hier het die wolke on pret bederf… en het ons ook goed reën gekry… so ek het nodig om jou fotos te sien! Dankie!!
    (Moenie worrie nie… ek blaf ook vir die maan!!) 😉

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s