Gedenktuintjie vir geliefdes

Verlede naweek het ons as familie bymekaar gekom en ‘n gedenktuintjie vir ons ouers, onthul. Dit was op skoonma se verjaarsdag en sy sou 93 geword het. Ons het sommer haar assies gestrooi en as familie ‘n heerlike gesprek gehad oor ons vier ouers en ons kinders se grootouers. Almal het ietsie vertel oor wat besonders was van hierdie vier wonderlike mense. Daar was geen hartseer nie, net heerlike onthou en lekker grappies.

Al vier was lief vir die natuur en ons keuse was ‘n lieflike hoekie in die natuur…

_MG_3244

Op twee bankies se hoeke het ons naamplaatjies laat aanbring, die bankies toegegooi, foto’s bo-op gesit en dit later onthul…

_MG_3286

Daarna het ons ouma se assies in die poeletjie, wat deur ‘n fontein uit die berg gevoed word, gestrooi..

_MG_3285

Daar gaan Ouma se assies. Sy was bietjie onnutsig en het in ons oë gewaai, saam met ‘n skielike rukwindjie wat opgekom het…

_MG_3318

Die naamplaatjies vir ons vier geliefdes…

 

Elk met ‘n onderskrif wat iets van hul karakters sê.

Na die tyd het ons ‘n vuurtjie aangesteek en heerlik vleis gebraai en vier wonderlike lewens gedenk.

51 Replies to “Gedenktuintjie vir geliefdes”

    1. Ons het ‘n naweekplek buite die stad. Dis so drie uur se ry per motor. Dis in die natuur, weg van lawaai en mense. Agter die huis is hierdie stukkie natuur met wilde bome en plantegroei,waar die tuintjie ingerig is.

      Liked by 1 person

  1. Wauw.. Wat een prachtig plekje en mooie gedenkplaten, en wat moet dat een mooie dag geweest zijn! Verdrietig ook. Maar het is ook goed hè.. Mooi afgesloten tot zover dan, want helemaal uit je gedachten zijn deze mensen nooit. Krijg een brok in mijn keel, want ik had ook heel erg lieve en goede ouders én schoonouders!

    Liked by 1 person

    1. For my parents and in laws. Isa was my mom. It was a wonderful way to remember our loved ones. Mom in law passed away in November last year and it was her ashes that we sprinkled in the little dam.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +