93 Replies to “Nog ‘n paar gunstelinge uit my argief.”

        1. Wil nog graag Pilanesberg, Mokala en Kgalagadi toe. En weer Karoo en Augrabies gaan kuier. Hier by Kaappunt is baie lekker oornaghuise, doer in die ongerepte veld. Tussen bontebokke, volstruise en zebras. Reg teen die see.

          Liked by 1 person

        2. My grootste droom. My pa wou net altyd Kruger toe, nie dat ek omgee nie, maar so het ons nooit die meeste ander gesien nie. Was darem by Mabula, Letaba Ranch, http://www.steenbokkie.co.za, Bontebokpark en ek leef reg langs die uitgebreide Tafelberg Nasionale Park wat strek oor bykans die hele Suidelike Skiereiland.

          Liked by 1 person

        3. Die Steenbokkie plek lyk oulik! Ek was darem al in ‘n gedeelte van die Tafelberg Nasionale Park en dan ook by De Hoop Natuurreservaat daar in julle provinsie. Lg. is klein maar besonders, veral vir voëlkyk.In Natal is daar ook Mkuze, Hluhluwe en Pinda…pragtige plekke!

          Like

        4. Steenbokkie is ‘n private parkie van so 8000+ ha en heerlike geriewe, ook baie netjiese kampgeriewe. Ons was in 2016 laas daar maar wil graag weer gaan.

          Liked by 1 person

        5. Bly gerus ‘n dag of twee oor. Daar is ook diere wat Dries-hulle van ‘n gewisse dood gered het, bv ‘n zebra, springbokkie, ens op die werf. Die wildebeeste stap soms snags in die kamp rond. Daar is drie soorte springbokke, takbokke, elande, giraffes, kudus, ens.

          Liked by 1 person

        6. Ek waardeer sulke mense, wat op eie koste probeer om vir diere ‘n beter lewe te gee. Sal nou moet ‘n rede soek om Kaap toe te ry, sodat ons daar kan aangaan.

          Like

        7. Sit dit op jou lewenslysie om Kgalagadi toe te gaan. Dis net vir my ‘n wonderlike plek…val nie in almal se smaak nie, maar dis anders as die Kruger en enige ander reservaat waar ons al was.

          Like

        8. Maak werk daarvan. Mens moet lank vooruit bespreek, ten minste ‘n jaar vooruit vir die klein boskampies. Dis ons gunstelinge, maar dit raak deesdae al hoe moeiliker, hoe meer buitelanders die plek ontdek.

          Like

        9. Tans vir my buite die kwessie om boskampies te doen, sal maar by die groter kampe moet oorbly. Kan piepklein stadsmotortjies daar ry?

          Liked by 1 person

        10. Nee, ongelukkig is die paaie sanderig en soms swak. Die groter kampe is heel goed. Nossob is effe afgeleefd, maar daar is pas tien nuwe hutte geopen.Dis ‘n ou park, met baie probleme ook. Mens moenie te veel verwag nie, maar die dierelewe is besonders.

          Like

  1. Ek dink nog steeds jy het genoeg materiaal vir ‘n pragtige koffietafelboek. Jou fotos is uitsonderlik mooi. My gunsteling? Die verkleurmannetjie-fotos. Daai ou daar heel bo met die muis in die bek – sê vir hom hy moet sy mond oopmaak asseblief!

    Liked by 3 people

  2. Ek is huiwerig, om te sê, dat ek nooit in die Wildtuin of enige van die Nasionale Parke was nie, maar gelukkig, het ek jou fotos, om te kyk. ‘n Hele paar keer, hierdie versameling, deurgeblaai en plaas, byvoorbaat ‘n bestelling, vir daardie boek. Daardie verkleurmannetjie, ongelooflik. Hoeveel van die mistieke klipmense, is daar nou en hoeveel het julle al raakgeloop? Baie dankie, vir die deel.

    Liked by 1 person

    1. Ek is bly jy kan die natuur saam met my beleef, Danie.Ek weet nie hoeveel mannetjies daar is nie. Ons het nog net vier raakgeloop. Die een was stukkend, toe het ek hom nie afgeneem nie. Ons vriend wat ‘n gids is, het vir my nog 4 foto’s van mannetjies gestuur, wat hy op sy reise gesien het. Ek sal later ‘n blog daaroor doen.Ek het dit iewers gefile en ek weet nie waar dit is nie…tegnologie, tegnologie!😝

      Like

        1. Nee, hierdie beelde staan orals in die ongenaakbare landskap van Namibië. Die elemente se aanslag is fel. Die klippe word aanmekaar gehou deur ysterstawe en dit roes baie. Dit lyk of die beeld net nie goed genoeg geanker was nie.

          Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +