Blogkaleidoskoop..hoofstuk 12

woman in black leather jacket sitting on blue and white suzuki gsx r
Photo by Ferdinand Studio on Pexels.com

Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 11  hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Daniella suig behaaglik aan ‘n dun sigaretjie, terwyl sy in die skadu van die karavaan sit en wag om vir die volgende toneel gegrimeer te word. Sy lees die nuwe draaiboek en knik goedkeurend haar kop…

Verwagting en teleurstelling.

Nellie voel hoe die ysterperd onder haar vibreer, soos wat dit die langpad voor haar opslurp. Haar gedagtes is ‘n warboel van emosies. Sy is kwaad vir tannie Krissie  en oom Esra, wat haar al die jare misbruik het. Haar kastige nefie en niggie, Chris en Karla, laat ‘n suur smaak in haar mond. Hulle vieslike neersienery op haar, laat haar sommer besluit om hulle ‘n paar snotklappe te gee, as hulle weer haar pad kruis. Skielik het ‘n nuwe gevoel bygekom, ‘n gevoel wat haar maag laat draai en haar hartklop laat versnel by die blote gedagte aan hierdie mooie man…. Renier…

Dis al laat toe die motorfiets brullend die laaste bult uitry en sy die Diamantstad se liggies voor haar sien flonker. By die Engengarage hardloop sy vinnig die kleedkamer binne. Sy pluk die rekkie uit haar deurmekaar poniestert uit en gooi haar dik lang blonde hare verleidelik oor haar skouers. ‘n Bietjie rooi lipstiffie, mascara en oogskadu, rond die prentjie af en sy knik tevrede vir haar spieëlbeeld. So ‘n blertsie van tannie Krissie se gesteelde Franse parfuum, wolk om haar, toe sy opgewonde weer haar been oor die ysterperd se rug swaai.

Na ‘n paar verkeerde afdraaie, begin die omgewing meer bekend lyk. Uiteindelik sien sy Renier se huis en sy sukkel om haar asemhaling te beheer. Sy besluit om eers die motorfiets laer af in die straat te parkeer en die wêreld te bespied. Saggies spring sy oor die tuinhekkie, wat maar alteveel piep, as mens dit oopstoot. Sy hoor stemme en ‘n vrolike gelag van die kombuis se kant af..

Deur die venster sien sy vir Renier saam met ‘n aantreklike brunet. Die vroumens is soos ‘n seekat, al klouende en strelende en vattende, orals aan hom. Dit lyk of hy nie heeltemal lus is vir die aandag nie, maar die listige Aphrodite* kwyl en kweel en knibbel aan die man se ore met skerp wit tandjies. Haar lang gemanikuurde naels, waarvan elkeen ‘n ander kleur geverf is, vroetel sy das los en sy gooi dit melodramaties met ‘n boog, vloer toe. Sy slinger een sonbruin, kaal, welgevormde been oor sy skoot en dit lyk kompleet asof sy besig is om ‘n opgesaalde perd te bestyg. Haar stiletto se hak skuur verleidelik heen en weer teen sy kuit, terwyl sy met ‘n warm, klam asem, koerwoordjies in sy nek fluister. Twee vol D’s dein op en af soos golwe op ‘n rowwe see en arme Renier versmoor amper in die dubbele vlesigheid. Angssweet pêrel op sy voorkop en met ‘n flitsende slangtong, slurp verleidelike Delila die soutigheid op.

Trane van teleurstelling stroom oor Nellie se wange, toe sy sien hoe die brunet vir Renier in ‘n kopklem beetkry en haar gul mond soos ‘n suigende guppievis, oor sy lippe plaas. Hy probeer homself losruk, maar sy klou soos ‘n dikgevrete bosluis. Die volgende oomblik val die twee al stoeiende, stoel en al, dawerend op die vloer en Renier bevry hom uit haar wriemelende greep.

Die brunet kom op vir asem en probeer nóg ‘n guppiesoen plant, maar Renier is te vinnig vir haar en spring rats orent en sorg dat die tafel tussen hulle  is. Dit maak die liefdesgodin nou eers rasend van opgewondenheid en sy begin hom om die tafel jaag….al hinkepinke, want haar een stiletto het met die valslag dóér getrek! Die arme Renier se arms swaai soos windmeulwieke om sy balans te hou, terwyl sy voete op die gladde kombuisvloer spin, in ‘n poging om weg te kom van die honger tierwyfie. Uiteindelik storm hy by die agterdeur uit en reg in die verbouereerde Nellie vas.

Gaan Nellie  omspring en weghardloop, of vir Renier kans gee om te verduidelik?Gaan Renier weer vir Nellie vertrou, nadat sy verlede keer sommerso verdwyn het?

*Godin van liefde, uit die Griekse mitologie.

60 Replies to “Blogkaleidoskoop..hoofstuk 12”

        1. Ondertussen staat het op de andere site – blij dat je genoot van de preview. Is het trouwens makkelijk voor je om Nederlands te lezen? Klinkt bijna hetzelfde als Afrikaans, maar wordt totaal anders geschreven…

          Liked by 1 person

        2. Ek lees die Nederlands maklik. Soms verstaan ek sekere woord nie, maar begryp wel die konteks. In die begin was dit moeilik, maar ek lees nou by ongeveer tien Nederlanders en twee Belge…dus gaan dit deesdae soveel makliker.Afrikaans het ‘n baie interessante geskiedenis en is heeltyd besig om te verander.

          Liked by 1 person

  1. Briljant! So ‘n bietjie kompetisie kan vir Nellie net goed doen. Uitstekend geskryf Bytjie. Ek hoop net Renier het nie vir Nellie nog skade aangedoen toe hy in haar vasgehardloop het nie. Sy het mos laas nog die gespalkte arm, die pynlike ribbes en die seer kopwond gehad. Van die sit op die motorfiets is haar boude seker ook nog seer 😄

    Liked by 4 people

  2. Hygend hert, Perdebytjie, jy het ‘n Oscar-wenner toneel geskrywe! Man al wat kort gekom het was die hasie wat op die stoof kook! Kyk, ek en Sielsoeker het amper die kar omgegooi oppad werk toe met ons gehoes en proes en lag dat die trane loop. Jy het ons naweek vrolik begin en die verhaal in die langverwagte hygroman verander. Bravo! Bravo! Nog groei aan die kom vir Nellie – sy oorleef baie en kan net ‘n ster anderkant uitkom. Van steenkool tot diamant!

    Liked by 2 people

  3. Wild… woes wild!
    Ek sou nooit kon dink daar gaan sulke dinge aan daar in die diamantdorpies nie… maar, wie weet… miskien is al daai geld kop toe.
    Natuurlik is Nellie die onshuld self… leathers en al!
    (Sy hoort nogal ‘n sight for sore eyes te wees!)

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +