‘n Positiewe storie…

vir my medelandgenote wat deesdae gebukkend gaan onder vreesgedagtes en angstigheid, oor al die gemors wat hier aangaan.

Ons paaie het agtien jaar gelede gekruis. Alles het gebeur toe ons besluit het om ons kombuis te laat oordoen. Saam met die kontrakteur wat die sloping en heropbou gedoen het, het hierdie jong man, pas agtien, sy opwagting gemaak. Hy is sommer opgelaai voor een van die groot teëlwinkels en is aangesê om ons nuwe kombuis te teël.

Die outjie het kop neergesit en lang ure gewerk om uiteindelik ‘n pragtige eindproduk te lewer. Sy skaam nederigheid het ons opgeval en sy goedkoop besigheidskaartjie het sy weg gevind tussen al die ander kaartjies, van mense wat ons altyd in en om die huis vir onderhoudwerkies nodig kry.

Deur die jare het ons gereeld van hom gebruik gemaak…hier teëls gelê, daar geverf, muurtjies gebou vir terasse, daklekke herstel, loodgieterswerk…enige iets denkbaar.Natuurlik het ons hom aanbeveel by vriende ook en sy reputasie het begin groei.

Waar hy in die begin, met sy swaar werkstrommel en teëlsnyer, per taxi hier aangekom het, kon hy nou vir hom ‘n ou afgeleefde bakkie aanskaf. Al het die voertuig gehoes en geproes en meestal in ‘n rookwolk weggetrek, het hy eindelik sy eie wiele gehad!

Soos die jare aanstap het hy steeds baie werk by manlief se besigheidskantore en werkswinkel gedoen…groot kontrakte, soos mure en store gebou en natuurlik verf- en teëlwerk. Later kon hy vir hom ‘n beter bakkie aanskaf en ‘n klein ryding vir sy vrou.

Hy dink niks daarvan om tot saans sewe-uur en soms later te werk nie.Onlangs het hy al ons huis se vloere gelamineer. Dit was ‘n geweldige groot projek, maar hy het dit uitstekend gedoen en in ‘n rekord tyd.

Vandat manlief afgetree het, het hy die man onder sy vlerk geneem, vir hom mooi besigheidskaartjies ontwerp, gehelp met sy beplanning en finansiële bestuur. Hy noem manlief sy mentor.

Gister is ons genooi na sy huis in die Township en wat ‘n heerlike verassing wag toe daar op ons! Hy het self stuk vir stuk vir hom ‘n baie mooi huis gebou. Alles is nog nie klaar nie, maar hy wou vir sy mentor wys hoe hy vooruit geboer het. Die huis is pragtig geteël, drie ruim slaapkamers, twee badkamers, pragtige oopplan eetkamer, kombuis en sitkamer, asook ‘n dubbelgarage.

Nog was dit nie die einde van die verassing nie. Uit die kombuis het die heerlikste kosgeure gewalm. Nadat ons sitgemaak is, is ‘n beker met warm water nader gebring en oor ons hande uitgegiet in ‘n skottel, waarna ons ons hande kon afdroog aan ‘n silwerskoon vadoek.

Sy pragtige vrou, bring toe ‘n bottel sjampanje nader en nadat die prop geskiet is, is ons hartlik bedank vir alles wat ons vir hulle as gesin beteken het. Daarna verskyn klaar geskepte borde met reuse hope gegeurde rys en heerlike hoender en slaai. Dit was heerlik en ek het my knuppeldik geëet. Gewoonlik eet ek omtrent ‘n kwart van so ‘n bord, maar uit ordentlikheid het ek elke ryskorreltjie verorber.

In al al die jare wat ons hierdie jongman ken, het hy tweemaal geld geleen en elke sent terugbetaal, sonder dat ons daarvoor moes vra. Hulle het drie pragtige kinders en hy vervul sy rol as pa, op ‘n besondere manier.

Vanuit ‘n makoekoe (sinkhuisie) het hy deur harde werk, eerlikheid en integriteit homself opgewerk tot waar hy vandag is. Die ekonomie lyk sleg en die boubedryf is dood, maar hy soek onverpoos vir enige werk, blameer niemand nie en hou hom nie op met politiekery nie.

Op grondvlak is daar nog steeds baie welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Daar is baie sulke mooi stories, maar politici met agendas en die pers, dryf wigte tussen mense in. Ek wens diesulkes kan in ‘n stofwolk verdwyn!!

66 Replies to “‘n Positiewe storie…”

      1. Ja inderdaad Dina.. We werden toen ook gewaarschuwd voor bepaalde buurten. Heb me ooit een keer onveilig gevoeld.. En meteen weer omgedraaid…
        Wel gehoord van kennissen die heel afgelegen wonen, dat hij met een wapen naast zijn bed sliep..
        Toch eng hoor..

        Liked by 1 person

  1. Dit klink nes my GIFT – ek sê altyd vir hom;
    GIFT, YOU ARE MY gift RIGHT OUT OF GOD’S OWN HAND AND I WILL BE FOREVER GREATFUL FOR THIS gift!! May God always bless you and your beautiful family.
    Sy hande staan ook vir NIKS verkeerd nie. En ja, dit is seker hoekom ek nog vertroue in ons land het. Dit was nou lekker lees vir my 😥

    Liked by 1 person

  2. Dankie dat jy hierdie gedeel het. Stories soos die gee my opnuut hoop dat die droom van 94 (wat ek eers jare later as grootmens werklik begin verstaan en my eie gemaak het) wel nog moontlik is, solank ons elkeen ons deel doen; soos die bouers van Jerusalem wat elk die stukkie muur voor hul eie huis herbou het.

    Liked by 1 person

  3. Dankie hiervoor, Dina. Ons het regtig sulke verhale broodnodig. Dis positef, opbouend, en maak my hart trots om ń mens te kan wees. Jy en jou man het goed gedoen, julle het ń hengse verskil in iemand se lewe gemaak.

    Liked by 1 person

  4. Die mense in ons liewe Suid-Afrika haat mekaar nie naastenby in so erge graad soos die politici en die koerante ons wil wysmaak nie. Ek glo die verre meerderheid gun mekaar net “goedheid en guns” soos die tv-nuus tannie altyd se en sal als in hul vermoe doen om te help bou aan hierdie land. Jou pragtige storie vanoggend bevestig my gevoel net nog meer. Dankie, Dina.

    Liked by 1 person

    1. ‘n Mens kry oral slegte mense en dis hulle dade wat die nuus haal. Die stille meerdeheid gaan hul gang en doen die regte ding. Ons moet heeltyd waak daarteen om nie die groep te beskuldig vir die slegte individu se dade nie. Ongelukkig is dit wat nou hier gebeur na beide kante toe. As mens egter dieper kyk sien mens baie mooi stories tussen mense, veral op programme soos Kwêla.

      Liked by 2 people

  5. Dit is so waar dat driekwart van die inwoners mekaar respekteer en ook hard werk om n bestaan te maak. Die beswadderaars moet eintlik vir hulleself n ander stuk grond kry om hul op uit te leef en dies wat wel wil uitlos. My siening is steeds: help ander waar jy kan en dit sal tienvoud terugkom. Dis wat met jul gebeur het met hierdie goeie man wat standvastig gebly het.

    Liked by 1 person

    1. Ek was so verras om te sien hoe netjies die buurt is waar hy bly. Daar is natuurlik swak areas ook en geen bome en tuine nie, maar al die erwe lyk skoon en netjies gehark. Jy is reg Ineke, mens kry altyd terug, al doen mens nie goed omdat jy iets daaruit wil kry nie.

      Like

      1. My tuinhulp het van 15 jaar af by my gehelp. Hy het n vaste werk gekry en later n HOP huisie. Hy het my genooi om te kom kyk. Alles was netjies en ordelik netsoos hy was. Sy vrou het n klein winkeltjie uit die huis bedryf. Voordeur het veiligheidshek gehad. O en erfie is omhein en grasperkie netjies.

        Liked by 1 person

  6. Ek dink hier op voetsoolvlak is daar nog baie meer sulke mooi stories en ek glo dat die gewone mense streef na eenheid en ‘n beter lewe vir almal. Ons raak net soms moedeloos omdat die politici kwaadpraatjies saai en die media meesal net die slegte stories oorvertel – dit maak beter nuus.

    Liked by 1 person

  7. Hear! Hear! What politicos should be made to remember always and everywhere: Only hard work, and hard work is worth it. Fankie for sharing the story, Dina.
    (I had to resort to Google translation which was quite poetic at times, but I got the idea)
    🙂

    Liked by 1 person

      1. Not much trouble. I’m even surprised Google has an Afrikans translator. Not very good, but then it isn’t good in any language. Anyway. A sad story.
        It seems to me the world is going to Hell in a handbasket as American say. There are almost daily reports ok knife stabbing in France now. Terrible.

        Like

  8. Ai – so mooi.
    Ja, daar is so baie stories van net hoe goed mense kan oor die weg kom en wel so doen.
    Ons is weg uit Suid Afrika, amper 18 jaar gelede, maar ons praat nog dikwils van Welcome en Beauty… en wonder hoe dit met hulle gaan. Hulle het saam met ons gewerk, nie vir ons nie. Dit was amper die swaarste om hulle te groet. Hulle het nie selfone gahad nie, nie ‘n landlyn nie en het op ons grond gebly… maar is daar weg sonder om ooit vir ons ‘n kontak adres te stuur.
    Beauty het ons klein seuntjies beter behandel as haar eie kinders… nie dat ons dit verwag het nie.
    Welcome was “boss boy” sorrie oor die woord maar dis die titel wat hy homself gegee het. Hy’t my trokke bestuur, ratkaste uitgehaal, gesweis, groente geplant… die ander werkers se persoonlike probleme vir my verduidelik en ons hat dan saam probeer help…
    Ai… jou storie het so veel positive herhinneringe laat wakker word!
    Dankie! 😉
    (NS – verskoon die spelling… )

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +