Wanneer herwinning te vêr gedryf word.

Vanoggend op die bloue Maandag, probeer ek om vier sakke plastiek, bottels, blikke en papier in my ou klein karretjie se kattebak te druk. Saam met ons naweekbagasie, drie honde en al die kos wat oorgebly het van ‘n heerlike naweek, is dit nogal meet en pas om alles in te kry. Waar ons ookal gaan, sorteer ek my afval, bring dit huis toe en sorg dat dit op die regte plek beland.

My legkaart wil nie lekker werk nie en ek besluit om die sakke se inhoud bietjie platter te trap. Eerste sak gaan goed en dit pas netjies in. Tweede sak…oeg, sports! Terwyl ek so op die plastiekbottels spring, skiet ek soos ‘n veer in die lug op en val kaplaks op my blaker. Ek rol so elegant as moontlik op my rug en lê lankuit gestrek, kop op die plaveisel en staar na die blou hemel! Daar lê ek, skoppende soos ‘n miskruier, nogal afdraand ook, voete na die hoë rigting! Ek vloog sonder moeite op en kyk natuurlik dadelik rond of iemand die spektakel aanskou het. Dit was alles adrenaliengedrewe, hoor.

Ek kan nou nog nie glo dat ek nie eers ‘n skrapie opgedoen het en niks seergekry het nie!

My eie herwinningsentrum in my agterplaas, met links, die gewraakte plastieksak, wat my laat vlieg het:

IMG_0377

 

59 Replies to “Wanneer herwinning te vêr gedryf word.”

    1. Terwyl my beentjies so rondtrap in die lug, is ek sommer in dieselfde beweging weer op my voete gewees. Ek het nie eers tyd gehad om te skrik nie en wraggies weer op die bottels begin spring, om hulle plat te kry…ook maar simpel.

      Like

  1. Dit moes soliede plastiek gewees het, anders sou jy nie net gekaap word nie. Ek is taamlik swaar en dit is soms ‘n voordeel. ‘N Kan krimp onder my gewig na ‘n sny. Ek onderdruk plastiekbottels onder my voete. 😉 Ja, daar is regtig voordele om vet te wees.
    Ek wens ons kon ook daardie soort houers vir die geskeide afval gebruik. Hier moet ons alles in verskillende gekleurde sakke plaas. Plastieksakke nog. Dit kan nie regtig goed wees vir die omgewing nie.
    herwonne groet,

    Liked by 2 people

  2. Mens se ego word maklik beseer met so ‘n val. Gelukkig het joune heel gebly.

    My stuitjie (coccyx) is tien jaar gelede so gebreek en is steeds effe pynlik as ek op harde goed sit. En dit wéét van die koue front hier by ons.

    Liked by 1 person

  3. Ek het hierdie pos misgeloop en nou eers op die spoor gekom toe ek vandag s’n gesien het. Ek is wonderlik beïndruk met jou herwinningstelsel. Hier by ons deel die munisipaliteit sulke deurskynende PLASTIEK!sakke uit waarin plastiek geplaas moet word, maar dan bly lê dit op die sypaadjies totdat die kwaaddoeners dit kom oop skeur. Ek weet nie wie is veronderstel om dit op te tel nie. Dele van die dorp lyk al soos ‘n rommelhoop; ons sien die vreeslikste goed rondlê wanneer ons gaan loop. Optel help ook nie, want môre lyk dit weer net so.

    Liked by 1 person

    1. Ek sorg self dat alles by ‘n herwinningsplek uitkom, as die vragmotor nie opdaag nie. Papiermense kom klokslag elke week al vir jare. Die ander goed kan ons deurmekaar gooi in een blou sak en dit kom haal hulle Dinsdae. Skielik gee hulle ook nie meer sakke nie, maar kom haal darem alles. Die laaste paar weke was dit op en af en dan neem ek self die goed weg.

      Liked by 1 person

        1. Ek is al so dat ek niks meer kan weggooi nie. Dit voel net vir my so verkeerd.Dit wys net, dat kondisionering en bietjie moeite, maklik mens se kop kan draai om die regte ding te doen.

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +