Gedenktuintjie vir geliefdes

Verlede naweek het ons as familie bymekaar gekom en ‘n gedenktuintjie vir ons ouers, onthul. Dit was op skoonma se verjaarsdag en sy sou 93 geword het. Ons het sommer haar assies gestrooi en as familie ‘n heerlike gesprek gehad oor ons vier ouers en ons kinders se grootouers. Almal het ietsie vertel oor wat besonders was van hierdie vier wonderlike mense. Daar was geen hartseer nie, net heerlike onthou en lekker grappies.

Al vier was lief vir die natuur en ons keuse was ‘n lieflike hoekie in die natuur…

_MG_3244

Op twee bankies se hoeke het ons naamplaatjies laat aanbring, die bankies toegegooi, foto’s bo-op gesit en dit later onthul…

_MG_3286

Daarna het ons ouma se assies in die poeletjie, wat deur ‘n fontein uit die berg gevoed word, gestrooi..

_MG_3285

Daar gaan Ouma se assies. Sy was bietjie onnutsig en het in ons oë gewaai, saam met ‘n skielike rukwindjie wat opgekom het…

_MG_3318

Die naamplaatjies vir ons vier geliefdes…

 

Elk met ‘n onderskrif wat iets van hul karakters sê.

Na die tyd het ons ‘n vuurtjie aangesteek en heerlik vleis gebraai en vier wonderlike lewens gedenk.

Perdeby is met die maan gepla.

Daar is soveel foto’s geplaas van die geskiedkundige maansverduistering, dat my bydrae ook afgesaag sal wees. My beskeie poging, vryhand deur die kamervenster,want dit was ysig buite…

IMG_9915

IMG_9917

Wat ek egter gedoen het, was om die volgende oggend, douvoordag die sakkende maan (toe reeds weer helder) te vang terwyl dit agter die bome onder gaan. Dit was vrek koud en spookagtig en ek het enige oomblik verwag dat Liewe Heksie op haar besem ook daar verby sou vlieg…

IMG_9922

IMG_9920

IMG_9923

IMG_9924

Nog is dit nie die einde van my maangeplaagdheid nie. Sondagaand se verrysende volmaan het my in ekstase gehad…

_MG_3339

_MG_3335