Benoude oomblikke

AJ se storie https://ouchmybackhurts.wordpress.com/2018/09/12/die-opelug-myn-klaskamer/ oor diamantdelwery, het my skielik aan ‘n petalje laat dink wat ‘n paar jaar gelede met my gebeur het.

Soos die gewoonte was, het manlief my gereeld saamgeneem na konstruksieterreine waar hy werksaam was. Ek was baie bevoorreg om na groot bouwerke soos die Katse- en Mohaledamme te gaan en die Hooglandwaterskema se uitvalwerke naby Clarens. Soms is ek saam na Botswana se diamant- en Nikkelmyne.

Vir wie nog nie op so ‘n konstruksieterrein was nie, dis bleek! Gewoonlik is daar ‘n tydelike kantoorgeboutjie, met ‘n kombuisie en toilette en ‘n paar stowwerige kantoortjies. Van lowergroen gras en bome, is daar selde sprake…dus kokend warm of ysig koud, met mistroostige winde wat om die hoeke huil. Buite is dit ‘n miernes van bedrywighede. Reuse vragmotors, met wiele so groot soos huise, ry op en af. Kleiner voertuie, gewoonlik 4×4 bakkies, het meestal lang pale agterop, met vlaggies aan, sodat die bestuurders van die reuse monsters, hulle kan raaksien en nie pannekoek van hulle maak nie. Ek was al in een van hierdie goed. Dis asemrowend!

Met so ‘n besoek aan Tati Nickelmyn naby Francistown in Botswana, gebeur dit waarvoor ek al my lewe lank vrees. Ons sou gaan kyk hoe ‘n gedeelte van die rotsformasie weggeskiet word om die nikkel verder te ontgin. Ek was so opgewonde, want so ‘n “blast” is skouspelagtig en altyd iets om te sien.

Eers gou badkamer toe…

IMG_2453 - Copy

vir ‘n vinnige draai. Toe ek die deur toemaak, staan ek met die deurknop in my hand en ek weet hier is groot moeilikheid. Bly toe maar kalm, doen my ding en wag totdat iemand my mis. Ek lees maar solank die graffiti teen die mure en oorweeg om ook ietsie te griffel. Woorde soos: “closet comforts” of soiets dof.

Skielik begin die sirene oorverdowend loei. Dis die teken dat almal uit die myn moet padgee. Dit loei en loei…die sweet tap my naderhand af in daardie benoude hokkie, niemand hoor my wanhopige hulpkrete nie. Ergste van alles, ek gaan die skouspel mis!!

Waar is manlief tog? Het hy van my vergeet? Gewoonlik konsentreer hy so op sy werk, dat hy dalk vergeet het vroutjie is vandag saam!

Eensklaps is daar ‘n geskarrel buite die deur en Solly, die kantoorklerk, kom tot my redding. Dit kos hom die hele deur afskroef om my uit my gesellige selletjie te bevry. Ek is bloedrooi van skaamte en manlief  hang aan die deurkosyn soos hy lag. My kyk was genoeg om gate deur hom te skroei!

Gelukkig was ons betyds vir die ontploffing en my gemoed was darem heelwat kalmer en manlief vergewe…

abstract angelic art blast
Photo by Sebastian Voortman on Pexels.com

40 Replies to “Benoude oomblikke”

  1. Jy wil mos!!!
    Wha.. ha HAAA!!! Nou lag ek omtrent so hard soos manlief gelag het!!
    Jy laat my dink aan ‘n gebeurtinis die anderdag toe ons daar tussen die masiewe rotse in die kwarrie loop… maar my vrou skiet my dood as ek vertel!!! 😉
    Dankie vir die noem… en nou laat jy my dink aan ‘n ander stoutigheid maar ek sal maar eeredr my bek hou… ‘n toe bek is ‘n heel bek!! 😁😂🤣

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s