het ‘n eier gesteel uit kwarteltjie se nes!Sewe eiers het sy gelê,
en nou is daar net ses!
Wie kan verder help met die rympie uit my kinderdae?
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
het ‘n eier gesteel uit kwarteltjie se nes!Sewe eiers het sy gelê,
en nou is daar net ses!
Wie kan verder help met die rympie uit my kinderdae?
Met slegs 3000 tot 5000 individue in die hele Afrika oor, is hierdie diere uiters bedreigd. In die Krugerwildtuin is daar ongeveer 450 tot 500 diere en dis werklik ‘n voorreg om hulle te sien.
Hierdie was ‘n troppie kleintjies, wat vreeslik spelerig was, terwyl die ouers geslaap het…
Wat sien ek daar?
‘n Mal kiewiet het hulle die heeltyd aangeval en dit was groot pret vir die hondjies, om die voël rond te jaag…
Waar is daardie vervlakste kiewiet nou?
Ek sien hom…hier kom ek!
Lekker geknibbel aan die olifantbol…
Styf teenmekaar, vir ekstra hitte en beskerming…
Die bymekaarkomslag is elke keer met soveel oorgawe, liefde en groetery…
Volwasse hond wys wie is baas…
Onderdanigheid skop in, wanneer ‘n volwasse hond naby kom…
Foto’s geneem in Sabi-Sand…aangrensend aan Krugerwildtuin.
Ek het die volgende drie foto’s opsetlik oorbelig, vir ‘n meer kunstige effék…
Renostervoëltjie het homself tuisgemaak…
Boonste kort horing…mens kan duidelik sien dit is maar net keratin, ‘n proteïen wat in hare , naels en diere se hoewe voorkom…
Onderste lang horing…
Die wye lip van die witrenoster…
Die oor is soos ‘n trompet en word heeltyd heen en weer gedraai. Ek kon nie ‘n skerp foto kry as gevolg hiervan…
Die piepklein ogie, waarmee hy ook nie juis goed kan sien nie…
Nog ‘n renostervoëltjie hang rond vir ‘n paar sappige bosluise…
Agterpoot skop stof op…
Voorpoot…
Wie is nou so onnosel en wreed om hierdie pragtige diere dood te maak vir ‘n substansie wat maar net hare en naels is? Mense is oer en dom!
toe gaan grawe ek in my argief en plaas ‘n paar oues…
Dames, dames, ons het ‘n nuwe bewonderaar en hy wil bittergraag op eie onkoste agter die Broodbus aantoer. Hy is ‘n besondere gas uit België en hy het ‘n pragtige blog. Hy bied aan om aan die einde van ons reis, vir ons op ‘n tog te neem deur sy eie omgewing. Soos hy tereg sê, ons het ‘n baie sterk verbintenis met sy land.
Ik vertrek met veertien vrouwen door Zuid-Afrika |Ek vertrek met veertien vroue deur Suid-Afrika
Van jongs af het hy alles verslind oor Suid-Afrika en dis sy lewensdroom om eendag hierheen te kom.
Dus as ons nog ‘n vreemde agtervolger opmerk, verwelkom vir Theo Herbots vanuit Tienen.
Laatmiddag neem die gids ons na die hoofgebou en ons snak na ons asems oor die mooie plek daar in die dor wêreld…
Twee reusagtige wildevybome op die houtdek…
Die stamme van naby…
Vervlegte lugwortels wat soos reuse knuppels lyk, hang van die bome af…
Ons gaan stap die bergwandelroete, voordat dit donker word. Dis darem nou heelwat koeler…
Van die tonele oppad…
Nog ‘n oorhangrots met verskuilde Boesmantekeninge…
Oppad terug sien ons ‘n besondere plant…
Dis ‘n Botterboom, ook genoem Baadtjies (Tylecodon paniculatus). Dis ‘n kremetartagtige klein boompie wat op klipperige plekke en koppies in die Karoo voorkom…
Vanaf die hoogte, kan mens die Lodge mooi sien…
Hierdie grasdakhuis is pas klaar gebou en het nog geen gaste gehuisves toe ons daar was nie…
Nog ‘n verrassing, is die keurige tuin, waar mens alles denkbaar aantref. Die pragtige speldekussingblomme word hier gekweek en dien as tafelblomme op die gedekte tafels…
Die tuin is met presisie uitgelê en laat mens met verwondering dat iemand soiets kon skep in hierdie dorre landstreek. ‘n Laning olyfbome en ‘n bankie, skep ‘n rustige atmosfeer…
Die tuin is omring deur ‘n witgekalkte muur met houthekkies op drie uitgangspunte. Dis soos ‘n park…
Laventel en ander kruie is oral in smaakvol beplande baksteen- en houtbakke aangeplant…
In twee reuse gaastente is verskeie groentesoorte, kruie en blaarslaaisoorte geplant. Alles byderhand vir die vele etes wat daagliks vir gaste voorberei moet word…
Hier het my kamera se battery pap geword en dit was ook die einde van ons toer. Die volgende dag is ons huis toe en moes weer afskeid neem van ons ses ander reisgenote…jarelange ou vennote en vriende. Wat ‘n heerlike reunie!
Boesmanskloof Wildernisreservaat is ‘n aangename verrassing. Ons draai links by hierdie bordjie…
‘n Pragtige gerestoureerde plaashuis begroet ons. Die sykant met stoep wat amper reg rondom die huis gaan…
Voorkant…
Daar is selfs ‘n heerlike swembad. Dis nou heelwat warmer as in Sutherland. Blykbaar styg somertemperature tot maklik 45 grade C!
Laatmiddag gaan ons op ‘n wildrit en is so gelukkig om van die bedreigde Kaapse bergsebras (Equus zebra) te sien. Ek het net my mik-en-druk kameratjie saamgeneem op hierdie toer, dus geen dierefoto’s met lang lense nie!
Ons stop vir ‘n sondonnertjie langs ‘n pragtige dam…
Die volgende oggend is ek dou-voor-dag op om die goue lig te vang…
Later neem ons oulike gids ons op een van die vele staproetes…
Nuuskierige agies loer vir ons en weereens is ek spyt ek het nie my lang lens en ordentlike kamera by my nie…
Hierdie een was sommer lekker naby…
Ons verwonder ons aan die eeue-oue rotskuns van die Boesmans. Daar is 130 areas met hierdie tekeninge, waarvan sommige tot tienduisend jaar oud is…
Boesmanskloof is tot wêrelderfenisgebied verklaar, juis vanweë die pragtig bewaarde tekeninge oral in die omgewing…
Ons is onder oorhangende rots waar die tekeninge teen die regop rotswande geteken is…
Die rivier wat daar naby kabbel, lewer besondere formasies en maalgate op…
Tjienkerientjees groei in die rotsskeure…
Nog fyn veldblommetjies verras mens op ongewone plekke…
Word vervolg…
op ‘n lang grondpad, rigting Calvinia. Dis ‘n dor landskap en die swaarkry spreek uit hierdie foto…kapoet gepomp!
Al is dit bar en droog, is daar tog asemrowende tonele…
Wat is ‘n toer sonder ‘n pap wiel?
Terwyl bande geruil word, kry ek kans om die eensaamheid vas te vang…
Calvinia is ‘n mooi dorpie en dié reuse posbus het my oog gevang…
Twee mooi geboue…
‘n Ent buite die dorp draai ons weer af op ‘n grondpad en sien verruklike tonele.Die blomseisoen is verby, maar dis nog steeds aanskoulik…
Doer vêr lê die Sederberge, waarheen ons oppad is…
Ons bestyg die pas…
Heel bo…
Die asemrowende uitsig…
Ons bereik ons bestemming…
Word vervolg…
As mens by Sutherland kom, ry jy nie verby voordat jy nie eers ‘n draai op daardie hoë heuwel tien kilometer buite die dorp gemaak het nie. Dis 1770 meter bo seevlak en met die helderste, donker hemelruim, is dit een van die beste plekke op aarde vir astronomiese waarnemings…
Die plat area op die berg is bespikkel met verskeie lande se teleskope en dit herinner aan ‘n buiteruimtelike toneel. Daar is ten minste sestien teleskope van lande soos Suid-Afrika, Nederland, Brittanje, Duitsland, Japan, Rusland, VSA, Pole en Korea. Hierdie is maar net enkeles…
Dié 1.9m teleskoop was jare lank die grootste een in SA, maar het verouder geraak vanweë die beperkte vermoë om lig te versamel…
Die verouderde teleskoop van naby…
Een van die ander groot teleskope word hier gehuisves…
Die hoogtepunt is natuurlik die SALT (South African Large Telescope). Hy pryk soos ‘n indrukwekkende ikoon tussen al die ander en kan al van vêr af gesien word…
Bouwerk het in 2000, in samewerking met internasionale rolspelers, ‘n aanvang geneem en is in 2005 voltooi. Dis die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond met ‘n versameling seshoekige spieëls wat seshoekig versprei is oor ‘n afstand van elf meters…
Besoekers staan in ‘n glashok en bibber van die koue, want die temperatuur moet konstant baie koel gehou word om die spieëls nie aan te veel temperatuurwisseling bloot te stel nie.
Diagram wat die prentjie duideliker maak…
Die seshoekige hoofspieël bestaan uit 91 seshoekige spieëls, wat rondgeskuif kan word. Elke spieël is een meter wyd en weeg omtrent 100 kilogram. Soms moet van die spieëls verwyder word vir ‘n skoonmaakproses wat tot drie ure kan duur. Dit word glo met droë ys gedoen.
Duitsland, Indië, Nieu-Seeland, Pole, Suid-Afrika, Brittanje en VSA is almal vennote in hierdie merkwaardige skepping. Voorwaar ‘n besoek werd!!
SAAO (South African Astronomical Observatory) is welbekend vir die studie van ons twee naaste sterrestelsels…die Wolkies van Magellaan.
Nog inligting kan gevind word by http://www.saao.ac.za of http://www.salt.ac.za
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
Myriad memories frozen in time
Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
British Wildlife & Photography
Lifestyle, Photography and Traditional Art
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
persoonlike blog - cam venter
Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS
Simone Foedrowitz - Naturfotografie +
looking through the lens
William Bowles - Online since 1979