Die pad vorentoe

Ons vat die pad deur Turck se pas, Rooikloofpas en Verlatenkloofpas na Sutherland. Langs die pad is asemrowende tonele van veldblomme wat nog blom, al is die blomseisoen haas verby…

IMG_2723

IMG_2724

IMG_2716

IMG_2717

Diep tussen die rante ry ons by hierdie oulike padstal aan…

IMG_2725

‘n Ent verder, bereik ons ons bestemming…

IMG_2727

IMG_2726

Dis ‘n privaat reservaat, wat nog net ‘n jaar in bedryf is. Dis ‘n ou plaas waarvan die geboue opgekikker is vir verblyf. Nuwe eenhede is ook gebou en ons het in Gemini Pollux tuisgegaan…

IMG_2732

IMG_2791

Die ooptes en ysige koue slaan mens se asem weg…

IMG_2794

Plaastoneel met blommende peerbome…

IMG_2798

IMG_2783

Die vlaktes is vol springbokke, swartwildebeeste en ander boksoorte. Daar is ook ‘n ou uitgewerkte vulkaan, regs van die koppie op die volgende foto…

IMG_2784

Daar is ‘n area waar baie fossiele reeds opgetel is en nog heelwat begrawe lê. Ons het ongelukkig nie tyd gehad om daar uit te kom nie, maar volgende keer is dit op ons lys.

Dit was murgkoud, maar die selfsorgeenheid is goed ingerig met ‘n kaggel, sitkamertjie, kombuis, twee slaapkamers, twee badkamers en twee solderkamers. Alles is sonkrag en daar is wifi. Die heerlike blyplek se slaapkamer…( gelukkig was daar warmwatersakke, want die koue is onmenslik!)

IMG_2729

IMG_2733Vir diegene wat nie self wil kosmaak nie, is daar die eetsaal in die hoofgebou, waar heerlike etes deur supervriendelike staf, bedien word. Dis ‘n goeie veertig minute se ry op ‘n tweespoor grondpaadjie, vanaf die blyplekke. Dis egter naby die uitgang, dus is ‘n heerlike ontbyt voor mens weer die langpad vat, nie te versmaai nie…

IMG_2728

Aan oorspronklikheid ontbreek dit nie. Die eetsaal se lig…

IMG_2800

Daar is ‘n klomp honde van allerlei groottes en soorte. Dit voel pure plaas. Drie van die werfhonde speel heerlik…

IMG_0476

Kou lekker aan ‘n hert se horing…

IMG_2801

Nog een van die brakkies…

IMG_0475

Terwyl mens hier oorbly, is ‘n besoek aan die SALT (South African Large Telescope) ‘n moet. Ek berig in my volgende inskrywing daaroor.

39 Replies to “Die pad vorentoe”

Leave a reply to Bondelsgedagtes Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +