Oppad…SAAO en SALT

As mens by Sutherland kom, ry jy nie verby voordat jy nie eers ‘n draai op daardie hoë heuwel tien kilometer buite die dorp gemaak het nie. Dis 1770 meter bo seevlak en met die helderste, donker hemelruim, is dit een van die beste plekke op aarde vir astronomiese waarnemings…

IMG_2736

Die plat area op die berg is bespikkel met verskeie lande se teleskope en dit herinner aan ‘n buiteruimtelike toneel. Daar is ten minste sestien teleskope van lande soos Suid-Afrika, Nederland, Brittanje, Duitsland, Japan, Rusland, VSA, Pole en Korea. Hierdie is maar net enkeles…

IMG_2757

Dié 1.9m teleskoop was jare lank die grootste een in SA, maar het verouder geraak vanweë die beperkte vermoë om lig te versamel…

IMG_2759

Die verouderde teleskoop van naby…

IMG_2760

IMG_2762

Een van die ander groot teleskope word hier gehuisves…

IMG_2758

Die hoogtepunt is natuurlik die SALT (South African Large Telescope). Hy pryk soos ‘n indrukwekkende ikoon tussen al die ander en kan al van vêr af gesien word…

IMG_2754

IMG_2755

Bouwerk het in 2000, in samewerking met internasionale rolspelers, ‘n aanvang geneem en is in 2005 voltooi. Dis die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond met ‘n versameling seshoekige spieëls wat seshoekig versprei is oor ‘n afstand van elf meters…

IMG_2771

Besoekers staan in ‘n glashok en bibber van die koue, want die temperatuur moet konstant baie koel gehou word om die spieëls nie aan te veel temperatuurwisseling bloot te stel nie.

Diagram wat die prentjie duideliker maak…

IMG_0480

Die seshoekige hoofspieël bestaan uit 91 seshoekige spieëls, wat rondgeskuif kan word. Elke spieël is een meter wyd en weeg omtrent 100 kilogram. Soms moet van die spieëls verwyder word vir ‘n skoonmaakproses wat tot drie ure kan duur. Dit word glo met droë ys gedoen.

Duitsland, Indië, Nieu-Seeland, Pole, Suid-Afrika, Brittanje en VSA is almal vennote in hierdie merkwaardige skepping. Voorwaar ‘n besoek werd!!

SAAO (South African Astronomical Observatory) is welbekend vir die studie van ons twee naaste sterrestelsels…die Wolkies van Magellaan.

Nog inligting kan gevind word by http://www.saao.ac.za  of  http://www.salt.ac.za

 

39 Replies to “Oppad…SAAO en SALT”

  1. Sjoe! Dis regtig indrukwekkend. Wat sou my liewe pa nie wou gegee het om die sterrehemel deur daardie teleskope te aanskou nie. In ons jeug (in Namakwaland) het hy ons gereeld uitgejaag buitetoe om na die sterre te kyk. Dis baie interessant Bytjie.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +