As mens by Sutherland kom, ry jy nie verby voordat jy nie eers ‘n draai op daardie hoë heuwel tien kilometer buite die dorp gemaak het nie. Dis 1770 meter bo seevlak en met die helderste, donker hemelruim, is dit een van die beste plekke op aarde vir astronomiese waarnemings…
Die plat area op die berg is bespikkel met verskeie lande se teleskope en dit herinner aan ‘n buiteruimtelike toneel. Daar is ten minste sestien teleskope van lande soos Suid-Afrika, Nederland, Brittanje, Duitsland, Japan, Rusland, VSA, Pole en Korea. Hierdie is maar net enkeles…
Dié 1.9m teleskoop was jare lank die grootste een in SA, maar het verouder geraak vanweë die beperkte vermoë om lig te versamel…
Die verouderde teleskoop van naby…
Een van die ander groot teleskope word hier gehuisves…
Die hoogtepunt is natuurlik die SALT (South African Large Telescope). Hy pryk soos ‘n indrukwekkende ikoon tussen al die ander en kan al van vêr af gesien word…
Bouwerk het in 2000, in samewerking met internasionale rolspelers, ‘n aanvang geneem en is in 2005 voltooi. Dis die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond met ‘n versameling seshoekige spieëls wat seshoekig versprei is oor ‘n afstand van elf meters…
Besoekers staan in ‘n glashok en bibber van die koue, want die temperatuur moet konstant baie koel gehou word om die spieëls nie aan te veel temperatuurwisseling bloot te stel nie.
Diagram wat die prentjie duideliker maak…
Die seshoekige hoofspieël bestaan uit 91 seshoekige spieëls, wat rondgeskuif kan word. Elke spieël is een meter wyd en weeg omtrent 100 kilogram. Soms moet van die spieëls verwyder word vir ‘n skoonmaakproses wat tot drie ure kan duur. Dit word glo met droë ys gedoen.
Duitsland, Indië, Nieu-Seeland, Pole, Suid-Afrika, Brittanje en VSA is almal vennote in hierdie merkwaardige skepping. Voorwaar ‘n besoek werd!!
SAAO (South African Astronomical Observatory) is welbekend vir die studie van ons twee naaste sterrestelsels…die Wolkies van Magellaan.
Nog inligting kan gevind word by http://www.saao.ac.za of http://www.salt.ac.za
Lijkt wel een stad op Mars 🙂 !
LikeLiked by 1 person
Dit voel nogal so as mens daar is.😄
LikeLiked by 1 person
Interessant. Wow!
LikeLiked by 1 person
Dit is besonders. Die lug is so lekker vars daar. Na vanoggend se hoesbui van rookinaseming hier, wens ek ons was weer daar.
LikeLike
Indrukwekkend en heel apart dat je dit kon bezoeken.
LikeLiked by 1 person
Dankie Bea.
LikeLiked by 1 person
Baie indrukwekkend. Ek bibber ook nou, net van lees hier. 😁
LikeLiked by 1 person
Ons was by die aand se sterrekyk ook en ek het nog nooit so koud gekry nie!
LikeLiked by 1 person
Waarsku hulle jou voor die tyd om warm klere saam te bring?
LikeLiked by 1 person
Nee, maar Sutherland wys altyd die koudste temperatuur op die landkaart en ek dink dis redelik bekend dat dit so koud kan raak, omdat dit so hoog en oop is.
LikeLiked by 1 person
Maar in die somer is dit so warm, dan vergeet ‘n mens! 😁
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis baie interessant. Dankie vir die mooi fotos en verduideliking. Sutherland is mos die koudste plek in SA. Mens het sekerlik ons NZ wol-uitgevoerde baadjies nodig om warm te bly.
LikeLiked by 1 person
Ja my ou twee langmoubloesies, dik baadjie en Suid-Afrikaanse jassie en handskoene, het niks gehelp nie!
LikeLike
Glo jou goed. Tog is dit die moeite werd om dit te kon sien.
LikeLiked by 1 person
Ja koue moet mens nie hiervoor laat afskrik nie. Dit was ‘n wonderlike ervaring!
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Dis regtig indrukwekkend. Wat sou my liewe pa nie wou gegee het om die sterrehemel deur daardie teleskope te aanskou nie. In ons jeug (in Namakwaland) het hy ons gereeld uitgejaag buitetoe om na die sterre te kyk. Dis baie interessant Bytjie.
LikeLiked by 1 person
Die sterre is so helder, mens voel of jy dit kan pluk, soos vrugte.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Bytjie, dis hoog op my to do lys om eenddag Sutherland toe te kan gaan na daai teleskoop toe…
LikeLiked by 1 person
Skryf dit op jou lysie!
LikeLike
Dis daar glo my
LikeLiked by 1 person
Ons was ook daar , die een aand se sterrekyk was onbeskryflik mooi maar het ook nog nooit so koud gekry, soos daardie aand nie!
LikeLiked by 1 person
Ek het ook nog nooit so koud gekry nie!
LikeLiked by 1 person
Hierdie sterrekyk is op my bucket list.
LikeLiked by 2 people
Beslis iets om te sien, Una.
LikeLike
Dalk kan ons saam gaan Una….
LikeLiked by 2 people
Reg so, dit sal goed wees.
LikeLiked by 1 person
Yeah💃💃
LikeLiked by 1 person
Ik doe het maar met mijn eigen brilletje.
Slechtziende groet,
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer, Rob.
LikeLike
Heel interessant logje over deze telescopen.
Dat weet ik nu ook weer.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy het dit interessant gevind, dankie Suske.
LikeLiked by 1 person
Ons sou op ‘n toer gaan en verskeie winkeleienaars in Sutherland het gese die laaste toer was 6pm maar toe is die laaste toer 5pm…
LikeLiked by 1 person
Ag dis jammer, want dis tog interessant om dit te sien. Ons toer was drie-uur en daar was nie nog een na ons nie.
LikeLike
Dankie jou skrywes is altyd boeiend
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
En hier word ek toe sommer slimmer.
LikeLiked by 1 person
Bly ek kon jou iets leer.😉😂
LikeLike
Pract reportage Dina .Ik heb er erg veel van opgestoken
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Marylou.
LikeLike