Weg van alles…

Boesmanskloof Wildernisreservaat is ‘n aangename verrassing. Ons draai links by hierdie bordjie…

IMG_3085

‘n Pragtige gerestoureerde plaashuis begroet ons. Die sykant met stoep wat amper reg rondom die huis gaan…

IMG_2871

Voorkant…

IMG_2902

Daar is selfs ‘n heerlike swembad. Dis nou heelwat warmer as in Sutherland. Blykbaar styg somertemperature tot maklik 45 grade C!

IMG_2875

Laatmiddag gaan ons op ‘n wildrit en is so gelukkig om van die bedreigde Kaapse bergsebras (Equus zebra) te sien. Ek het net my mik-en-druk kameratjie saamgeneem op hierdie toer, dus geen dierefoto’s met lang lense nie!

Ons stop vir ‘n sondonnertjie langs ‘n pragtige dam…

IMG_2880

IMG_2887

Die volgende oggend is ek dou-voor-dag op om die goue lig te vang…

IMG_2897

Later neem ons oulike gids ons op een van die vele staproetes…

IMG_2908

Nuuskierige agies loer vir ons en weereens is ek spyt ek het nie my lang lens en ordentlike kamera by my nie…

IMG_2906

Hierdie een was sommer lekker naby…

IMG_2935

Ons verwonder ons aan die eeue-oue rotskuns van die Boesmans. Daar is 130 areas met  hierdie tekeninge, waarvan sommige tot tienduisend jaar oud is…

IMG_2973

Boesmanskloof is tot wêrelderfenisgebied verklaar, juis vanweë die pragtig bewaarde tekeninge oral in die omgewing…

IMG_2940

IMG_2936

Ons is onder oorhangende rots waar die tekeninge teen die regop rotswande geteken is…

IMG_2953

Die rivier wat daar naby kabbel, lewer besondere formasies en maalgate op…

IMG_2976

IMG_2985

IMG_2986

Tjienkerientjees groei in die rotsskeure…

IMG_2903

Nog fyn veldblommetjies verras mens op ongewone plekke…

IMG_3006

Word vervolg…

 

35 Replies to “Weg van alles…”

  1. Dina- Perdebytjie – eers my droomhuis met die stoep omsoom en toe die asemrowende natuur. Mik-en-druk of langlens, jou liefde straal deur elke stukkie wat jy omraam en deel. Ek hou vakansie as jy so in prente vertel.

    Liked by 1 person

    1. Effe warm sou ek sê…lol! Hulle doen baie vir bewaring, bv die Clanwilliam Seder wat byna uitgesterf het, word gekweek en hervestig, uitroeiprogram van die aaklige Port Jackson struike, bewaring van Kaapse Bergkwagga en Kaapse luiperd…almal diere wat op die gevaarlys is.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s