Die pad vorentoe

Ons vat die pad deur Turck se pas, Rooikloofpas en Verlatenkloofpas na Sutherland. Langs die pad is asemrowende tonele van veldblomme wat nog blom, al is die blomseisoen haas verby…

IMG_2723

IMG_2724

IMG_2716

IMG_2717

Diep tussen die rante ry ons by hierdie oulike padstal aan…

IMG_2725

‘n Ent verder, bereik ons ons bestemming…

IMG_2727

IMG_2726

Dis ‘n privaat reservaat, wat nog net ‘n jaar in bedryf is. Dis ‘n ou plaas waarvan die geboue opgekikker is vir verblyf. Nuwe eenhede is ook gebou en ons het in Gemini Pollux tuisgegaan…

IMG_2732

IMG_2791

Die ooptes en ysige koue slaan mens se asem weg…

IMG_2794

Plaastoneel met blommende peerbome…

IMG_2798

IMG_2783

Die vlaktes is vol springbokke, swartwildebeeste en ander boksoorte. Daar is ook ‘n ou uitgewerkte vulkaan, regs van die koppie op die volgende foto…

IMG_2784

Daar is ‘n area waar baie fossiele reeds opgetel is en nog heelwat begrawe lê. Ons het ongelukkig nie tyd gehad om daar uit te kom nie, maar volgende keer is dit op ons lys.

Dit was murgkoud, maar die selfsorgeenheid is goed ingerig met ‘n kaggel, sitkamertjie, kombuis, twee slaapkamers, twee badkamers en twee solderkamers. Alles is sonkrag en daar is wifi. Die heerlike blyplek se slaapkamer…( gelukkig was daar warmwatersakke, want die koue is onmenslik!)

IMG_2729

IMG_2733Vir diegene wat nie self wil kosmaak nie, is daar die eetsaal in die hoofgebou, waar heerlike etes deur supervriendelike staf, bedien word. Dis ‘n goeie veertig minute se ry op ‘n tweespoor grondpaadjie, vanaf die blyplekke. Dis egter naby die uitgang, dus is ‘n heerlike ontbyt voor mens weer die langpad vat, nie te versmaai nie…

IMG_2728

Aan oorspronklikheid ontbreek dit nie. Die eetsaal se lig…

IMG_2800

Daar is ‘n klomp honde van allerlei groottes en soorte. Dit voel pure plaas. Drie van die werfhonde speel heerlik…

IMG_0476

Kou lekker aan ‘n hert se horing…

IMG_2801

Nog een van die brakkies…

IMG_0475

Terwyl mens hier oorbly, is ‘n besoek aan die SALT (South African Large Telescope) ‘n moet. Ek berig in my volgende inskrywing daaroor.

Wegbreek 2

Matjiesfontein het net twee strate. Daar is een spoedhobbel en toe die rooi bus oor die hobbel gaan, gil Johnny vir die bestuurder om dit stadig te vat. Hier is die hoofstraat…

IMG_2652

Die systraat, waarin daar twee kerke is…

IMG_2701

Die ou poskantoorgeboutjie…

IMG_2619

Ou waens wat rondstaan…

IMG_2653

Lykswa…

IMG_2669

Die Transportmuseum…

IMG_2673

Ou petrolpomp…

IMG_2676

Oliedrom…

IMG_2675

Een van die Daimlers, waarmee die Britse koningsgesin in 1947 deur Suid-Afrika getoer het…

IMG_2688

‘n Nostalgiese kykie in ‘n ou trein se eetsalon…

IMG_2697

Wasbakkie in ‘n koepee…

IMG_2699

Terug in die hotel..hier is een van net twee pilare wat in die wêreld bestaan. Die ander een is glo in die Buckinghampaleis in Londen…

IMG_2666

Ou kaggel in die kroeg, met ‘n verlepte foto van Paul Kruger en die kop van ‘n arme swartwitpens…

IMG_2626

Die hoogtepunt…Johnny wys ons die spook! Blykbaar is dit die wit gedaante bokant sy kop…

IMG_0474

Op daardie spookagtige noot, vat ons die volgende dag die pad verder.

Word vervolg…

 

 

 

 

 

Wegbreek

Perdeby was ‘n rukkie van die lug af, want ons was weg vir ‘n broodnodige blaaskansie. Ons eerste stop was in Matjiesfontein, waar ons in die Lord Milnerhotel oornag het..

IMG_2618

Die pragtige ingangsportaal…

IMG_2667

Johnny blaas die beuel vir die bustoer om te begin…

IMG_2631

Dis die kortste bustoer in die wêreld, slegs 500meter en duur vyftien minute maksimum, in hierdie ou bus. Johnny is die  verteller en laat ons lê soos ons lag…

IMG_2651

Plakkaat in die bus…

IMG_2635Later in die kroeg, speel Johnny klavier en ryg die liedjies uit. Die ou speel net drie akkoorde en hy kap dit sommer met sulke plat vingers uit op die note..enige musiekonderwyseres se nagmerrie…

IMG_2627

Teen ‘n pilaar in die kroeg…

IMG_2640

Baie betroubare noodvoertuig…

IMG_2649

Word vervolg…