Dullstroom, Dolstroom Broodtoer.

IMG_0469

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Die groen bus rammel vroegoggend die hoëvelddorpie, Dullstroom binne…IMG_2598

Dis forelwêreld en orals is tekens van hierdie lonende bedryf…IMG_2556

IMG_2549Die veertien dames is opgewonde en slaggereed om die dorp met al sy oulike winkeltjies en eetplekke te verken. Die hoofstraat is slegs twee kilometer lank, dan is mens deur die dorp…IMG_2568Maar o wee! By die ingang van die dorp, word ons voorgekeer deur twee fris borselkop verkeerskonstabels. Hulle het glo opdrag ontvang om ons deur die dorp te begelei, anderkant uit. Blykbaar het ons swak reputasie ons vooruitgegaan en die bron van inligting, was niemand anders as Broodina Barber nie!

Sy verdien sowaar deesdae haar brood by die plaaslike koerant, Die Vet Forel. Sy beklee die pos Verslaggeefster van Immorele Sake en hou haar uitsluitlik besig met vervolging van diesulke oortreders. Gmff..sy is eerder ‘n forel in ‘n haaivel!

Gelukkig het Perdeby ‘n plan B en soos die bus stadig deur die dorp ry, kliek en kliek haar kamera. Soos ‘n wafferse toergids, vertel sy van al die interessanthede.

Die klokwinkel spog met die grootste versameling klokke in die suidelike halfrond. Daar is 7000 verskillende ontwerpe!IMG_2554

Groot advertensieborde dui ook aan waar die beste biltong en verblyf beskikbaar is…IMG_2552

Daar is oral klein winkelsentrumpies met interessante plekke soos die kunsgalery, Bergenkaasfabriek en antieke winkel…IMG_2551

Hierdie advertensiebord dui ‘n baie gewilde plek aan…IMG_2559

Hier kan mens van die beste whiskys en gin proe en koop, maar gelukkig het die Broodbus sy eie versteekte voorraad drankies onder verskeie sitplekke…IMG_2560

Kleurvolle winkeltjies onder andere Van Sand se handgemaakte glasjuwele…IMG_2561

Eetplekke kroeë en blyplekke…IMG_2555

IMG_2566

IMG_2581

Die Slaghuis, onder pragtige skaduryke bome. Bekend vir sy heerlike wors…IMG_2577

Nog ‘n paar sentrums met oulike name…IMG_2570

IMG_2567

IMG_2563

IMG_2562

Dis ‘n kunstenaarsdorpie en hierdie vrolike winkeltjie met sy ewe vrolike afleweringsvoertuig, verskaf die nodige materiale vir die skeppendes…IMG_2564

IMG_2565

Een van die oudste geboutjies is Rose Cottage. Van die mure bestaan nog uit sinkpklaat…IMG_2582

Nog ‘n ou juweel is The Old Transvaal Inn…IMG_2579

Die laaste winkelsentrum net voordat mens anderkant die dorp uitgaan…IMG_2586

Individuele winkeltjies in die laaste sentrum…IMG_2587

Die heel lekkerste melkskommels kan hier gekoop word…IMG_2588

IMG_2589

Hierdie winkeltjie is bekend vir die lekkerste forel- en hoenderpasteie, gerookte forel, peperforel en ander heerlike plaasprodukte soos neute , konfyt en lekkernye…IMG_2590

Daar is darem ‘n paar drinkplekke ook vir die manne…IMG_2591

en vir die koffieliefhebbers…IMG_2592Die dames is nou baie teleurgesteld, want hulle wou fisies al die plekke besoek het. Perdeby het haar hande vol om hul tot bedaring te bring. Ontstoke gooi hulle brode in die bus rond en gil: “Weg met Broodina! Voer haar vir die forelle!”

Na ‘n paar foonoproepe en ‘n vinnige inventaris van ons diamantsake, wat nougeset deur Tannie Frannie, onder ‘n spierewit styfgestyselde doekie, in haar broodmandjie, beheer word, kondig Perdeby plan C aan.

Tien kilometer anderkant die dorp, draai Lorenzo die bus van die hoofpad af. Die dames snak na hul asems, want die pad draai en kronkel bergaf tot doer onder in ‘n vallei…IMG_2596

Ons is by ‘n pragtige landgoed, genaamd, Walkersons…IMG_2595Toe die klomp hoor ons gaan tuis in die hotel, is die teleurstelling van flussies, sommer vergete. ‘n Paar mompel nog onderlangse wraakgedagtes van brode en vishoeke en etlike onnoembare wreedhede teenoor ene me Barber, maar bedaar by aanskoue van die heerlike bederf wat voorlê.

Die hotel met sy pragtige roostuin, lyk sommer aanloklik…IMG_0554

Daar is ‘n interessante beeld van ‘n jagluiperd, wat dadelik die aandag trek…IMG_0571

Vir die teurgestelde dames wag daar ‘n verrassing. Almal gaan vanmiddag bederf word met ‘n heerlike massering by die Spa…IMG_0552

Diegene wat nie daarvan hou dat aan hul lywe gevat word nie, het ‘n keuse van perdry…IMG_0556

swem…IMG_0566

of stap. Maar eers word almal ingeboek in netjiese chalets en hotelkamers…IMG_0567

Die rustige tuine laat die opgeruide gemoedere vinnig kalmeer…IMG_0570

‘n Lieflike tafel is spesiaal op die hotelstoep vir die Towerinne gedek met ekstra spasie vir al die meelopers en meesluipers ook…IMG_0562Die aanhangers moet egter self sorg vir verblyf, want ons diamantjies kan ook net sóveel onkostes dek!

Die staptog is deur en deur die moeite werd. Die landelike omgewing met sy veertien foreldamme en stilte, is salf vir die siel…IMG_0528

_MG_3426

Die hotel in goue oggendlig…IMG_0525

Pragtige staproetes lewer mooi tonele op…_MG_3418

_MG_3457

_MG_3464

Lekker bankies om op te rus langs die pad…_MG_3452

Veldblommetjies begin ontwaak na ‘n baie droë winter…_MG_3470

‘n Besondere plant tussen rotse…IMG_0564

In die damme blom die Irisse geil en goudgeel…IMG_0569

‘n Kiepersol, verlep en verslete na die koue winter, stoot nuwe blare uit…_MG_3422

Ragfyn blaartjies van ‘n boomvaring rol versigtig oop…IMG_0584

IMG_0582

Die dooie blare van die vorige seisoen is nog heel sigbaar. Gedurende die winter het hierdie blare die kern van die plant beskerm teen die koue…IMG_0580

Die Swartkopwielewaal (Black-headed Oriole) is een van die honderd nege-en-tagtig  soorte voëls wat al  hier opgemerk is…_MG_3501

Die Kaapse bosbontrokkie (Cape Batis) is nog een van die vele mooi geveerdes in hierdie geweste…IMG_9889

‘n Skugter duikertjie loer agter die bome uit…_MG_3484Die dames is in vervoering. Vergete is Broodina en haar mislike geaardheid, vergete is die lastige paparazzo, sy vriende en al die meelopers, motorfietsryers en buitelandse toeriste.

Balans is wat ons nou nodig het. Ons fokus, fokus, fokus net op ons innerlike self…

Die volgende dag, oppad na ons volgende bestemming, doen ons aan by die baie gewilde roofvoëlrehabilitasiesentrum…IMG_2599Dis ‘n absolute móét om ‘n vertoning hier by te woon! ‘n Besoek aan die hokke vol beseerde en gerehabiliteerde voëls, laat mens weereens besef watter wonderlike werk deur toegewyde natuurliefhebbers gedoen word.

Hierdie Witkruisarend (Verreaux’s Eagle) is een van ons grootste arende en ‘n opgeleide roofvoëlkundige dame verstom ons groep, met al die verskillende voëls, soos ‘n uil, edelvalk, sekretarisvoël en hierdie pragtige Witkruisarend, waarmee sy vir ons ‘n vertoning hou…IMG_0482

Kyk sy reusagtige kloue…IMG_0481

Hierna vertrek die groen Broodbus met ‘n hele entourage volgelinge, bestaande uit motorfietsryers, paparazzi, buitelandse besoekers en heelwat nuuskieriges, wat intussen aangesluit het, op die volgende been van ons toer. Kwazulu Natal, hier kom ons…

 

 

87 Replies to “Dullstroom, Dolstroom Broodtoer.”

  1. Sjoe! Ek het my nou eers weer verkyk aan die pragtige fotos. Dullstroom is allesbehalwe dull, dis sommer ‘n op en wakker dorpie. Net jammer van Broodina! Die omgewing is pragtig en die plantegroei ongelooflik. Dankie dat jy ons Dullstroom toe gevat het Bytjie. Ek het mos besluit om (vir ‘n verandering) nie te swem nie, maar liewer perd te ry en my boude is blikners. Dit gaan ‘n lang rit wees daar na die Suiskus toe.

    Liked by 2 people

  2. 😀😀😀😀 lekker lag ek nou oor die half krone, genade het dit lanklaas gehoor (en self gehad). Wat ‘n heerlike toer en so bly ek “kon daar wees” deur jou pragtige fotos. Dis so ‘n mooi plek en my siel voel skoon gerus na daai lekker toer. En dit is hoeka daai rëen en mis- my kos daai🌻🌻🤗

    Liked by 3 people

  3. Ek het nou genoeg gehad van Broodina. As sy my nie nagmerries gee nie, verhoed sy ons om die pragtige Dullstroom te besoek. Hoe kan mens deur die pragtige dorpie ry en nie afklim om alles te bekyk nie. Dankie tog vir jou mooi fotos!!!

    Liked by 2 people

  4. Perdebytjie, ek huldig nog altyd dat jy met jou foto’s groot verhale vertel. Sjoe, ek is sommer by ontspanne verby, gelukkig vir Broodina en die spietkops. Maar ek het iets gehoor oor ‘n arend en ‘n sekere … en ‘n…. en voorbladnuus!

    Liked by 4 people

      1. Ek reken Lekkervurige Vuurvliegie is op volstoom. Hoeveel moeilikheid gaan ons vir Broodina maak? Wat reken jy? Nog ‘n tipies Towerinne-daar-gaan-alles-suid avontuur met ‘n paar towerinne…dis seker waar die gerug oor drama vir Broodina vandaan kom…. 😉

        Liked by 3 people

        1. Ons kan definitief nie tjoepstil sit en toelaat dat sy ons so in ‘n boksie druk nie. Daardie vroumens moet of reg of weg!!! Miskien maak ons nog van haar ‘n towerin 😁😁😁😁😁😂

          Liked by 2 people

        2. Nee kyk, as sy ‘n towerin word, vlieg ek weg. Aan sulke suurpruime het ek nie veel erg nie. Ek dink sy moet met haar Vet Forel skinnerbladjie in ‘n foreldam beland…met whiskey en spietkops…maar wag, laat ons kyk wat die ander dink. Ek moet nou my eerste woorde van 50 000 vir die NaNoWriMo skryfuitdaging saam met Scrapy begin. Sien later.

          Liked by 4 people

  5. Dit was nou heerlik ontspannend om so in die natuur te kon loop. Ek het maar weggably van die perde. Die spa en massering na die loop was ook heerlik. Jammer ons kon nie regtig bietjie uitklim in die dorp nie. Dis ook maar goed so want anders sou ou skinnderbek genoeg gekry het om oor te skryf. Daar moet rerig n plan met die ou moeilikheidmaker gedoen word. Amper vergeet ek, die forel is darem n lekker vis as hy reg gaargemaak is en reg geëet word. Ek het gesien sommige dames het nie besef die vis het sulke woeste grate nie. Die arend se kloue is massief geen wonder hul kan maklik n hasie optel nie.

    Liked by 4 people

  6. Wow, Dina! Wow…
    Als ik je foto’s zie en de tekst lees krijg ik weer zo’n zin om naar SA te trekken, echt waar.
    Deze week zijn de uitzendingen weer begonnen van ‘Die Huis’, waar in een luxueuze villa in de regio van Kaapstad een bekende Vlaming wordt uitgenodigd voor een paar dagen. Als je dit kunt bekijken bij jullie zou ik het zeker aanraden!
    Jullie hebben zo’n mooi land…

    Liked by 3 people

  7. Wow Perdebytjie! One picture tells a thousand stories, so ek het omtrent twee ure gevat om deur hierdie blog te “lees” Sommer by die 1e foto is ek verstom om te sien waar oral in die wêreld word flyfishing gedoen! Die advertensiebord van Senqu het ook met my gepraat…everyday is an adventure. Ek is sommer die m… in vir Broodina want ek kon NIE by Shautany Chocolates CHOCOLATES gaan koop nie! En ook nie Ale gaan proe by ANVIL ALE nie…so bliksnater. Hoop sy kry so pyn op haar maag….FLIP! Maar die spa benahdeling het darem opgemaak daarvoor. Moet sê, toe ek my boeppens sien daar in die spa, was ek maar heimlik bly ek het geskip op daai lekkernye! Jy het my beslis geinspireer om weer Dullstroom toe te gaan.

    Liked by 3 people

  8. Hoekom noem jy nêrens dat ek toe mos per ongeluk afgeklim het by die stopstraat nie? Sien, daar op die bult is ñ Bali winkel en ek wou net gou daar gaan hello sê, maar toe vergeet julle eers van my… Gelukkig het Lorenzo daaraan gedink dat ek moontlik by die Whisky Tasting sal gaan wag, maar ai, ek moes lank proe, hoor!!!

    Liked by 1 person

  9. UITEINDELIK kon ek alles mooi bekyk en jou pragtige foto’s geniet. Die staptog was tog te lekker.
    Al wat ek graag die Towerinne wil vra: Moet ASSEBLIEF nie vir Broodina suid jaag nie, jaag haar noord!
    Asseblief.
    Dullstroom lyk soos ‘n pragtige, kleurvolle dorpie.

    Liked by 1 person

  10. Wow, what a trip! And Dina, finally there are some words I can read (in all the signs) 😉 😉 But my favorites are still the landscapes and the wildlife, which you always do so very well. The yellow iris looks very familiar, and the two small birds are quite similar to birds we have in the states.

    Liked by 1 person

      1. We have orioles in the US, but their colors are a bit different. There’s a smaller bird, a warbler, with a black hood and yellow body, but he has a bright yellow mask. 🙂 The next one looks very much like our chickadees – is it a very small bird? Our chickadees are small seed-eaters.

        Liked by 1 person

    1. Dis sommer ‘n grappige verhaal dat ons nie mag afklim nie. Dis nie werklik nie. Ons groep dames wat virtueel saamtoer, maak allerhande stories en stoutighede op. Uit ‘n vorige verhaal was daar ‘n verslaggewer wat ons gepla het en nou kastig weer probeer het om ons reis deur die dorp te saboteer. Hoofsaak is dat ons elkeen ons omgewings aan mekaar bekend stel op ‘n denkbeeldige reis in ‘n groen bus.

      Like

  11. Jongie dit was nou ‘n lekker toer deur Dullstroom, ek ry ook net altyd daardeur, verwonder my aan die prag en ry dan verder. Did tyd om ‘n naweek of ‘n week daar te gaan ontspan. Die natuur nooi jou letterlik uit om te rus. G’n wonder die borselkop konstabels wou nie hê dat ons afklim nie, ons sou vir seker die rus verstoor het

    Liked by 1 person

        1. Nog nie daar gewees,maar hulle is bekend vir goeie voëlkyk.Ons kom altyd Walkersons toe.Is juis die naweek hier.Het vanoggend ‘n fees van voëls beleef!Selfs ‘n rooibektiptol …‘n eerste afgemerk.

          Liked by 1 person

  12. Perdebytjie jy het jou nou goed van jou taak gekwyt met hierdie foto’s en vertelling. Daardie massering was fantasmagories. Die natuur het natuurlik haar eie elikser. Die mooiste, grootste tempel van die Here.
    Net jammer van die Broodina stokkie in die speek.
    Die towerinne laat hulle egter nie onderkry nie, ons weet om pret te he, ondanks terugslae.

    Liked by 2 people

  13. Ai Bytjie dit was nou te lekker! Die winkeltjies in Dullstroom is oulik maar ek is mos meer n natuur mens. Daardie stap in die veld, die diertjue, die voël geluide en vars lug terwl ons op daai bankies gesit het!! En natuurlik die mooi tonele wat my hande laat jeuk…..

    Liked by 2 people

  14. Heerlik om te kyk en lees Angeltjie!!! My grootword wêreld!! My Pa boer ‘n end anderkant Dullstroom halfpad Lydenburg toe. My Pa kook konfyt en verskaf aan Walkersons hotel. The Old Transvaal Inn was my stiefboeties se oupa en ouma se huis en ons het soms vir Nanna gaan kuier wat in Rose Cottage gebly het. Toe ek in die Hoërskool was(1972-76) wou mense nie verniet ‘n erf in Dullstroom hê nie en vandag is dit so gesog!!!! My stiefma se huis waar sy destyds gebly het (1967/77) is tussen reuse Beuke bome wat as monumente verklaar is. Baie dankie ek het dit nou baie geniet om die bekende plekke te sien!!!!

    Liked by 1 person

      1. Ek ken nie die straat se naam nie. Dis naby die dam. Ry jn die straat verby die hotel en pragtige ou kerkie aan jou linkerkant. By die stop na die kerk draai jy regs. Dis daar iewers. Jy kan by die hotel, museum of rollemeule vra waar Petro Bester-Bredell gebly het. Die ou inwoners sal my stiefma nog onthou. My 2e stiefma was Marie Bredell. Baie het haar ook geken. Sy was deel van die stigting van die museum waar my Pa nou nog betrokke is. Tannie Marie het geskiedkundige toere rondom Dullstroom gelei.

        Liked by 1 person

      1. Dit is lekker om te weet Angeltjie!!! Dit is pragtig daar. My eerste stiefma Petro Bredell het konfyt gekook en na haar dood het my Pa aangehou daarmee. Santa, die stasie daar, is een van die plekke waar ons as kinders sneeumanne gebou het. Daai jare het dit heelwat gesneeu in die Winter of liewer kapok soos dit toe genoem is.
        My Pa is Manie Bredell ‘n bekende boer in die omgewing op sy familieplaas Wemmershoek. Dit is tussen die stasies Vermont en Marmerkop. Omtrent ‘n halwe kilometer anderkant die bord wat wys Lydenburg 20 km, oppad na Lydenburg. Die plaashuis is die enigste huis wat nie heeltemal gedurende die oorlog afgebrand het nie. My Pa is die kleinseun van H C Bredell (ook Manie) wat Paul Kruger se privaat sekretaris was. Hy was getroud met Paul Kruger se kleindogter.
        Was jy al by die groot wit klip by Nederhorst stasie(die hoogste stasie bo seevlak) My boeties het daai klip geverf toe hulle op skool was.

        Liked by 1 person

        1. As ons weer Lydenburg toe ry, sal ek uitkyk vir daardie 20km bordjie. Daar is twee groot wit klippe. Die een is by ‘n afdraai na Verlatenvlei en die ander een is ‘n klein entjie anderkant Walkersons se afrit. Die plaas Santa, lê reg langs Walkersons.Die trein rammel ‘n paar keer per dag teen die berg bokant ons huis verby. Ek sal nou altyd aan jou dink as ons daar is. Nou het ek nog bietjie meer geskiedenis en vertellings van mense wat daar grootgeword het. Ek waardeer jou herinneringe, Hanneliese!

          Like

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +