Weerloos…

Ses klein leeutjies lê waaksaam en wag vir Mammaleeu. Hulle is slegs twee wekies oud en baie kwesbaar. Mamma het hulle in digte grasse gelos om vir haarself te gaan kos soek. Skielik is daar ‘n geweldige geraas en ‘n groen monster op vier wiele versteur hul middagslapie. Verskrik probeer hulle almal gelyk tussen twee dik stamme van ‘n hardekoolboom inkruip…_MG_4269

Gelukkig is dit gawe mense en omdat ons leeutjies in ‘n reservaat grootword, sal hulle vinnig gewoond raak aan hierdie snaakse tweebeniges wat in groen voertuie, heeldag op hul spoor is. Die dapperste enetjie loer nuuskierig agter die stam uit…_MG_4279

Sy bekkie hang eintlik oop van nuuskierigheid…_MG_4281

Lyk darem nie of daar gevaar is nie en sy koppie rus gemaklik op sy pootjie…_MG_4292

Die ander outjies voel ook nou meer gemaklik en enetjie kruip selfs onder die gras uit en bekyk die wêreld…_MG_4303

Die ogies is nog sommer blou, omdat die kleingoed nog so jonk is…_MG_4354

Saam lê hulle snoesig en mens sien net pootjies en naels. Hulle mag dalk net twee wekies oud wees, maar pasop daarvoor…_MG_4398

Ai, die vaakte oorval ‘n kleinding so op die hitte van die dag…_MG_4339

Ogies toe, doedoe…netnou kom Mammie met ons melkies…_MG_4341

60 Replies to “Weerloos…”

  1. Te (s)kattig! dardie blou ogies wat kyk en tog nie regtig verstaan wat aangaan nie.Instink maak dat hul tog maar gevlug het vir die groen monster. Nou moet ek eers weer n slegte storie vertel, moontlik het jy dit ook al gehoor. klein leeutjies word gevang en na “ryk” mense gestuur sodat hul n selfie in hul huis en moters kan neem om te wys hul het n leeu. Dis darem maar wreed! ten eerste hoe bang is die diertjies nie en dan word hul nog ver weggevoer na ander lande om tussen mal mense te wees vir n rukkie. Wat word van hulle as hul groter is? My hart het omtrent gaan staan toe ek dit sien.

    Liked by 1 person

  2. Jy wys vir ons die mooiste goedtjies… wat eendag gaan groot word en wilddiewe eet! Mooi so!!
    En… dan, vertel jy vir ons dmooi stories oor die mooi kleintjies… wat hopelik eendag baie wilddiewe gaan opeet!
    👍🤣

    Liked by 1 person

        1. Ek voel net so sterk daaroor…as jy met die wild peuter, moet jy voel! Dis net jammer, die leiers agter die diefstal, ry in grênd motors en sit in groot paleise vêr van die bos af. Dan betaal hulle die diewe ook net met grondboontjies.

          Like

Leave a reply to shadowwhisper Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +