Herinnering aan iemand besonders

Op 16 November 1908 sien hy die eerste lig in Rotterdam, Nederland. Dis vandag presies  honderd-en-tien jaar gelede.

My pa was ‘n besondere mens. In baie opsigte geheimsinnig en nie vrygewig oor vertellings van homself en sy verlede nie. Sy vader was ‘n skeepsingenieur en was maande lank op see. Sy moeder moes meestal op haar eie regkom met die opvoeding van drie seuns en twee dogters. Sy een sussie sterf tragies op vierjarige ouderdom aan witseerkeel en dit het lewenslank ‘n letsel op hom gelaat.

Die Eerste Wêreldoorlog het vir groot swaarkry gesorg en hy onthou dae van geweldige honger en die slegte kos wat hulle te koop kon kry. Hy het vertel van die broodmes wat sy ma moes skoonvee, elke keer as sy deur ‘n pikswart kluitjierige brood moes sny. Dit het hom altyd bygebly en hy het gereeld vir ons gepreek om nie kos te mors nie. Een van sy sêgoed: “Dis sonde om weg te gooi”, maak vandag nog deel uit van ons familiewoordeskat.

Op skool was hy verveeld en sekere onderwysers het hom as dom bestempel.Tóg het hy later jare studeer en ‘n siviele ingenieur van beroep geword. Die jare dertig in Europa, was moeilik en werkloosheid was aan die orde van die dag. Dit het hom genoop, om vingeralleen ‘n veertien dae seereis aan te pak en in 1936 in Kaapstad aan wal te stap. Hy het sy verloofde en familie agter gelaat met die waarskynlikheid dat hy hulle nooit weer sou sien nie.

Hierdie tydperk is baie duister en ek weet nie veel daarvan nie. Later het hy in Pretoria beland waar hy my ma ontmoet het, waar hulle toevallig in dieselfde losieshuis gewoon het. Op 29 Junie 1946 is hulle getroud en drie kindertjies  is gebore in 1950, 1953 en 1955.

My eerste bewuswording van my pa, was die liedjies wat hy saans met bedtyd vir my gesing het…Nederlandse liedjies …”heb je wel gehoord van de zilvere vloot van Spanje”…”Piet Hein zijn naam was klein”…woorde wat vandag uit my onderbewussyn opslaan. Hy het ook sy eie storietjies opgemaak en ons saans daarmee aan die slaap vertel. Op ‘n stadium het ek vreeslik nagmerries gekry en hy het elke aand as ek verskrik huil, by my kom lê en my vasgehou totdat ek weer rustig raak.

Hy het ons geleer van kuns, musiek, ballet en opera en ons gereeld na uitvoerings geneem. Ek het nou nog sy ou plateversameling, wat ‘n paar waardevolle stukke insluit. Ongelukkig het ons nie meer ‘n grammofoon nie en daardie goed sal seker verlore gaan.

Gereelde uitstappies na Pretoriase Dieretuin, het by my ‘n kennis en liefde vir die natuur gekweek. Ironies genoeg het ons nooit ‘n wildtuin besoek nie. Ek weet nou nog nie wat die rede daarvoor was nie. Ek weet hy was kleurblind en het ook altyd verdwaal….miskien was dit ‘n rede…hy kon nie die diere sien nie!

Hy was verskriklik onhandig en ek onthou toe ons motor eenkeer ‘n pap wiel gehad het, hoe hierdie Nederlander gesukkel en geswets het! Ek het natuurlik met ‘n goeie dosis Nederlandse swetswoorde kennis gemaak en ek onthou hoe ek as tiener, my doodgeskaam het vir my pa se aksent.

Sy humorsin was heerlik en ons het ons soms slap gelag vir hom. By tye kon hy egter baie stil en teruggetrokke raak en het ek later jare besef hy was ‘n depressielyer. Tydens sy laaste jare was hy geweldig siek aan emfiseem vanweë jare se kettingrokery. Hy het wel opgehou, maar dit was te laat. Tydens sy siekbed het hy nooit gekla nie en nog een van sy humoristiese, dog half siniese uitdrukkings was:” Suffer in silence”. Hy het dit behoorlik uitgeleef en is rustig heen vier dae voor sy vier-en-tagtigste verjaarsdag. Sy laaste woorde terwyl die doodsweet hom afpêrel, was: “Heerlik, heerlik!”

Dit sal my altyd bybly, want my lewe saam met hom was altyd net heerlik, heerlik!

Hierdie foto van hom as jong man is waarskynlik vroeg in die dertigerjare geneem…

IMG_0513

Troudag 1946…IMG_0517

63 Replies to “Herinnering aan iemand besonders”

  1. Dit is altyd vir my goed om te hoor as dogters goeie verhoudings met hul pa’s gehad het. Ek glo nou maar eenmaal dit help baie in ń vrou se huwelik. Jy was bevoorreg, Dina, en ek verstaan dat jy graag vashou aan jou goeie herinneringe.

    Liked by 1 person

    1. Dit het beslis ‘n uitwerking op mens se huwelik. My pa was nooit baasspelerig oor my ma nie en het baie respek teenoor haar getoon. Inteendeel, ek dink hy was die Suid-Afrikaanse mans van daardie tyd, jare vooruit. Niks patriargaal of dominerend nie, baie verlig en ‘n persoon wat niemand veroordeel het as hy anders was nie.

      Like

      1. Dat begrijp ik.
        Ik zou jou de plaats gaan opzoeken van zijn geboorteplaats en foto’s opsturen.
        Spijtig genoeg is Rotterdam tijdens de tweede WO volledig platgebombardeerd en is er NIETS meer van de oude stad of enig archief.
        Goed dat jij nog enkele foto’s van hem hebt.
        Koester U aan de goede herinneringen.
        Groetjes
        Theo

        Like

  2. Wat ;n mooi skrywe. Snaaks, my pa, het ook altyd van daardie liedjies gesing. Ek het altyd, seker nou nog, gewonder oor daardie zilvere vloot en gedink aan Piet Hein, met die klein naam en groot dade. Wie was Piet Hein? Lekker gelees em skielik, verlang ek ook na my pa.

    Liked by 1 person

      1. Wou nog sê: Pa het ook weens emfiseem gesterf. Ma was Duits, het as jong meisie in Holland gaan werk soos tienduisende ander Duitse vroue – tye gedurende die laat 1920’s en vroeë 1930’s in Duitsland was haglik.

        Liked by 1 person

  3. Ek stem saam met Tina oor die ooreenkomste. Dis vir my pa moeilik gewees om oor die verlede te praat. Hy het nooit nie. OP sy sterfbed het hy bietjie terug herleef . Dit was maar baie swaar vir hom. Hy het ook twee Wereldoorloe oorleef. Ek gaan hierdie stkkie van jou diep in my hart bere. Noudat ek my herinneringe neerskryf kom ek op baie dinge af wat ek nooit verstaan het nie. Tog kry ek stelsemaatig insig in omstandighede.

    Liked by 1 person

    1. Gelukkig het my pa die tweede oorlog vrygespring, maar sy ouers en familie was daarin en hy het hierdiekant gesit en hom morsdood bekommer oor wat met hulle gebeur het. Dit was maar ‘n donker tyd. Ek is bly my skryfsel kon vir jou iets beteken, Ineke.

      Like

      1. My pa het in Indonesie grootgeword. Die tweede wereldoorlog het my tante(pa se suster) vir twee jaar in n konsentrasiekamp vasgesit in Indonesie. Sy was n verpleegster gewees wat vir rooikruis gewerk het. Al wat ek weet dat my Oupa-hulle nie gedink het om haar lewendig te sien nie. My oudste suster was 4 jaar gedurende die 2de WO en kan selfs onthou van ontberings in Holland.

        Liked by 1 person

  4. Piet Hein en de zilvervloot leerden wij ook op school. Ik denk niet dat onze kleinkinderen ze nog kennen. Maar we leerden ook zuid Afrikaanse liedjes. Oh breng mij terug naar die ou transvaaL, daar waar mij Sary woon.
    Wat leuk dat je vader nog een Nederlands accent had.
    Dat kettingroken heeft veel slachtoffers veroorzaakt. Empyseem is een afschuwelijke ziekte. Daar zou je al depressief van worden.
    Bewaar de mooie herinneringen maar.

    Liked by 1 person

  5. Baie mooi geskryf! Jy’s gelukkig jy kan soveel ondhou en dat jou pa daar was vir julle!
    Moenie daai langspelers laat weg raak nie… deesdae is draai tafels weer vrylik beskikbaar! Hou vas aan jou skatte! 😉
    Dankie… ek het lekker gelees… en ek wonder of ons meskien nie op ‘n dag saam in die Pretoria dieretuin was nie… ek was as klein seuntjie mal oor daai plek! 🙂 Ek was ook eers as ‘n jong man in ‘n wildtuin!

    Liked by 1 person

  6. A lovely tribute. And photos. Of a handsome man and a handsome couple. So, your father was Dutch. Sorry he died so young. He was ten years older than my own father who was from 1918. Other times and other worlds.
    About the records: I have bought a new turntable a few years ago. Works wonders. You should get one. Those records are priceless. And there are even options where you can play the record and digitalize the music.
    Tot ziens Dina

    Liked by 1 person

      1. The translation into Spanish can be… surrealistic. 84? One always wishes more of course, but I’m glad he had a long life and that you could accompany him for a while. And do get a new turntable. You will be fascinated. (I just changed my stereo/amplifier, it works very well)
        Bon week-end.

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +