Township-kliniekstories

Vyfuur die oggend staan sy al buite in die donker en wag. Die kliniek maak eers agtuur oop, maar sy weet as sy nie vroeg kom nie, kan sy heeldag wag en later onverrigter sake huis toe gestuur word. Op haar rug peppa sy een van haar tweeling en sus die ander een saggies met sy mondjie aan haar bors.

Die tou word later al hoe langer, soos wat jong mammas met hul babas en kleingoed, vir die nodige inspuitings en gesondheidsorg van hul telge, aankom.

Die personeel kom skuins voor agt stadig aangeslof en sluit lusteloos die kliniekdeure oop. Sy slaak ‘n sug van verligting, want eindelik kan sy gaan sit en omdat sy eerste was, gaan sy sommer vinnig klaar wees. Intussen skreeu die tweetjies luidkeels en sy het haar hande vol om die dubbele las te vertroos.

Sy kry haar leêr en gaan sit in afwagting om eerste nader geroep te word.

‘n Fris oorgewig suster, voer al lank ‘n skrikbewind by hierdie kliniek. Sy skreeu op die mense, stamp hulle rond, stoot kinders uit haar pad en as ‘n moeder met ‘n babatjie en kleuter in die spreekkamer ingaan, stoot sy summier die kleuter by die deur uit en dié moet huilend buite wag, totdat sy klaar is om die baba te weeg en in te spuit.

Die suster kyk in die lokaal rond, kry ‘n gemene trek op haar gesig en sit tweelingmamma se leêr onder in die bondel. Die dag kan begin en die eerste pasiënt is nié tweelingmamma nie! Sy protesteer luidkeels, maar kry ‘n gruwelike afjak by die mislike suster.

Woede klop rou in haar gemoed en sy kan voel hoe die bloed in haar slape pols. Sy lê die tweeling, wat genadiglik nou stil is, versigtig op die vloer langs haar stoel neer, rol haar moue op en stap doelgerig na die spreekkamer. Sy ruk die deur oop en gryp die suster aan die arm. Sy smyt die vrou voor almal op die vloer neer en gee haar ‘n paar goeie opstoppers. Mislike suster keer vir die vale, maar die houe reën op haar drillende lyf. ‘n Gejuig gaan op in die wagkamer, gepaardgaande met ululuuu-vreugdekrete!

Geskok en dikbek syg die suster in ‘n stoel neer en weier om verder te werk. Die ander susters neem oor en daar is ‘n algemene gevoel van verligting dat iemand die moed gehad het om hierdie aartsboelie te konfronteer.

Dié tipe optrede is natuurlik heel onwenslik en tweelingmamma gee uit haar eie haar naam en adres vir die suster en moedig haar aan om die polisie te bring en ‘n saak teen haar te maak.

Intussen het daar niks van gekom nie en mislike suster is so mak soos ‘n lammetjie….tot volgende keer.

Hierdie is ‘n ware verhaal wat hom elke dag in ons hospitale en klinieke afspeel. Mens kan nie veralgemeen nie, maar mense in gesagsposisies hou veral die armes, wat nie kan betaal nie, gyselaar, met hul stink baasspelerige houdings.

 

39 Replies to “Township-kliniekstories”

  1. Angswekkend! Verskriklik! Ek was ‘n arm tweelingmamma, maar genadiglik was die ry by die kliniekbussie kort en kon ek onmiddelik gehelp word deur ‘n dierbare klinieksuster. Sjoe! Dis al klaar vir ‘n ma erg om watter tyd van die nag met babatjies in ‘n ry te loop staan, mens sou menslikheid verwag het.

    Liked by 2 people

  2. Wat een naar verhaal. Als dit dagelijkse kost is, dan is dat heel triest. Mensen die zich beter voelen dan een ander en die anderen onderdrukken en niet helpen. Erg. En dan gaat het hier nog over een verpleegster die patiënten slecht behandelt. Ze zouden haar diploma moeten afnemen.

    Liked by 1 person

    1. Ons gesondheidsdienste is op sommige plekke baie beroerd en dan het mens sulke slegte mense wat hul gewig rondgooi. Almal is glo bang vir daardie vrou en mense hier, het nog nie geleer om vir hulself op te staan nie. Dis ‘n vreemde ding, dat hul gelate sulke behandeling aanvaar.

      Like

  3. Hierdie onderwerp interesseer my op so ‘n manier dat ek ‘Google Translate’ aangeskakel het om niks te mis nie.
    Verskriklike situasies in so ‘n hospitaal, weereens beklemtoon deur die feit dat sommige ‘werknemers’ die harrowing state gebruik om hulself meer gemeen te stel. Moet ek vandag veertig jaar jonger wees, en kry ek die kans om te studeer wat ek wil hê (wat nie voorheen in die verlede was nie!) Dan sou ek sekerlik vir mediese studies gekies het om iewers in Afrika te begin. Dan sou ek natuurlik gehoop het dat my liefling dieselfde sou doen, want ek sou haar beslis neem!
    Terwyl ek nog in Afrikaans werk, wil ek jou weer bedank vir die baie pragtige bydraes wat jy reeds op jou weblog geskryf het, wat ‘n baie mooi prentjie gee van die wonderlike en soms moeilike lewe in jou land.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie vir jou mooi bydrae in Afrikaans, Paul! Ek waardeer dit geweldig. Ons het voorwaar ‘n interessante land met baie ingewikkelde probleme, wat moeilik deur buitestaanders verstaan kan word. Niks is “straight forward” nie en om werklik verby politike korrektheid te kom, gaan mens op baie tone trap en moeilikheid kry. Ek probeer om my land op ‘n gebalanseerde wyse voor te stel. Dankie vir jou lojale ondersteuning, Paul.

      Liked by 1 person

  4. Ons is verskriklik gelukkig hier waar ons woon, die mediese dienste is uitstekend. Ek kan net met groot lof praat van die gesondheidsdienste en personeel by ons staatsklinieke en -hospitale; my man kry uitstekende behandeling by hulle. Maar ons het ook ondervinding van mediese dienste in ander provinsies wat maar baie swak vergelyk. Ek self het ‘n mediese fonds wat my oor die R3000 ‘n maand kos (net vir myself en oorgedra saam met my pensioenterme) en natuurlik kry ek ook uitstekende sorg met ‘n groot gimlag, maar kyk net teen watter prys.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s