Baie besig…

IMG_0523Ek kon skaars by iets uitkom, want die kleinseuntjies was hier vir die naweek.Dit was heerlik om die tweetjies besig te hou. Ouma het selfs geswem, iets wat nie sommer gebeur nie. My dertigjaar-oue swembroek het al amper vergaan, maar moes met ‘n kortbroek bo-oor, sy doel dien. Gelukkig sien klein kinders nie sulke dinge raak nie en was dit groot pret in die water. Die swembad is verhit en het gister op 36 grade C gestaan…dis hoekom ek geswem het!

Verder het ons slangetjies en leertjies gespeel en Ouma het heeltyd verloor! Ook ure in vreemde posisies op die vloer gesit en Lego bou. Die eindproduk…IMG_0540Op ‘n stadium het ek so gekramp, dat ek amper nie kon opstaan nie!

Dit was heerlik om te kyk hoe die kleiner outjie konsentreer op sy eie speletjies…IMG_0539

en ure lank met hierdie 38 jaar oue Fischer Price kasregister speel…IMG_0531

Later doen ek en die vyfjarige eksperimente in die kombuis. Suiker sout en meel word om die beurt in water gemeng, sodat die knapie kan sien hoe dit oplos en hoe die water lyk. Na elke eksperiment gooi hy die water in die drein net langs die agterdeur, maar ouma sien hoe hy die suikerwater sluk…vanwaar ek sit kan ek in die oond se deur sy weerkaatsing sien! Hy is skoon verleë oor hy uitgevang is…ouma het oë agter haar kop!

Om die eksperimente mee af te sluit, maak ons twee pakkies jellie aan en natuurlik word eers die kristalle van ‘n vuil handjie afgelek om te proe en later slurp hy ‘n lepeltjie van die gegeurde water op. Groot opgewondenheid heers, want as mammie en pappie kom gaan hy hulle verras met ‘n bakkie jellie vir elkeen.

Die verrassing was toe ‘n hoogtepunt, maar hy kon nie nalaat om te vertel dat ouma ‘n klein goggatjie uit die jellie moes skep nie. Ook vertel dat ouma gesê het ons eet gereeld goggas en weet dit nie eers altyd nie.

Dit was ‘n prettige naweek saam met die klein mensies, maar nou wink my kooi!

44 Replies to “Baie besig…”

  1. Kinderen kunnen geweldige vreugde in Uw leven brengen, dat is iets wat ik mis.
    Toen mijn eerste vrouw me in de steek liet voor een andere man, heeft zij zich willen witwassen met allerlei leugens over mij tegen de kinderen.
    Zij hebben het geloofd, hebben zich tegen me gekeerd en ik heb reeds heel veel jaren noch mijn kinderen, noch mijn kleinkinderen niet meer gezien, zoiets doet pijn.
    Dus als jij de kans hebt om nog wel van zulke momenten te genieten, DOE HET;
    Groetjes
    Theo

    Like

  2. Ai dit is ‘n wonderlike lees! My oudste twee kleinkinders gaan volgende jaar hierdie heerlike land saam met hulle ouers verlaat . Ek hou al reeds vas aan al die herinneringe van toe hulle gebore was. Ons het ook ons kinders se speelgoed gebere (die kleindogters het gedink die Fischer Price gramafoon is ‘n CD player!) en die boeke waarvan hulle gehou het. Ek stem saam met Dries: jy gaan altyd ‘n spesiale Ouma wees vir hierdie tweetjies.

    Liked by 1 person

    1. Dis bitter hartseer, Anne, maar mens kan sien hoe alles agteruit gaan en mens wil nie hê jou kinders moet deel word van die geweldsstatistiek nie. Daardie Fischer Price speelgoed is omtrent onbreekbaar. Hier is ‘n stofie ook, waarmee die kleintjie heerlik speel.

      Like

  3. Lekker ouma, jy is beslis n ster in hul oë. Ek het toen ter tyd my seun ook aangemoedig om die land te verlaat al was hy my enigste kind. Vandag pluk ek die vrugte van n moeilke besluit. Tien jaar terug sou ek nooit kon sê of glo dat ek weg uit SA sou gaan nie. Die kleintjies is so kosbaar en jy gee hul die kennis van n ouma wat omgee.

    Liked by 2 people

    1. Dis ‘n geweldige groot besluit, maar ons het hulle ook aangemoedig. Ons het ‘n goeie tyd hier beleef en is bereid om saam met die skip te sink. Die kinders kan nie hul kinders in sulke omstandighede grootmaak nie.

      Like

      1. Ek het vir my ma gesê dat ek sal uitgaaan as sy nie meer daar is nie want sy het my ook heeltyd aangemoedig om na my seun toe te trek wat ek toe op die einde wel gedoen het. Ek mis natuurlik my ou lewe maar die nuwe lewe is aan my gegun so ek maak teen volle gebruik daarvan.

        Liked by 1 person

      1. OK, I wondered. My son is now 33 so he had simialr toys, and that’s why they are familiar. I love the look of the older toys and I’m happy to see kids playing with things, not screens. I’m sure you are, too.

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +