Ek kon skaars by iets uitkom, want die kleinseuntjies was hier vir die naweek.Dit was heerlik om die tweetjies besig te hou. Ouma het selfs geswem, iets wat nie sommer gebeur nie. My dertigjaar-oue swembroek het al amper vergaan, maar moes met ‘n kortbroek bo-oor, sy doel dien. Gelukkig sien klein kinders nie sulke dinge raak nie en was dit groot pret in die water. Die swembad is verhit en het gister op 36 grade C gestaan…dis hoekom ek geswem het!
Verder het ons slangetjies en leertjies gespeel en Ouma het heeltyd verloor! Ook ure in vreemde posisies op die vloer gesit en Lego bou. Die eindproduk…Op ‘n stadium het ek so gekramp, dat ek amper nie kon opstaan nie!
Dit was heerlik om te kyk hoe die kleiner outjie konsentreer op sy eie speletjies…
en ure lank met hierdie 38 jaar oue Fischer Price kasregister speel…
Later doen ek en die vyfjarige eksperimente in die kombuis. Suiker sout en meel word om die beurt in water gemeng, sodat die knapie kan sien hoe dit oplos en hoe die water lyk. Na elke eksperiment gooi hy die water in die drein net langs die agterdeur, maar ouma sien hoe hy die suikerwater sluk…vanwaar ek sit kan ek in die oond se deur sy weerkaatsing sien! Hy is skoon verleë oor hy uitgevang is…ouma het oë agter haar kop!
Om die eksperimente mee af te sluit, maak ons twee pakkies jellie aan en natuurlik word eers die kristalle van ‘n vuil handjie afgelek om te proe en later slurp hy ‘n lepeltjie van die gegeurde water op. Groot opgewondenheid heers, want as mammie en pappie kom gaan hy hulle verras met ‘n bakkie jellie vir elkeen.
Die verrassing was toe ‘n hoogtepunt, maar hy kon nie nalaat om te vertel dat ouma ‘n klein goggatjie uit die jellie moes skep nie. Ook vertel dat ouma gesê het ons eet gereeld goggas en weet dit nie eers altyd nie.
Dit was ‘n prettige naweek saam met die klein mensies, maar nou wink my kooi!
Het nou heerlik saam met julle gekuier, maar ag, hulle word te gou groot!
LikeLiked by 2 people
Ja en voor ons weet, wil hulle niks meer met ons te doen hê nie😄
LikeLiked by 2 people
Ag lekker. Ek beny julle wat so die toekoms saam met julle sien loop. Geniet julle kleinkinders.
LikeLiked by 2 people
My hart is stukkend, want hulle gaan ook emigreer. Ek geniet hulle solank ek kan.
LikeLiked by 1 person
Ag, ek is jammer om te hoor. Sterkte.
LikeLiked by 2 people
Dit gaan nog ‘n rukkie neem, maar ai….ons droewe land!
LikeLiked by 1 person
Aggenee tog, ‘Bytjie!
LikeLiked by 2 people
Hulle het besluit hulle kan nie die kinders in hierdie gewelddadige atmosfeer grootmaak nie.
LikeLiked by 1 person
Dink aan jou, dis vir niemand maklik nie.
LikeLiked by 1 person
Zulke kleintjes houden je in beweging.
Of je je achteraf jonger voelt valt te betwijfelen. 🙂
LikeLiked by 1 person
Vanaand pyn ek orals!😄
LikeLiked by 2 people
Lekker lag ek vir jou oor die pyne en styfheid so oral. Ek het eenkeer gedink ek begin rumatiek kry, toe besef ek dis die kleinkinders wat kom kuier het.
LikeLiked by 2 people
Ek het omtrent altyd fisioterapie nodig as hulle hier was. Dit gaan darem nou beter, want ek hoef nie hulle nie meer so baie op te tel nie. Die jongste is loodswaar😄😄
LikeLike
Je bent een geweldig leuke oma!
LikeLiked by 1 person
Dankie Bea.😄
LikeLiked by 1 person
Kinderen kunnen geweldige vreugde in Uw leven brengen, dat is iets wat ik mis.
Toen mijn eerste vrouw me in de steek liet voor een andere man, heeft zij zich willen witwassen met allerlei leugens over mij tegen de kinderen.
Zij hebben het geloofd, hebben zich tegen me gekeerd en ik heb reeds heel veel jaren noch mijn kinderen, noch mijn kleinkinderen niet meer gezien, zoiets doet pijn.
Dus als jij de kans hebt om nog wel van zulke momenten te genieten, DOE HET;
Groetjes
Theo
LikeLike
Dis baie hartseer, Theo. Ek voel baie jammer vir jou, want dis ‘n groot gemis in jou lewe. Ek waardeer elke oomblik saam met my kinders en kleinkinders. Dankie dat jy kom lees het. Ek waardeer dit.
LikeLiked by 2 people
Weekendjes om te koesteren…
LikeLiked by 1 person
So pesiaal..dankie vir kom lees.
LikeLiked by 1 person
Hulle gan hul spesiale Ouma vir altyd onthou!
LikeLiked by 1 person
Dankie Dries…net jammer hulle ouma gaan hulle nie sien grootword, wanneer hulle emigreer nie.😔
LikeLiked by 2 people
Ai dit is ‘n wonderlike lees! My oudste twee kleinkinders gaan volgende jaar hierdie heerlike land saam met hulle ouers verlaat . Ek hou al reeds vas aan al die herinneringe van toe hulle gebore was. Ons het ook ons kinders se speelgoed gebere (die kleindogters het gedink die Fischer Price gramafoon is ‘n CD player!) en die boeke waarvan hulle gehou het. Ek stem saam met Dries: jy gaan altyd ‘n spesiale Ouma wees vir hierdie tweetjies.
LikeLiked by 1 person
Dis bitter hartseer, Anne, maar mens kan sien hoe alles agteruit gaan en mens wil nie hê jou kinders moet deel word van die geweldsstatistiek nie. Daardie Fischer Price speelgoed is omtrent onbreekbaar. Hier is ‘n stofie ook, waarmee die kleintjie heerlik speel.
LikeLike
Zalig, dit postje!
Zien er leuke deugnieten uit!
LikeLiked by 1 person
Besige deugniete!
LikeLiked by 1 person
Lekker ouma, jy is beslis n ster in hul oë. Ek het toen ter tyd my seun ook aangemoedig om die land te verlaat al was hy my enigste kind. Vandag pluk ek die vrugte van n moeilke besluit. Tien jaar terug sou ek nooit kon sê of glo dat ek weg uit SA sou gaan nie. Die kleintjies is so kosbaar en jy gee hul die kennis van n ouma wat omgee.
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n geweldige groot besluit, maar ons het hulle ook aangemoedig. Ons het ‘n goeie tyd hier beleef en is bereid om saam met die skip te sink. Die kinders kan nie hul kinders in sulke omstandighede grootmaak nie.
LikeLike
Ek het vir my ma gesê dat ek sal uitgaaan as sy nie meer daar is nie want sy het my ook heeltyd aangemoedig om na my seun toe te trek wat ek toe op die einde wel gedoen het. Ek mis natuurlik my ou lewe maar die nuwe lewe is aan my gegun so ek maak teen volle gebruik daarvan.
LikeLiked by 1 person
AI tog sterkte Bytjie… maak jou mens spens vol onthou… baie drukkies vir jou🤗🤗
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondeltjie.
LikeLike
Hulle is pragtig Bytjie. Jy is voorwaar ‘n oulike ouma.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester.
LikeLiked by 1 person
Fijn dat je zo genoten hebt!!! Het zien leuke jochies hoor!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
De klzinkinderen op bezoek is steeds een beetje feest
LikeLiked by 1 person
Ja… ouma het oë agter haar kop!! Pasop!!
Ek voel vir julle … dis nie lekker as mense uitmekaar gaan nie… maar, ek verstaan die besluit!
LikeLiked by 1 person
Ja dis erg, wat deesdae hier aangaan!
LikeLike
Ai… ek vrees vir what daar aangaan! Nie mooi nie! Sterkte!
LikeLiked by 1 person
Kleinkindlers – Gods reward for not killing your own – 😆 They bring great joy
LikeLiked by 1 person
Beslis.
LikeLiked by 1 person
They are so cute….I remember toys like this from years ago.
LikeLiked by 1 person
That till is about 38 years old…was my son’s. They made strong toys those days.
LikeLike
OK, I wondered. My son is now 33 so he had simialr toys, and that’s why they are familiar. I love the look of the older toys and I’m happy to see kids playing with things, not screens. I’m sure you are, too.
LikeLiked by 1 person
Oh yes, I love to see them playing.
LikeLiked by 1 person